stenig hom, stenig hom!

Ons is vinnig om ander te veroordeel as hulle iets verkeerd gedoen het!  En dan verskil ons ook nog oor presies wat is “vir ons” die ergste is, waaroor ONS iemand oor sal/wil stenig.

So byvoorbeeld is daar sommige kulture vir wie egbreuk “oraait” is, maar sal heeltemal flip as jy iets anders doen, wat weer in ‘n ander kultuur “oraait” sal wees.  Kom ons vat maar net kras en vloekwoorde as voorbeeld: so het ek die ander dag uitgevind dat ons geliefde woord in Afrikaans, voertsek, vir die swart kultuur die ergste vloekwoord ever is.  En verdomp in Hollands terwyl paardenfokkery ongehoord vir ons sou wees.  En dan selfs binne die kulture, verskil dit selfs tussen mense.  Ek ken iemand wat jou baie dinge sal vergewe, solank jy net nie lieg nie; want as jy lieg, kan jy enigiets doen.  Dan ken ek ander mense wie jou weer baie ander dinge sal vergewe, solank jy net nie pornografie doen nie…. en so is daar weer ander vir wie egbreuk, steel die ergste is; en so verskil dit van mense; (terloops, wonder hoe gebeur dit dat mense so voel oor sekere sondes….. wat het in die verlede gebeur dat so ‘n hewige reaksie gevolg het…?).  En kyk nou maar net hoe ons oor JZ en sy talle vroue spot en oordeel.  Die swart kultuur is heeltemal OK met owerpsel, terwyl die wit kultuur dit maklik as die ergste “verkeerd” beskou.   Anyway, wat ek met hierdie stukkie verduideliking wou sê is…. 

Dit bly vir my elke dag amazing om God se ongelooflike genade weer-en-weer, opnuut te besef, en daarin vreugde te vind te midde van my eie worstelings!  Jy mag nie egbreuk pleeg nie… – en daar slaap Jakob by iemand anders; en nie wie nie, sommer sy seun se vrou.  Wat wat gedoen het sê jy?  …haar as tempelprostituut voorgedoen.  Sien ons enige verwysing dat God hom of haar “gezap” het?  Nee!  Nie dat Hy daarmee tevrede was en dit oorgesien het nie, maar Sy genade en geduld en begrip vir hulle, vir ons sondige natuur is genoeg om te kan vergewe! 

Soos ‘n mens die verhale lees in die OT, lyk dit asof die gebruik maak van tempelprostitusie; dus egbreuk, vir daardie kultuur in daardie tyd heeltemal “aanvaarde” gedrag en gebruike was. Die verhaal oor Jakob lees nie in die trant van “…en kan julle glo, Jakob gaan doen navraag oor ‘n tempel prostituut…” nie.  Die issue was nie dat hy met ‘n prostituut gemeenskap wou hê nie, maar dat dit Tamar was en dat Tamar hom wou uitvang.  Daarom ook die veroordeling van Tamar later in die hoofstuk (Gen 38:12-)  En dan eindig die verhaaltjie… “Juda het nooit weer met haar gemeenskap gehad nie”… so asof dit “oraait” en natuurlik sou wees om weer met haar gemeenskap te gehad het?  Was Juda nie getroud nie?  Hy was, met Bat-Sua.

‘n Paar ander voorbeelde:

  • In Num 5:19 lees ons “Hy moet die vrou onder eed plaas en vir haar sê: As iemand anders nie met jou gemeenskap gehad het nie en jy as getroude vrou jouself nie met ’n ander man verontreinig het nie, mag jou onskuld dan bewys word deur hierdie water wat bittere smart en ’n vloek oor jou kan bring”  Dit lyk asof dit OK was as sy gemeenskap gehad het terwyl sy ongetroud was…, want die volgende vers veroordeel haar as sy getroud was en gemeenskap gehad het met ‘n ander….
  • In Num 31 kon die Israeliete al die vrouens buit wat nog nie gemeenskap gehad het nie….
  • In Deut 21 mag die manskappe ‘n vrou buit “wat vir hom mooi is” en met haar trou…en as dit later blyk dat hy nie meer vir haar lief is nie, mag hy haar laat gaan, solank sy net nie sy slavin word nie want…hy het met haar gemeenskap gehad.

En so kan ons talle voorbeelde uit die Bybel haal.  Jakob wat met Ragel wou trou, en toe sommer die hele spulletjie (Laban se dogters)  as vroue kry.  Trouens, die een wie hy eintlik lief gehad het, Ragel, gee vir hom Bilha (Gen 30:4) as vrou.  “Haloooo, Ragel!  Are you out of your mind?  Dis die man wat jou liefhet het (en jy waarskynlik vir hom ook)“.  Ons sien nêrens dat God afwysend of oordelend reageer oor die poligamie van die Ou Testament nie.    Dawid was ‘n man na God se hart met talle vroue?  Wanneer het dit “reg” geraak in Israel se lewe?  Wanneer het dit weer verkeerd geraak as ons in die NT nie weer daarvan hoor nie?  Presies hoe voel God daaroor?  Hoe raak Christenskap verskillende kulture en gebruike?  Ek het nog altyd gesê ek is eers ‘n Christen, dan ‘n Afrikaner.  M.a.w. my kultuur mag nie my Christelike etiese grense oorskry nie… maar by die lees van hierdie verhale en hoe die kulturele gebruike tussen die OT en die NT, en tussen die Jode, die Grieke en ander kulture verskil het, en hoe die kulture vandag verskil … en hoe die Bybel relatief  “stil” is daaroor, laat my maar net weer besef waaror hierdie post gaan – God se ongelooflike genade en geduld met ons.  Teenoor ons eie maatstawwe (wat, soos ek hierbo wys, woes verskil) waarmee ons veroordelend teenoor ander optree.

Weereens, ek wil nie sê dat al hierdie dinge nou reg is nie, of minder verkeerd is nie (wat is meer en minder in elk geval?) ; en ek erken dat ek nie hier die toonbeeld van Bybel interpretasie of hermeneutiek gebruik het nie!  In die NT word selfs negatief geoordeel oor die geldgieriges en kwaadpraters; mense wat ons rondom ons duld!  God haat egskeiding terwyl ons kultuur ook al geskuif het rondom egskeiding tussen 1970’s en vandag.  Daar’s nog baie wat gesê kan word.  So, in my eensydigheid hier, kom ek maar net weer by die erkenning van God se wonderlike genade teenoor ons wat so vinnig is om te wil stenig en veroordeel!  Daarom is God werd om verheerlik te word!  Hy alleen!  Loof die Here, want aan Sy goedheid is daar inderdaad geen einde nie!

En in Jesus Christus is alle oordeel en toorn van God vir eens en vir altyd “versadig”!  Nou kyk God na ons deur die oë van Jesus en sien skoon gewasde mense raak!  VERLUSTIG JOU DAARIN vanoggend! 

sien ook . ..

Disclaimer:  Ek ondersteun nie noodwendig die siening van polygamy.com nie.  Ook verteenwoordig hierdie “klip-in-die-bos“-post nie die amptelike stelling van myself, my gesin, my kerk of enigiemand wat tenagekom voel nie.  Hierdie is suiwer ‘n klip in die bos… – onthou waaroor ek eintlik geskryf het!  Die genade van God!

One response to “stenig hom, stenig hom!

  1. Pingback: selfverwyt en self-vergifnis « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s