kies die Here

Lol, die ds sê vanoggend in die kerk ‘n interressante ding. Ons hoor baie dat mense sê dat hulle gekies het vir die Here…. maar om te kan kies, veronderstel dat daar ‘n keuse was.

Soms het ons gekies omdat ons ‘n keuse gehad het.  Deur die wêreld te beleef; deur ‘n kykie te kry in my eie sondige natuur; deur te besef tot wat ek nie alles in staat is deur my sondige natuur vrye teuels te gee nie… deur dié gedagtes goed te oordink, bring ‘n mens uiteraard by ‘n punt waar jy wil kies… Kies tussen Jesus en vervulling deur die Heilige Gees of ‘n lewe in vodde, onder beheer van die sondige natuur.  Natuurlik is dit dan ‘n keuse!

Maar “kies vir die Here” is, aan die ander kant, nie asof ons ‘n tydjie moslem geleer en beleef het nie; ‘n tydjie budha geleer en beleef het ens. nie.  In hierdie geval is “kies die Here” eintlik nie regtig ‘n keuse nie…. want Jesus oortref al hierdie gode in alles. Trouens om te kies moet die keuses tog in dieselfde kategorie val, kompeterend wees…  Al die ander is godsdienste…. Jesus is ‘n VERHOUDING! God is die Gans Andere! Christendom is die enigste godsdiens wat genade, vergewe, liefde verkondig.  Meeste ander godsdienste leer wettissisme, vergelding, haat.  Meeste godsdienste moet hul god soek en tevrede stel.  Christendom soek God ONS; en hoef ek niks te doen om God tevrede te stel nie, … want ek kán nie!  Nee wat, in die sin is daar geen keuse nie….!

‘n Mens hoor ook dat ouers soms sê “ek dwing nie Jesus op my kinders af nie; hulle moet maar self kies eendag”.  Nou weereens, om te kan kies moet ‘n mens ‘n keuse hê.  So, stel die ouers al die godsdienste aan hule kinders voor om ‘n keuse te kán neem, wonder ek?  Verder, kan ons eintlik, vanweë ons sondige natuur, nie eintlik reg kies nie!  Dit verg Goddelike ingrype om reg te kan kies; om tot bekering te kan kom.  Dis die werk van die Heilige Gees.  Maar meer nog, ons gee nie ons kinders ‘n keuse of hulle tande wil borsel, of hulle maniere wil aanleer nie, hulle ouers lief te hê en te respekteer nie.  Dit gee ons as opdragte, as deel van ons opvoeding tot dit later ‘n lewenswyse word!  Hoekom dan so vrypostig wees om die allerbelangrikste verhouding ‘n kuese te maak?

Is dit nie wat die doopbelofte is nie? Dat ‘n verhouding met God nie regtig ‘n keuse in hierdie huis is nie (Jos 24), maar ‘n lewenswyse. Selfs al word dit ‘n gewoonte, is dit nogtans ‘n beter gewoonte as om in vodde voort te leef.

“Ek en my huis; ons sal die Here dien.”. Dis ‘n keuse! Dis ‘n leefwyse. Nee, dis “actually” GENADE!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s