wysheid van die grysheid

Sjoe, hoe ouer ek word, hoe meer gebruik ek die “ou wyshede” van my ouers…. en dit freak my kinders soms uit🙂

Kom ons kyk hoeveel kan ander bloggers by hierdie lysie voeg…..

  • kannie is lankal dood: dis seker een van die bestes.  En ek het intussen my eie variasie bygevoeg.  Die opstanding en gevolglike uitstorting van die Heilige Gees het “kannie” finaal die dood skoot gegee!  Want deur die krag vna die Heilige Gees kan ons alles…. (2 Pet 1:3; Eff 1:18)
  • alles is wat jy self daarvan maak: my ma het hierdie gereeld vir my gesê toe ek ongelukkig was in die koshuis….. en later wou ek nie meer huis toe gaan nie en was die koshuis heerlik!  Die belangrike les is: dis nie eksterne omstandighede wat jou gelukkig maak nie, maar die regte eie ingesteldheid!  Jy en jou denke bepaal dus jou vreugde in ‘n situasie en moenie van omstandighede of ander verwag om jou gelukkig te maak nie.
  • honger lek niemand se g%t nie:  hoe waar is dit nie né?  As jy honger is, is jy nie kieskeurig of “fussy” oor kos nie!  Honger is die beste kok is ‘n meer verfynde weergawe…
  • doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil hê: dis “kinda obvious” en kom uit die Bybel. 
  • “live and let live”:  my pa het dit altyd vir ons gesê as ons gekla het dat iemand hom afge”rip” het…. en ek dink dit hang saam met “werp jou brood op die water”.  Soms is dit goed om ‘n bietjie “uit te deel”…
  • its easy to call a July-winner after the rase:  jip, dis maklik om terug te kyk en te sê “ons moes dit so gedoen het”….
  • een van my pa se gunstelinge…”talk is cheap, but money buys the whisky“: dis lekker maklik om te praat…
  • hy’t nie ‘n ma of  ‘n pa nie“:  een van my pa se gunstelinge…. Wanneer ek kla dat ek nie iets kan regkry nie, het hy my altyd verder probeer aanmoedig om ‘n plan te maak/weer te probeer met hierdie een.  En dit het gewerk.  So het ek baie skynbare onoorkombare probleme oorgekom en reggekry.
  • it takes 2 to tango“: dis ‘n bekende een…  Daar’s altyd 2 persone in ‘n saak.  Niemand is ooit heeltemal onskuldig wanneer 2 persone konflik het nie….

OK, dis al waaraan nou dadelik kan dink, maar ek sal byvoeg soos ek gaan!  Welkom om by te voeg as koements….

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s