ek het 2 jaar gelede ‘n twitter rekening oopgemaak; ek dink dit was ook nog een van ons werksopdragte (m-studies) gewees…. die ander dag besluit ek om weer daar te gaan inloer. ek moet sê, ek was nog nie lekker oortuig waarom ek moet tweet as ek fb nie, maar het bly wonder want sommige van my fb vriende se fb statusse verander bykans elke minuut. nou daar’s ‘n ware twit…..
met die gewonder, kom ek toe op hierdie artikel af en skielik gaan daar vir my ‘n skrefie oop. nou tweet ek ook, nie so gereeld soos 1 x /minuut nie, maar tog. en vind dit nogal lekker om sommer net my kort gedagte in die uber-ruimte te gooi. en die dat ek nou ‘n BB en iPad ook het, is dit so maklik soos …… tap (nie die dancing soort nie).
so, as jy sommer net ditjies en datjies, koetjies en kalfies vir iemand in ‘n sosiale omgewing sou sê, is tweet dalk net die volgende social-media-vibe vir jou.
so laaste gedagtetjie, hier is ‘n screenshot van my tweet home, of is dit nou nessie….., net om te wys hoe dit werk/lyk.
Hello, ek het dit nog nooit probeer nie.
So, ek kan nie saampraat nie!! 😉
LikeLike
lol, probeer gerus. as jy nie daarvan hou nie, skrap eenvoudig die account 🙂
LikeLike
Ek is te nuuskierig om ‘n suksesvolle Twieteraar te wees. Ek wil nie net sê nie, ek wil ook hoor.
LikeLike
probeer dit uit, jy kan hoor…. baie ook! soos jy wat tweet en ander se tweets volg, begin die “artificial intelligence” optel wat jou belangstellings is en kry jy op jou “home” al die relevante tweets…. van daar hoor jy sommer baie ander, en replies, en retweet en wat nog nie alles nie.
LikeLike
Ek tweet ook – dalk kan ek jou invite 🙂
LikeLike
welkom! wil net nie graag my identiteit hier openbaar nie…. amper soos daai ds wat ook anoniem bietjie sy mond kan uitspoel
LikeLike
gaan ‘n screen shot los vir die wat belangstel…
LikeLike
Meeste hier ken al my identiteit. Jy kan my invite op annemarietaylor 🙂
LikeLike
Mmm en sodra jy Son invite het is dit my beurt @zee003 🙂 Swartwitpens 😉 Lol ek het nie geweet ekke dink is jy nie. Ek lees heeltemal te min blogs deesdae.
LikeLike
Terug pieng: Hoekom tweet dominees? Or anyone for that matter « ekke dink