volkstaat, VVK ???

‘n Jong man was met my in gesprek oor die VVK, die “Afrikaner moord” (wat’s dit?) ens.  Sommer ‘n paar uittreksels uit die email-gesprek…

“het oom gaan lees wat sê die VVK?”

ek het dit nou weer gaan lees, dis nie anders as AL DIE REGSE VOLKSTAAAT argumente nie.  Maar VVK se man het vrydag ‘n dosent op US fisies aangerand ?!?!  That says it all, doesn’t it?

Dis n regs groep vir blanke afrikaners” – wel, daar’s my eerste probleem!  Dis rassisties om vanuit kleur te werk.  Daar is ‘n onderliggende meerderwaardigheid onder blankes wat reken dat blankes beter, slimmer, ? mense is as swartes.  Het jy al mooi gedink oor die skepping; oor God se skepping van Adam en Eva?  Kan ons so argument deurtrek?  NEEEEE!  God het die mens gemaak, trouens, as jy al in die Midde-Ooste was, sou jy sien dat daardie mense baie blasser as ons is….. so was Adam en Eva wit?  Daarom verkies ek om NIE kleur te werk nie.  God het MENS gemaak.  Dat ons duisende of dalk miljoene jare verskillende kulture gevorm het, is so en dis AL wat ons van mekaar verskil…Ek het net so ‘n groot verskil met ‘n griek, fransman, jood as wat ek met ‘n zulu, xosa het.  MAAR beter? N OPE.   Sal die VVK grieke en jode daar in jou tuisland toelaat?   Hulle sê gewoonlik ja (soos ‘n afrikaanse privaat skool ook sê dat hulle ‘n engelse Christen kind sal toelaat maar nie ‘n swart CHRISTEN kind nie…. – maar hulle wil net ‘n Christen skool wees; dus christenskap, en ander kere afrikaans is niks anders as onderskeid op rasse gronde nie!).  Kortliks dus, ….[gesensor]!!!

Oor wit en/of mens wees.  ALLES wat jy is en wie jy is, is 120% genade.  Nou gaan ek klink soos ‘n rassis, maar net ter wille van my argument…  As jy dink jy is beter of slimmer as swart mense, is dit nie jy wat jouself gemaak het nie (en ek betwyfel natuurlik dat God per definisie alle swart mense dommer of slegter sou gemaak het, maar ter wille van die argument…)!  DIS genade.  As jy minder skelm is….. dis genade.  As jy ‘n beter opvoeding gehad het!  Dis genade.  As jy meer geld het en beter omstandighede het.  Dis genade!  Wat jy ookal oor jouself of oor wit mense vs swart mense kan en wil sê; DIS ALLES GENADE.  So, wie is ons dan om minder oor hulle te dink net omdat hulle swart is.  O ja, en nou gaan julle regses seker weer die misdaad voor ons kom neergooi?  Dink jy wit mense pleeg nie misdaad nie?  Dink jy wit mense het nie voor 1990 misdaad gepleeg nie?  Ek was in die Polisie…. ek was daar.  Die afgruwelikste dinge het WIT mense gedoen!  O ja, korrupsie ook !  So asb, die duiwel is nie kleur blind nie!!!

Dan, die tipiese regse afrikaner argument van kommunistiese crap en Bybel in skole.  Ja, dit sal lekker wees om weer Bybel in skole te leer, maar ek gaan GEEN geveg daaroor aansit nie want:

  1. wie sê die onnies wat dit moet leer is almal christene?  Hulle is nie (en was verseker nie tydens die Christelike-nasionale Onderwy stelsel nie)!  En dan moet hulle dit leer vir die kinders.  Weet jy watse crap hulle geleer het vir die kinders?  Weet jy watse crap ek al moes regstel in belydenisklasse wat kategete en onnies geleer het?  Nope, voor ons nie kan waarborg dat elke onderwyser ‘n Christen is nie, gaan ek nie daarvoor veg nie.  ‘n Privaat skool, wat veronderstel is om ‘n Christen skool te wees….. jy moet hoor wat daar nie alles gebeur nie?  En BTW, dit wat by (ons plaaslike skool) onder die “kommu” regering plaasvind rondom CSV, Bybel ens, is beter as wat ek op skool gehad het onder ‘n Nasionaal-Christelike regering!  Ek weet, ek is op die Bestuursraad….so presies waaroor moan jy/julle?!?!?!  Be thankfull for small mercies!
  2. ‘n Teokrasie is afgehandel en opgehef toe Jesus na hierdie wêreld gekom het!  – Israel!  Daarna was daar en kan daar praktiese gesproke nooit weer een wees nie, want nou is dit nie meer volk (en ras) wat die onderskeidende kenmerk is nie, maar JESUS! (dis hoekom ek daai tekste gestuur het).   Die ou regering het die afrikaner gelykgestel met Israel, asof ons die uitverkore (of dan een van hulle) is.  Ons is nie!  Nou maak dit nie meer saak of jy jood of griek (ons sou in 2011 kon sê, swart of wit) is nie, nou is ons almal in Christus een.  So waarom wil ons dan met ons mede wit afrikaners op ‘n hoop gaan sit?  Jy kan eenvoudig nie almal dwing om christene te wees nie; en in Orania is nie eers almal christene nie; so ….?  As julle julle eie volkstaat kry, gaan julle nie-christen-wit-afrikaners weg wys?  Gaan julle swart-christene wegwys?  Mooi ideaal maar onprakties.  So, dan is dit net KLEUR!  En daarom is my christenskap en hemelse burgerskap die eerste prioriteit en nie meer my wit-afrikanerskap nie!
  3. Met die beweging van mense, volke en die realiteit van die duiwel wat nog sy “laaste asem uitblaas” en mense se lewens verwoes, is dit actually onmoontlik om ‘n staat te “run” op Bybelse beginsels.  Daarom verkies ek ons eie – want daar is menseregte wat ons regte beskerm, en VERAL ons reg om my godsdiens te beoefen – dit, is die belangrikste fundamentele mensereg wat ek kan hê!  En ek dank die Here dat ons so ‘n grondwet het wat ons daai reg gee.
  4. Paulus (en al die gemeentes na Jesus) was gemeentes en christene onder ‘n duiwelse bewind – Nero. En nogtans het Paulus nooit die Christene aangemoedig om enigiets anders te wees as om gewoon gehoorsaam te wees aan die regering (Rom 13) nie!  Wat sê dit vir ons???
  5. en Laastens, geloofsopvoeding IS EN BLY ouers se verantwoordelikheid; nie die skool of selfs die kerk s’n nie.  Jy as ma en pa lê die doop gelofte af; nie die staat of kerk nie!  DIS JOU WERK.  As die skool en kategese byvoeg; cool.  As nie, net so cool!  Dink jy die regering van Nero in Paulus se tyd het die kinders enigiets geleer?  Nope; ma en pa het!  Want dis hoe dit in Israel gebeur het (Deut 6)!

Jy verlang na vryheid?  In Christus HET jy vryheid.  En met ons Grondwet en menseregte het jy ongelooflike vryhede!  Dink jy in jou volkstaat is jy gewaarborg van vrees en inbrake?  Nope?  Wit mense steel ook.  Ander lande waar daar wit mense die meerderheid is, is daar ook skelms.  Kyk na VSA – daar is ook wit op wit aanvalle, misdaad ens!  Selfde met Aus, NZ, Eng. ens.  My ras en taal en kultuur vrywaar my nie van misdaad nie en GEE NIE vryheid nie.  Jesus gee vryheid!

om my God openbaar en vry te kan aanbid” – Jy kan reeds in SA vry aanbid!

my kinders eendag na n skool toe te stuur wat nog open met skrif en gebed” – sien bo

soos die Israeliete verlang het na n land van hul eie, so doen ek ook.” – tekorasie afgehandel met die koms van Jesus (sien bo).

ek wil bloot net n toekoms bou, in n land waarvoor ek lief is, waar ek glo ek geplaas is vir n doel, en waarvoor ek sal opstaan” – exactly!  Kan jy dink watter rol ons “wit” Christene te speel het in hierdie amazing land van ons!?!  Dalk is DIT hoekom die Here ons hier geplaas het….nie om in ‘n hoop iewers in die Noord-Kaap (of elders) te gaan sit en vir al my ander wit afrikaner christene te vertel hoe oulik genade en geloof is nie (wat hulle veronderstel is om in elk geval te weet nie.!?)

Ekt nog altyd die Here vertrou met my toekoms en sal ook verewig” – presies, so vertrou die Here vir jou toekoms en lewe IN HIERDIE LAND van ons!, nie in ‘n volkstaat nie.  Jy is ‘n Suid-Afrikaner en het jou eie land.  Net omdat dit nie jou regering (party) is nie, beteken nie jy is ‘n vreemdeling in SA nie!  Jy het vryheid, jy het onafhanklikheid.  EMBRACE dit!  Iewers (uhh, 1994?) het ons ons patriotisme verloor!  Asof SA nou nie meer my land is net omdat almal nou stemreg het nie.  Wel, dink net hoe het swart mense vir jare gedink toe hulle nie burgerregte gehad het nie…. 

Ek hoop dit gee bietjie my opinie!  Maar daar is nog baie wat ons oor kan praat!

Groete

o ja….. dan het ek nog nie eers die praktiese haalbaarheid van ons eie volkstaat bespreek nie.  Orania was ‘n poging daartoe.  Hoeveel Afrikaners het besluit om soontoe te gaan?

O, julle wil ‘n ander gedeelte hê?  Soos waar?  Gauteng?  Watter reg het julle op Gauteng (OF ENIGE ANDER gedeelte in SA).  Geen!  Behalwe as jy weer ‘n oorlog wil begin en grond afvat deur te wen!  As ons eers die “aanspraak maak op die of dat-argument” gaan begin, grens ons baie na aan oorlog want wie het nou presies eers wat gehad?  Wie het daarna wat gekoop of gewen?  Waar is jou land?  Frankryk?  Nederland? Nee wat, ons is Suid-Afrikaners!  En die hele SA behoort aan almal van ons!  VVK sê ons moenie nou verstrengel raak oor waar en hoe nie……. wanneer gaan ons want as dit onhaalbaar is, waarom moet ek enigsens betrokke raak by VVK?

VVK: “want met ons neerlaag in die Tweede Vryheidsoorlog op 31 Mei 1902, het ons ook die beginsel van volksoewereiniteit verloor en dit was die begin van ons knegskap van vandag.”

– ABSOLUTE SNERT!  Ons is nie nou in “knegsnakp” nie.  En as jy ‘n slaaf is, wees ‘n slaaf asof vir die Here, het Paulus ons herinner!  Waar is jy ‘n “kneg” vir wie?

VVK: “In ons vrye Republieke het daar geen politieke partye bestaan nie”

– een-partystate?  En was / is dit ‘n goeie ding?  Nie almal dink oom Paul was ‘n held nie!?!  Dalk sou hy nooit die president gebly het nie?!  REALLY, dink die VVK regtig ons sal almal tevrede wees met 1 party?  Sorry, nie eers meer in my huis stem ons almal oor alles saam nie – en dis ook nie ‘n goeie ding om altyd saam te stem nie!  As almal saam stem, is iets iewers terribly wrong!  Verskeidenheid denke is die beste ding ever!  As die massas links loop, dan vra ek ‘n vraag oor links, want die massa kan horribly wrong wees.  In die massas verloor jy jou denke, jou identiteit ens (ek het ‘n goeie stuk daaroor as jy meer oor massa-identiteit wil weet.  Ek is altyd skepties as ‘n massa agter ‘n idee aanhardlloop…Kierkegaard het iets oor massa denke geskryf).  

VVK: “volk wat vry wil wees, dui met meerderheidsbesluite aan wat die volkswil is”

– het die volk nie aangedui in 1990 en 1983 dat die Nuwe SA is wat ons wou hê nie!  Ja hulle het!  Die HNP en die KP het ook probeer om ons koppe te draai – hulle kon nie!  Wat van berus by die meerderheid Arikaner en wit stem voor 1990 ?!   O, dis seker hoekom die VVK nie partye (een-party) wil hê nie, sodat hulle ons kan indwing in HULLE sienswyse in!  GEVAAR LIGTE!

VVK: “vreemde heerskappy en demokratiese …”

So, wie is die vreemde heerskappy?  Swartmense?  Is dit nie rassisme nie?  Was dit nie demokrasie wat die ANC ingestem het nie?  Wie se land is dit hierdie?  Wie gee jou as wit mens die reg om te sê hierdie land behoort NET aan jou as witmens?  En al sou dit dalk waar wees, wat gaan jy doen as ‘n swart man kies om ook hier te bly?  En dan kan stem (hoekom nie, net omdat hy swart is?)?  En dan kan die meerderheid swartes weer oorneem?  En dan is ons waar ons is!  Almal stemreg!  So, what’s your point?  O, julle gaan nie swart mense toelaat nie?  Hoekom nie, as hy ‘n christen is?  Dan is dit mos niks anders as rassisme nie;…… en dan is ons terug by die begin….. terug by wie jy is en wat jy is, is alles net genade!

Al waarvoor ek “veg” ;  of liewer waarTEEN ek veg is teen “selfbeskikking” vir die Afrikaner.  Short-n-sweet, dit maak eenvoudig nie vir my sin nie.  Waar?  En as ek nie daar wil bly nie (soos Orania), dan bly ek in elk geval hier waar ek is.  Ekonomiese haalbaarheid?  Onthou, in die ou SA en AL sy hulpbronne is aangewend vir 10m mense (en daardie tyd was ons waarskynlik tussen 5 en 10 m).  Natuurlik was daar genoeg petrol, krag, water, paaie, polisiemanne, geld om hulle almal te betaal ens. N ou moet presies hierdie selfde “koek” vir 50m mense sorg.  Natuurlik gaan ons ‘n huge tekort hê aan hulpbronne!  Dis nie alles swak bestuur nie, dis gewoon die grootte van die koek.  Ek het met ‘n swart vriend gesels so klompie jare gelede oor die “lewe in de townships” pre 1990. Hy kon nie verstaan hoekom ons so bohaai maak oor die “swak en stadige polisie/ambulanse” nie want……so ken hulle dit nog forever.  Want die ou SA het eenvoudig nie vir daardie deel van die bevolking versorg nie, of liewer, die hulpbronne was net te min (dieselfde as nou) en die prioriteit was toe wit woonbuurte.  Hulle kon nog nooit “in die strate / parke” speel, fiets ry, melk bottels uit sit en vol bottels kry ens nie.  Nou wil jy “die koek” nog kleiner maak en ‘n klein klompie mense daarin gooi.  In hierdie geval is daar vir my meer kans dat die koek vir die groter geheel kan sorg, as wat 11 klein koeke vir 11 kleiner volke moet sorg.  Dis eenvoudig vir my nie ‘n haalbare oplossing nie.  Soos jy sê, hierdie hele land en al sy mense is my mense en elke ander SA-ner is my mede-volksgenoot; nie net Afrikaanssprekendes nie.

Hoewel jy duidelik laat blyk dat jy nie ‘n rassis is nie, is die meeste van die VVK/ Afrikaner Selfbeskikking/ Tuisland ouens wel rassiste en is die enigste rede waarom hulle die ideaal nastreef om onder die swartes weg te kom en self te regeer.  My punt is dat ‘n regering deur Afrikaners nie noodwendig ‘n goeie of beter regering is nie!  Watter waarborg het ons daarvoor?  net omdat hulle “Afrikaners” is?  Hulle MOET eerder Christene wees (daarom my vorige punt, ek’s eers ‘n Christen, dan ‘n Adfrikaner) – en dis practically onmoontlik.  Net ‘n Christen-land?  Ja, dit sal cool wees, maar is daar ENIGE ander land in hierdie wêreld wat daarop aanspraak kan maak dat elke liewe enkele burger van daardie land ‘n christen is?  Nope.

Die ideale waarna jy streef is haalbaar in HIERDIE land van ons met hierdie mense van ons.  Ons kan liewer dieselfde energie gebruik om hierdie land op te bou en te herstel as wat ons probeer om iewers op ‘n hoop te gaan sit en deur iemand regeer word wat dalk praat en lyk soos ek, maar nie noodwendig dit beter doen of glo nie.

sien ook.

888

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s