Ek was jonk, en ek het oud geword…

Ek is in die ouderdomsgroep wat al mik vir my 40ste reünie, en tog is daar nog baie “lewe” oor in my – of is daar?

Ek slaan een aand mos toe nou ‘n mini-depro en dié dat ek my lewe so in oënskou neem, kom die volgende paar “lesse” in my gedagtes op….

  • moenie ander veroordeel nie…” – die ouens wie jy al in jou lewe veroordeel het, wie jy al gedink het “dit sal my nie oorkom nie“, of “ek het darem ‘n beter opvoeding as dít gehad” (ai); moenie, want dit kan so maklik met jou gebeur; nie omdat jy ‘n swak mens of ‘n swak opvoeding gehad het nie, maar omdat die duiwel wragtag daarop uit is om mense se lewens te verwoes.  So, my les vir vandag is:  moenie ander veroordeel nie, nie Jimmy Swaggaert nie, nie Joost nie, nie Bill Clinton, Richard Nixon, Hansie, of wie ookal jy “despise” oor wat hulle gedoen het nie.  As jy nie ook al geval het nie, wees gewaarsku, dit kom sooooo maklik!  Wees net bly jy is nie so bekend soos hulle nie, want dan lees ons van jou in die koerant met al die sappige gemors daarmee saam.  “Damage control” in hulle gevalle is net soveel moeiliker!  So, bly maar nederig en hou jou kommentaar oor ander vir jouself – nee wag, moenie eers kommentaar in jou gedagtes ronddra nie, jy is dalk volgende!
  • wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie…” (1 Kor 10:12) – hierdie een pas baie goed aan by die vorige een.  Pasop, moenie dink “dit sal nie met my gebeur nie”.  Dis net daar waar jy jou “wapenrusting” laat val, om te konsentreer op ‘n ander swakheid, dat die duiwel toeslaan.  Wees en bly maar nederig….. ons is oral kwesbaar en kan enige tyd enige “stupid” ding doen; ja, sommige meer en makliker as ander, maar nogtans!
  • wat jy saai, sal jy maai” / “what comes around, goes around” (of is dit nou anders om🙂 ) – dit sluit nogal ook aan by die voriges… (wat laat jou dink die Bybel is so relevant soos jy kan kry!).  Soveel lelike dinge wat ek al vir ander gesê het, aan hulle gedoen het, het al teruggekom na my.  En interressant, meeste van dit was dekades later; want op die oomblik dink jy mos, “nou’t ek hierdie ou mooi sy fortuin vertel”.  En dan dekades later…….. kom dit terug na jou toe, soms op tye wanneer jy dit nie wou hê nie; soms deur mense van wie jy dit nie wou gehoor het nie.  So, wat het ek geleer: spreuk seën uit; as jy nie iets goeds kan sê nie, sê dan liewer niks; wees geduldig met ander, hul swakhede, frustrasies en irritasies…, daar kom ‘n tyd wat jy graag wil hê ander moet geduldig met jou swakhede en irritasies wees.

Ten slotte: As jy geval het, dit gebeur met almal van ons.  Onthou vir Dawid en gaan lees Ps 51.  Die moeilikste is waarskynlik om jouself te vergewe!  “Forgiveness is…..giving up the hope that the past could’ve been different” (Oprah). 

En loof die Here, want sy vergifnis is amazing!  Daar’s niks wat “te groot” is vir Sy vergifnis nie.  Soms leef ons met die konsekwensies saam, maar ons hoef nie met die skuld saam te leef nie.  As jy opreg bely, Hy vergewe ons van alle ongeregtigheid.  SDG

2 responses to “Ek was jonk, en ek het oud geword…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s