Afrikaner of Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner

My snippets op ‘n paar “news clips” wat ek die afgelope paar dae gelees het:

  1. Visagie, AWB sekretaris-generaal storm uit eTV se ateljee.
    of
    Skande Visagie.  Dis sulke uitbarstings wat my skaam maak dat ek ‘n Afrikaner is.  So jammer dat hy (en die AWB’s)  beskou word as verteenwoordigend vir Afrikaners – “so is die Afrkaners“.  Geen wonder daar heers nog steeds ‘n diep gewortelde wantroue teen Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners en versoening nie.  En ongelukkig is daar regtig nog baie gevalle in ons samelewing waar dit bevestig word.  Voor die AWB nie ‘n stille dood sterf (?)  nie, sal die meulsteen seker altyd om ons Afrikaanssprekendes se nek hang! Ek skaam my vir Visagie se uitbarsting, en miskien erger, vir sy kinderagtige dreigemente na die tyd.  Wie is hy dat enigiemand moet skrik vir “you will not interrupt me…” en “I’m not finished with you”…  Stap uit as jy vies is, maar om terug te keer en te kom dreig, bevestig eintlik wat daar “diep in sy hart” aangaan – “white supremacy”. Nog iets, verstaan die AWB nie dat die ooreenstemming van hul vlag en die Nazi swastika geen simpatie van die wêreld wen nie; inteendeel…Ek is nie meer ‘n Afrikaner nie, ek is ‘n afrikaanssprekende Suid-Afrikaner wat lief en trots is op ons demokratiese land vol verskeidenheid en “vibe”.
  2. Adriana Stuijt se “campaign” om mense nie na SA te laat kom nie
    Adriana is blykbaar ‘n afgetrede joernalis in Suid-Afrika, tans woonagtig in Dokkum, Nederland.  Sy maak dit haar afgetrede lewenstaak om videos op youtube te plaas oor Suid-Afrika (swak gehalte bygesê). Adriana, wat is jou motief agter jou oproep om mense af te raai om na die wêreldbeker te kom?  ‘n Bankkrot, mislukte Fifa 2010 wêreldbeker toernooi is NIE die oplossing vir Suid-Afrika se probleme nie! 
  3. Sweedse “Stop die Boer Genocide” optog.
    Hoewel die motief van die optog sekerlik aanprysenswaardig is, verstaan ek nie die europieërs se jakkalsdraaie nie.  Was Swede nie van die eerstes wat ekonomiese sanksies en optogte teen apartheid gehou het nie?  Waarvandaan nou die skielike vereenselwiging met die boere!  Alle Suid-Afrikaners is slagoffers en ly onder moorde/genocide en misdaad!  Weet ons hoeveel misdaad en moord plaasvind in die townships… of gee ons steeds nie regtig om nie?Hou julle optogte, maar dan vir bevryding van ALLE Suid-Afrikaners asb, vir die vryheid, regte en beweging van ALMAL, vir ‘n nuwe morele en sedelike fondament, beginnende by ons leiers. 
  4. Yolandi Kruger – ‘n Afrikaneraktivis
    Yolandi sê in ‘n onderhoud met PRAAG dat sy ‘n Facebook groep ter herinnering van Eugene Terre’blanche geskep het, wat nou so gegroei het dat dit “‘n spreukbuis vir Afrikaners” geword het.   Nou ja, ek het mos gesê ek wil nie meer ‘n Afrikaner wees as dit Afrikanerskap is nie, want met ET, AWB en die groep se standpunte kan ek my nie vereenselwig nie.  So gepraat van standpunte, dit het my gewalg om video clips en tipiese AWB uitsprake te hoor binne-in ‘n kerk; asof alles wat die AWB doen en waarvoor hulle staan deur God gesanksioneer word.  So eenvoudig is dit ongelukkig nie!  Terloops, waarom die oranje-blanje-blou oral op hierdie Afrikaner blaaie se profiele – so gee julle julle weg as apartheid-simpatiseerders, onversoendes t.o.v. die nuwe Suid-Afrika.  As die demokrasie dalk by julle verby gegaan het, ons nuwe vlag en volkslied is almal s’n en lyk so!

    SA Flag

    SA Vlag

    Nkosi Sikelele

  5. PRAAG (Pro Afrikaans Action Group)
    Dan Roodt is eweneens met ‘n missie besig om steun in Europa te werf vir die “redding / bevryding” van Afrikaners.  Sy retoriek klink vir my net te veel na die ou nasionalisme-retoriek.  “Saam kan ons Afrikaners bevry”.  Dan, ek is bevry, danksy die nuwe Suid-Afrika en demokrasie.  Apartheid het nie net swart Suid-Afrikaners benadeel nie; ook ons is gebind deur ‘n onmenslike ideologie en breinspoel van “ooms” wat ons agtergelaat het met die gemors. 

Nou ja, dit dan my koemente…

Groete

3 responses to “Afrikaner of Afrikaanssprekende Suid-Afrikaner

  1. Pingback: volkstaat « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s