nostalgie

Vanoggend sit ek toe mos en loer rond op Youtube…. en kom af op ou musiek en flieks wat nogal ‘n paar memories aangeroer het….. soos,

soos…

  • Onthou julle Love Story (1970) Ali MacGraw & Ryan O’Neal … dit was waarskynlik een van die eerste flieks wat ek ever gesien het; waarskynlik net toe Sterland oopgemaak het.   Treffers soos “Where do I begin, to tell the story of how great a love can be“….. EN “love means never having to say you’r sorry”  Sjoe, op my jong naïewe mind was dit kragtige woorde….  Terloops, was genomineer vir 7 “academy awards”!
     

     
  • Kramer vs Kramer (1979) met Dustin Hoffman & Meryl Streep…. waarskynlik die grootste invloed op my gehad oor die negatiewe gevolge van egskeiding.   Die seerste was daai hofsaak …
    Hy: what law states that a mother can be a better parent just because of her sex“;
    Sy: I don’t say he doesn’t needs hois father, but he needs his mother….” 
    Is dit nie die hele issue nie né!  Dit was en is God’s bedoeling dat kinders beide ouers nodig het in verskillende ontwikkelingstadia…. (Mal 2:14-16).
     

     
  • OMW, almal onthou seker Jaws (1975); as ek my nie verbeel nie, het dit net voor die Des vakansie gedraai?  Jaws was waarskynlik die grootste rede vir die “uitwissing” van die Groot wit haai.  Wys nou op TCM🙂.
     
  • Bietjie later het ‘n, vir daardie tyd, “kuns” fliek my baie laat dink oor sommige mense se “lightness of being“.  “The Unbearable Lightness of Being“.  Vergeet die seks, maar ‘n mens kan lekker filosofies raak oor die “lightness” waarmee sommige deur die lewe gaan teenoor ander se “heaviness” :-)   en tog kon hy, die “lightness” nie sonder haar leef nie.😕
     

     
  •  Jacques Brel se “If you go away“, oorspronklik in Frans Ne Me Quitte Pas.  Behalwe vir Jacques Brel se oorspronklike weergawe, het ek die meeste van Shirley Bassey se weergawe gehou.  Ander wat dit ook gesing het was Madonna, Barbarra Streissand, Celine Dion, Cyndi Lauper etc.
     

     
  • Leonard Cohen…. was interressant om die ontwikkeling/verandering van sy stem te hoor tussen sy eerste vrystellings na die 2002 en later vrystellings.  Wie het geweet dat Leonard Cohen “Hallelujah” geskryf het :-?  Onthou julle nog “So long, Marrianne“, “Dance me to the end of Love” en “Suzanne“?  Een van sy nuwer songs, “I’m the Man” ….
     
  • Barbra Streissand – The Way we Were
     

     

My kinders sê aldag vir my dat die ou flieks boring is, te lank vat om by die punt uit te kom…. Daar was waarskynlik baie ander en beter stories as die ou flieks, maar vir ons was dit blywende indrukke… 

Watter flieks kan julle onthou wat sulke blywnde indrukke gemaak het ……?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s