kerk of nie?

Ek praat onlangs weer met iemand oor kerk toe of nie?  Die ou-ou storie, wat ek al sooo baie op huisbesoek gehoor het, duik toe weer op : “ek gaan nie kerk toe om daar tussen die ‘skynheiliges’ te sit nie.  Hulle dink hulle is sooo heilig, intussen leef hulle soos varke in die week“…..

Toegegee, daar was ‘n tyd wat dit inderdaad so erg was in die kerk; ‘n tyd toe ons inderdaad “sondag-christene” was en dit so gepredik het.  Gelukkig is ons darem nou al lank dáár verby!  Gelukkig het ons darem al meer by die punt gekom waar Christenskap nie ‘n “religion” is nie, maar ‘n “relationship“, waar die “genade vir mekaar” al meer na vore kom as die “veroordeel mekaar”, waar die belangrikheid van heel-dag-elke-dag christen-wees al meer verkondig word, ens. 

Die vraag het my egter weer laat dink waarom ék kerk toe gaan?  Want ek, en ek dink dit kom in van my vorige plasings uit, is een van daai wat glo dat kerk bywoning “jou nie in die hemel” bring nie, dat kerk bywoning nié noodsaaklik is vir christen-wees nie (weliswaar goed), wie dikwels begrip het vir iemand wat nie kerk wil bywoon nie (veral as die inhoud moralisties en sede-preke is), ens.  Ek onthou hoe ek al in debatte betrokke was oor of kerk-los noodwendig God-loos is.  Annes Nel het ook al ‘n boekie daaroor geskryf.  Ek het ookal amazing tye saam met God buite die kerk gehad; en eweneens al baie “dooie” tye in die kerk gehad.

Punt is: waarom gaan ek!  Wel, eerstens, ek het nie ‘n saak met die “skynheiliges”, sondaars, wit-gepleisterde grafte of wie jy ookal my mede-sondaars rondom my wil noem, nie.  Trouens, ek is waarskynlik die grootste sondaar, die skynheiligste van almal, want ek is maar al te bewus van my sondes en oortredinge…..en nogtans het ek NODIG om daar, aan die voete my my Vader te sit en vertroos te word; vergewe te word; gemeenskap met Hom te hê. 

Ek weet daar is ook nog die uiters belangrike faktor van “gemeenskap van die heiliges”, iets wat jy nie “alleen” kan hê nie.  Maar, en dis hier waar die verskillende geloofs-persoonlikhede  (vorige blog) inkom, vir my is die kerk nie juis die plek waar ek vreeslik “gemeenskap van gelowiges” ervaar nie, bloot omdat die kerk net te groot geword het.  Vir “gemeenskap van gelowiges” is huis-kerk / selgroepe / huis gemeentes baie beter geskik as gewoon “kerk”. 

Daarom is rede: gemeenskap met die Drie-enige God wie my vergewe het in Christus en wie my vertroos die grootste rede om kerk toe te gaan.  Kerk is dus vir my gees iets soos wat die bosveld (en veral rondom ‘n bosveld vuur in die aand) vir my siel is (en natuurlik kan ek volledig kerk in die bosveld ook hê).  Ek hét ook al die mees amazingste tye met God in die bos gehad, veral toe ek in die wildtuin gewerk het en bykans elke week Punda / Tshokwane / Mopanie / Letaba gedoen het. 

Terloops, ek skei nie God van die alledaagse nie en ek maak ook nie van die kerk die “huis van die Here” nie; asof Hy nie oral is nie.  Binne of buite die kerk, in die bos of by die see, selfs in my huis….. oral leef ek in die teenwoordigheid van God – Coram Deo! 

So, ander mense, sondaars en mense wat vir verkeerde redes kerk toe gaan, gaan my nie weghou van ‘n geleentheid om weg te breek uit die wêreld en “aan die voete van die Here” te sit nie.  En “besides“, wie wen as jy om hierdie rede (dis nou die skynheiliges) nie kerk toe gaan nie……, nee wag, wie verloor?  Net JY!.  Dis nou soos my pa altyd gesê het: “cut your nose to spite your face“.  Dis jy wat uitmis in gemeenskap met God, in ere-diens; in ‘n geleentheid om God te verheerlik, te dank, te loof vir ongelooflike GENADE!

Ek wil nog verder gaan oplees oor wat König in sy boek geskryf het oor die verskille tussen die Oosterse en Westerse perspektiewe oor geloof, want ek het ‘n vermoede dat iets van daardie verskille ook ‘n rol gaan speel in die rede vir kerkbywoning, die prediking styl ens.   Gaan lees gerus my vorige plasing hieroor….

‘n Paar skakels in hierdie blog:

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s