nou wat noem ek hierdie post…?

uuhhhhhh, nou wat noem ek hierdie post, want “duiwel” wil ek hom beslis nie noem nie.  Só baie krediet kan hy nie kry nie…Ek is een van daai wat nie te veel oor die duiwel wil praat nie.  Soos een van ons profs altyd gesê het, praat liewer oor die Here; Hy is dit ten minste werd.  Om te veel oor die duiwel te praat, gee ons hom hopeloos te veel erkenning.  Hy maak in elk geval seker dat hy sy “deel” kry –  HY VAT DIT!

Maar, met dit gesê besef ek ook dat ons ook nie heeltemal oningelig or die “vark” moet wees nie.  Want dis mos eintlik hoe hy ons vang.  Met slinkse maniere wanneer ons “guard” (die wapenrusting) gebêre is.  Hy word nie verniet die “aap van God” genoem nie, want hy na-aap God en al Sy werke.  Hy “present” iets aan ons dat dit lyk asof dit tog so mooi, so goed kan wees (if its wrong, why does it feel so good); maar by diepere ondersoek besef jy skielik….. 

Ook deur onkunde word ons uitgevang – ons neem dalk deel aan iets wat aan sy domein behoort en siedaar!  Daar gee ons vir hom ‘n klein gaatjie in ons “armour” waardeur hy homself in wurm……tot hy jou kry om te val, en hard te val. 

Ek is geen kenner nie (en frankly wil ek ook nie eintlik ‘n kenner word nie); maar hier is ‘n getuienis wat, ek seker is, vir baie mense BAIE sal beteken.  Gaan lees gerus hierdie getuienis….

Dank God!  Wie sal ons van hierdie doodsbestaan verlos, skryf Paulus!  Aan God al die eer (Rom 7:24)!  Hy doen dit in en deur Jesus Christus.  Moenie die duiwel vatkans gee nie!  Verlustig jou in God en Sy Woord en trek elke oggend die wapenrusting (Eff 6:10 ev) aan!  Letterlis (ok, so letterlik as moontlik).  In jou stiltetyd, in die verkeer:

bid en trek die gordel van waarheid aan, vra die Here om jou vandag te help om in elke situasie die warheid te soek, te praat, in opregtheid te leef. 
trek die harnas van vryspraak aan en bid dat die Heilige Gees jou die vaste geloof en oortuiging sal gee dat jy vrygespreek is deur Jesus Christus se kruisdood, dat jou denke beskerm sal word deur die duiwel wat jou die teendeel wil probeer wysmaak.
trek die skoene van bereidheid aan en bid vir geleenthede (en courage) om die evangelie te verkondig waar en wanneer ‘n geleentheid hom voordoen.
vat die skild van geloof om die aanvalle van die duiwel vandag af te weer; aanvalle van twyfel, van versoeking en verleiding, enigiets wat jou kan laat struikel, jou doring in die vlees.
trek die helm van verlossing aan en loof God die Vader vir jou verlossing. Bid dat jou denke, jou kop, jou gedagtes (wat die helm moet beskerm) gerig sal wees op God, “op die dinge wat daarbo is” (Kol 3:2; Fil 4:8).
neem die swaard van God se Woord as jou enigste aanvalswapen en bid dat die Gees jou die wysheid en helderheid sal gee om die Woord te gebruik om die bose geeste te beveg, en om die Woord te gebruik om die Koninkryk uit te brei!

Mag God al die eer kry en mag ons Sy Woord, Sy Koninkryk uit brei.  Mag die Heilige Gees ons geloofsoë oop maak om die duiwel aan te sien vir wie hy is, maar ook om ons vreugde en vrede in die arms van God ons Vader te vind!

sien ook…

&&&

2 responses to “nou wat noem ek hierdie post…?

  1. Pingback: wapenrusting van God « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s