Church Revolution

Ek kyk vanoggend na ‘n video oor die bekendstelling van Church Revolution en besef skielik dat ek ook al hieroor geblog het.  Dis ‘n saak wat na aan my hart lê, naamlik die manier hoe kerk “bedryf” (lees gespeel) word.  So hier is vanoggend opnuut my gedagtes hieroor…

Ek het voorheen in ‘n blog-gesprek my uitgespreek teenoor die manier hoe ons al begin dink het dat godsdiens, Christen-wees en suksesvol-kerk-wees gemeet word aan die hoeveelheid aktiwiteite in en by die kerk aangebied word, en die hoeveelheid lidmate wat by hierdie aktwiteite betrokke is.  Ek het al gehoor dat leraars sê: as iemand tot bekering kom, is daar nie genoeg verskeidenheid aktiwiteite waar hulle betrokke kan raak nie – ons soek mense wat verskillende bedieninge kan begin(?); of (behoede ons), “ons gemeente is nou al so gewild en beroemd dat ander gemeentes ons al vrae wat doen julle wat so goed werk, hoe kry julle so baie mense betrokke“; en “daar’s 1xx lidmate elke sondag betrokke by ‘n erediens – is dit nie wonderlik nie“.  Moet my nie verkeerd verstaan nie – ek is nie teen kerklike bedieninge nie, en dit is regtig wonderlik dat mense bereid is om te help met die funksionering van gemeente-bedieninge.  Ek is téén die feit dat die somtotaal van kerk-wees, van lidmaat en Christen-wees gemeet word aan die kerklike bedieninge en aktiwiteite waarby lidmate betrokke is; dat die kwaliteit van jou geloof / Christen-wees / verhouding met God gemeet word aan jou betrokkenheid!.  My vorige blog…

Ek glo gelowiges moet toegerus word met die Woord en Gees sodat hulle as gelowiges in die wereld kan funksioneer; maandae – saterdae.  Nie in kerklike aktiwiteite nie, maar toegerus met die Woord as swaard die lewe en mense waar hy werk (sy lewensruimte) vernuwe.  In die praktyk is mense so besig by die kerk dat hulle nie meer geestelike energie het om te gee in sy anders lewensruimtes nie (of dink hy’t nou klaar sy plig gedoen by die aktiwiteit/bediening/selgroep).  Ek wonder hoe sal dit gaan as ons aktiwiteite afskaf of verminder en lidmate toelaat en aanmoedig om as Christen te LEEF in elkeen se unieke lewensruimte.  Sal dit nie ‘n groter veranderende effek op die wêreld hê nie?  Hoekom kan lidmate byv. nie verduidelik waarin hulle glo as hulle by die werk-plek of deur hul kinders gekonfronteer word met etiese kwessies soos aborsie, homoseksualisme, of toe die opstandings-debat so fel in die media gevoer is nie.  Omdat hulle nie toegerus is daarvoor nie maar net toegerus is vir die kerklike aktiwiteite/bediening.

Die gevolg van ‘n oor-betrokkenheid by aktiwiteite is dat mense eerstens dink dat hulle, deur hulle betrokkenheid by die aktiwiteite, nou hulle deel gedoen het en tweedens, dat mense eenvoudig nie meer geestelike energie, kapasiteit oor het om eintlik hul bediening uit te voer nie – in die wêreld, by die werkplek!  DIS waar ons Christen moet wees, waar ons ‘n verskil moet maak!  Soos ‘n vriend eendag gesê het: ons het geloof verkerklik!

Hierdie beweging, Church Revolution, probeer juis dit bewerkstellig (oftewel, so sien ek dit)  – om mense weer UIT die kerk te kry om binne-in die wêreld ‘n verskil te maak.  Daar waar jy rekenmeester, sekretaresse, straatveër, treindrywer, kunstenaar, prokureur ens. is, dáár is jou bediening.  Daartoe is jy geroep!

  • Our conversion is our commission into the ministry of Christ
  • We’ve lost the plot somewhere along the line…. Churches became a religious event that takes place once a week … it was never meant to be that.
  • The church was never designed to be a place where you bring people to hear about how they can be saved.  The church has always been a place where you bring believers to be equiped to go into the world…. (Eph 4)
  • Jesus was not interested in drawing large crowds….He was itnerested in changing a few who can change the world.
  • People want to look at christians and see a trailer of what is to come.
  • Some American churches is so active (gyms, schools, etc) that people can live their whole world without having contact with any unbelievers.
  • Jesus was hated by the religious community but loved by sinners.  We’ve got it backwards.  We are loved by religious community and hated by sinners.  We’ve got it wrong somewhere. (Untamed)
  • What would Jesus do if He moves into your neighbourhood?  Do that!  Mingle with the sinners… (Mat 11:19)

Ek hoop ons kan so ‘n revolusie in ons kerke inbring!  Dis maklik, begin sommer vandag, by jouself.  Daar waar jy werk – wees “Jesus“.  Jesus het met die dronkaards, prostitute, sondaars gemeng om hulle lewe te verander (Mat 11:19).  Doen jy dit ook…

sien ook…

One response to “Church Revolution

  1. Pingback: Evangelicals Hate Jesus « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s