internet en geloof

Die bekende teoloog, Josh McDowell sou blykbaar gesê het dat die internet die grootste bedreiging vir Christene inhou.  Ek verskil…..dit dwing ons om opnuut te DINK.

Volgens McDowell het die internet alle absolute waarhede gerelativeer en, omdat inligting so vryelik beskikbaar is, het die ateïste toegang gekry tot die geloofs-nadenke van kinders en volwassenes.  Verder reken hy is dit die rede waarom so min jongmense erns met die Christelike geloof maak (Die Kerkbode, 5 Aug 2011). 

Ek wil nie sy opinie of navorsing in twyfel trek nie, maar reken dat dít nou maar die wêreld is waarin ons leef en godsdiens bedryf.  Ons kan immers nie verwag om slegs goeie Christene te wees en godsdiens te bedryf in ‘n wêreld waar daar min inligting versprei word nie; of erger nog, in ‘n wêreld waarin daar staat gemaak word op absolute waarhede….so asof mense asseblief tog net nie moet dink oor geloof nie, want dan gaan hulle hul geloof verloor! 

Is ons so bang vir ons geloofswaarhede dat ons dit so op mense wil afdwing dat hulle tog net nie nie daaroor moet dink nie?  Is ons so bang vir ons geloofswaarhede dat ander twyfelaars en ateïste ons so maklik gaan oortuig van die teendeel?  Is ons so bang dat ons liewer inligting van ander godsdienste wil weghou sodat mense hulle geloof kan behou?

Nee, ek is van mening dat die internet nie die bedreiging is of inhou nie…. of as ons dit as ‘n bedreiging sien, is dit nie die internet nie, maar die gebrekkige geloofsopvoeding en goeie gegronde geloofs-nadenke van ons as gelowiges.  Dit is dus nie die internet nie, maar gelowiges self wat die bedreiging vir hulself inhou.  Goeie geloofsopvoeding, goeie geloofs-nadenke, goeie bestudering van die Bybel (en natuurlik, alles onder leiding van die Heilige Gees as die “ultimate” beskermer van die waarheid) sal ons help om ons geloof te behou te midde van ander godsdienste en twyfelvrae.  Ek is al baie jare teleurgesteld en bekommerd oor die geloofsopvoeding van ons kinders.  Ouers lê ‘n belofte af by die doop (of inseëning) van hul kinders, dat hul hul kinders sal leer en laat leer.  Hierdie “leer” is nie alleen boekekennis oor godsdiens nie, maar was veronderstel om ‘n “voor leef”-leer te wees.  Soos ons as ouers en kinders ons eie geloof uitleef; ons verhouding met God daagliks beleef….só was ons veronderstel om dit aan ons kinders oor te dra.  Vir eeue was Israel afhanklik van die mondelingse geloofsoordrag van geslag tot geslag; die storie van God se pad met Israel.  Nou laai ouers hul kinders by die kerk af en aanvaar dat dit die enigste en voldoende “leer” is.  En tragies ís dit die enigste want talle ouers vul nie die “leer” aan met ‘n “leef” nie!  Dis waar kinders hul geloof verloor – omdat geloof nie lyk asof dit iets is wat groot mense doen nie.  Nie die oorvloed van inligting laat mense hul geloof verloor nie, maar die gebrek aan geleefde voobeelde van dit wat hulle geleer het. 

Ek is eerder dankbaar oor die internet en die ontploffing van inligting en kennis regoor die wêreld – dit het ons as gelowiges gedwing om te begin dink oor wat ons glo; in WIE ons glo!  Dit het ons as gelowiges gedwing om ons eie geloofswaarhede te begrond.  Om absolute waarhede te glo verg geen denke nie…., maar die inligtings-era vereis nadenke; en dít is wat my betref, ‘n uitstekende wins van die internet.  Die oorvloed van inligting oor ander godsdienste, die twyfelvrae, die alternatiewe standpunte, die bewuswording van die pyn en nood in die wêreld dwing ons om opnuut weer na die Bybel te gaan en dieselfde vrae aan die Bybel te stel, antwoorde te soek, en uiteindelik ons geloof te versterk. 

En mag ons in op hierdie ontdekkingstog met die Woord en met God nooit vergeet nie!: dit gaan alles oor ‘n verhouding met die Drie-enige God, nie oor godsdienstige reëls en voorskrifte nie!

sien ook

One response to “internet en geloof

  1. Hello Ekkedink. Ek stem volmondig met jou saam. Ekke dink dat ons as Christene net nie die leuen moet glo dat ons nie ons geloof openlik mag uitleef of praat of beskryf nie. (Want dan loop ons glo met die bybel onder die arm.) Net soos enige ander persoon of denkrigting of geloof die internet gebruik om daaroor te dink, praat, redeneer, wat ook al, moet ons as kinders van God dit ook gebruik om ONS geloof met ander te deel. Die belangrikste is dat ons dit juis in LIEFDE doen, sodat ons die liefde van God kan uitstraal en die wie twyfel, juis deur die Liefde en die Heilige Gees, opnuut getrek/geroep sal word. Dankie

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s