Snaakse soekterme

Ek kom die ander dag op Dellie se dinge se snaakse soekterme  en op moerman s’n af….. en breuk myself oor wat ons ou mensdom nie alles google nie.  “Really“, is dit wat mense wil “weet”?

Maar dit laat my toe mos na my eie blog “dashboard” gaan om te kyk met watter soekterme beland mense op my blog……. weird!  Geen “snaakse” terme daar nie; trouens, dit lyk my, my blog word net gevind deur, waarskynlik ander dominees….., en veral die wat oor Vadersdag iets wil weet?🙂

Nou, my blog het ook kontroversiële onderwerpe, maar om een of ander rede is dít nie die soekterme waarvoor my blog gevind word nie.  Nie dat ek omgee dat “Vadersdag” my blog se “id” geword het nie; net dié dat ek toe begin wonder het…..hoe werk dié goed?  Hoe bepaal WordPress / Google watter terme beland waar.  Ek stel gewoonlik tags op, op my blogs, ook kategorieë. Ek dog dit word opgevang?

Wonder of iemand kan lig werp waarom byv. my blog nie gevind word deur soekterme wat ek al geplaas het, soos seks, die voller vrou, Joost, lyfstraf, godsdiens, Afrikaners, Volkstaat ens?  OK, toegegee, baie soek seker nie meer iets oor byv. Volkstaat nie🙂.

Wonder maar net……

4 responses to “Snaakse soekterme

  1. Pingback: Nuwe Bloed! « Kouevuur

  2. Dis mos nou Vadersdag sondag…

    afwesige vader preek – een of ander ds wil die afwesige vaders aanspreek….. hoop net hulle is daar en dat hy nie preek vir die “converted” nie.

    ‘n man na ‘n vrou se hart vadersdag –🙂

    Like

  3. LOL, vandag weer die volgende snaakse soekterme op my blog stats …

    ‘n hele klomp oor die huwelik en egskeiding (dit waaroor ek ‘n passie het🙂 )
    * die rol van die man in huwelik
    * bybelse waarhede oor die huwelik
    * egskeiding en die bybel
    * god se opdrag vir die huwelik

    Sukkel iemand met dissipline…. “wenke vir dissipline by die huis”

    Iemand ook dik vir die skewe prentjie van die media/fashion world… “te maer modelle in die media”

    Ek’t nie geweet die moslems doop ook nie… “moslem doop”

    aaahh, ‘n rugby ondersteuner… “wat moet ons doen om van pieter de villiers ontslae te raak”

    Groete uit ‘n koue natterige wereld…

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s