Jag 2010

… en toe gaan jag ons dié jaar; vir die eerste keer weer in baie jare (te veel).

Moet sê, nie meer baie bokke oor op die plaas oor nie, so ons soek, en soek, en stap, en soek, en sit, en ry, en soek.  So kry W darem sy eerste bok geskiet die do middag na ‘n lang stap – rooibok ooi (nodeloos om te sê, teen dié tempo het ons besluit om maar enigiets te skiet wat ons kry… om darem iets vir die pot te hê).

En weer stap ons, ry ons, sit ons, soek ons…..  Teen sat middag raak ons raadop en “desperate”.   Dis asof elkeen in sy binneste begin dink… as ek iets sien sal ek moet skiet.  Tyd vir aanlê, lekker rustig raak, en al daai belangrike dinge maak plek vir desperaatheid.

So sien ek toe saterdag (ons moet sondag roeg al weer terug), so teen 17h00 ‘n klompie wildebeeste.  Nou ja, met ‘n bakkie wat rammel, kinders wat skree en almal wat vashou om staande te bly met die stilhou, staan ek toe sommer so regop en lê aan; sommer so uit die skouer.  Trek die sneller en …. NIKS; want teen dié tyd het ons eenvoudig nie meer geglo ons gaan iets meer kry nie; geen geweer is gelaai nie.  So laai ek toe nog eers ‘n patroon in die loop…. lê weer aan uit die skouer.  Toe ek ‘n blad in die kruis sien, toe klap die skoot.  Dit mag dalk klink asof al hierdie ‘n leeftyd geneem het, maar met al die konsternasie en laaiery totdat die skoot geklap het was dit steeds in rekord tyd; want die bokke gaan hardloop!

Ek’t geweet dit was ‘n uitstekende skoot, maar ‘n blouwildebees is nie sommer enige bok nie; en so volg ons toe so 50 m die bloedspoor.  En jip, daar lê die bwbees; maar nog nie dood nie.  Ek stap nader om die dood skoot te gee, toe besluit die koei sy gaan eers nog vir oulaas ‘n storm of 2 in kry.  Intussen is daar 2 jack russeltjies wat blaf en storm.  Ek wil skiet maar die spoorsnyers skreeu nee, asb nie want ek gaan die 2 jack russeltjies dood skiet!  Ek wil skiet en hulle keer.  En so kom sy vir my!    ‘n Bietjie gemorsagtig na my sin, maar nou ja, gelukkig is ons veilig genoeg om nie wild en wakker te skiet nie, maar so laat dit die bwbees genoeg tyd om nog haar storm in te kry.  Ek val oor ‘n bossie terwyl ek rittireer.  My neef , wat nie die storie van naderby kon sien nie, dink wrintiewaar die bwbees het my gegaffel, en skreeu op my seun: “skiet hom, hy gaan jou pa dood maak”.  Gelukkig het hy gesien wat aangaan.

Toe ek opstaan, tot my sinne kom, en veral ook die honde tot hulle sinne kom,  is dit die einde van die bwbees – in die blad, presies waar ek gemik het.

So ry ons huis toe, darem 1 rooibok en 1 bwbees.  Maar vir die ander manne was dit maar ‘n leë naweek en sal die biltong moet oorstaan tot volgende jaar!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s