Just Joost alweer

…en toe was dit al die tyd ou Joost.  Nie dat meeste van ons gedink het dit is NIE “Just Juist” gewees nie. 

Ironies genoeg het ek meer van ‘n probleem daarmee dat hy so hardnekkig volgehou het dit is NIE hy nie, as met die seskvideo self.  Flip man, erken dit was jy en stap aan!  Ons almal neem dom impulsiewe besluite op die ingewing (of swakheid) van die oomblik, maar om so ‘n tirade aan te gaan in jou ontkenning, is om dit net erger te maak!

Ek is die laaste ou wat hom kan veroordeel!  Ek het selwers al hopeloos te veel kere dom goed gedoen in die swaheid van die oomblik!  Al verskil is – ek is nie bekend nie!  Julle weet nie van my nie!   Persoonlik was my strategie – en ek moet my pa daarvoor bedank!!! – om om verskoning te vra, jou pak te vat, en aan te stap!  Leef die oortreding dood!

My pa het baie dinge oorgesien, maar het NOOIT ‘n geliegery oorgesien nie.  Hy’t altyd gesê: as ek jou nie meer kan vertrou nie, kan ek nie vir jou “veg” as dit eendag nodig is nie!  En soos dit moes wees, was dit eendag nodig toe ek valslik beskuldig is van iets!

So ou Juicy, dis jammer dat jy so hardnekkig ontken het – “deny, deny” – maar kry dit nou agter jou rug en maak reg!  Soos die Bybel sê: sondig nie meer.  En as ek my nie verbeel nie, het die voortvarende studente wat die storie gebreek het eendag gesê: ons wil hê almal moet sien die held doen dit greeeld!  As dit so is, stop daarmee!

Mag hy en veral sy vrou en kindertjies, geseën word deur die Here self!

One response to “Just Joost alweer

  1. Pingback: Snaakse soekterme « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s