Godsdiens in skole

Ek het aanvanklik gedink George Claassen se opmerking om skole hof toe te vat oor godsidens in skole, was maar ‘n storm in ‘n koppie.  Dit blyk nou dat dit ‘n groterige koppie is!

Ek en George hardloop nou nie eintlik in die selfde wedloop nie – hy glo God bestaan nie * – maar ek het self vrae oor godsdiens in die skole.  My probleem is nie die godsdiens in die skole nie, maar die inhoud van daardie godsdiens.  Ek het selfs al lankal ‘n probleem met die inhoud van die kategese wat by die kerke aangebied word.  As jeug ds moes ek al baie jongmense “oor leer” oor sekere geloofsake wat verkeerdelik in die kategese geleer is.  Ek wou daarom al die kategeseskool toemaak.

Ek meen ek het goeie gesag agter my om dit wel te doen!  Is ons dan nie ‘n verbondskerk nie.  En as ons is, is die oordrag van geloof (en dis nie net die dogma nie, maar OOK die lewenstyl) nie die verantwoordelikheid van verbondsouers nie?!? (Deut 6).   Dat hulle nie hul werk doen nie, maak dat dit nou in die skole gedoen word – maar watter inhoud; en teen watter prys?  Soos wat dit tans gedoen word, is vir my te gevaarlik naby aan ‘n godsdienstige sousie wat oor gewone, onetiese lewe gegooi word; en dan noem ons en ons kinders onsself godsdienstig!  Al wat baie vna hierdie inhoud oor die jare (beide skool en kategese) kon doen, is om sedelessies te wees wat uiteindelik net skuldgevoelens aanmoedig (OK, ek moet dalk ‘n hele blog aan hierdie stelling afstaan…).

Dit sou nie vir my die dood van Katryn wees het as godsdiens in die skool weggeneem sou word nie!  Weliswaar jammer vir ‘n geleentheid wat ons tog nog het om met ons kinders oor godsdiens te praat.  So, eintlik is ek teen George se missie, maar kan ek asb pleit vir Bybelgetroue inhoud vir ‘n geleentheid wat daar tans nog is!

Net ter wille van balans, daar is talle CV verenigings, jongmense en onderwysers wat wel goeie en Bybelgetroue inhoud het en verkondig!  Ek reken net dat daar ongelukkig te veel van die verkeerdes is.

* net vir interressantheid.  Ek verstaan George Claassen is ‘n ateis; oftewel, hy ontken die bestaan van God.  Prof Johan Heyns het ons altyd vertel dat ‘n ateis eintlik meer “besig met God” is omdat hulle heel tyd besig is om bewyse op te bou dat God nie bestaan nie!

One response to “Godsdiens in skole

  1. Ek stem nie met Prof Heyns se stelling saam nie – dis dalk waar van anti-teiste soos Claassen, maar ek nie dis glad nie waar van die meeste ateiste nie.
    Daar is al baie lankal iets soos ateiste – en dit was gewoonlik mense wat hul eie gang gegaan het, en die meeste ateiste is nog steeds so. Maar aggressiewe anti-teiste soos Claassen en Christopher Hitchens is ‘n baie nuwer verkynsel. DIt krap my om dat hulle blykbaar slaag daarin om die naam ateis toe te eien.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s