wit mense in sa

Daar’s een ding wat my al meer pla, en dis die negatiwiteit van wit (moet ons nog sulke terme gebruik?) Suid-Afrikaners.  By my werk, in die koerante, om die braaivleis-vuur, op FB; oral waar ons aan die woord kom, kan die “wittes” nie ophou praat oor die vreeslike agteruitgang in SA nie.

En in ‘n groot mate blameer ek die afrikaanse koerante vir die “instandhouding” van die negatiewe gees onder “wittes”.  Ek koop die afgelope jaar of so nie meer afrikaanse koerante nie.  Daars ‘n merkbare verskil tussen die afrikaanse koerante se “gees” en die van engelse koerante.  Ja, die engelse koerante kla ook, maar anders! 

Ek was so paar jaar gelede in ‘n debat betrokke met die redakteur van die Beeld oor die sensasie-gedrewe beriggewing en plasing van nuus.  En altyd kom die koerante weg met “dis ons plig om die volk in te lig” en “dis ons konstitusionele reg“.  Ja, dit is seker so, maar die gesindheid en manier hoe daaroor berig word, is die verskil.  Na my mening is dit juis hierdie verskil wat die negatiewe gees in stand hou want, soos ek sê, ek het intussen agtergekom die engelse koerante berig ook hieroor.

Hierdie negatiewe gees van wittes pop elke keer uit, soos:

  • toe baie van ons vir Semenya ondersteun en ewe vies is vir die wêreld oor die hantering van haar, was daar verbasend genoeg, talle wittes wat saam met die wêreld staan of liewer, nie bankvas agter Semenya verenig nie.  Trouens, ek was seker die hoof van ASA (Chuene) was “dronk” oor die aanmerking dat wittes uit SA haar geslag in twyfel getrek het, maar nadat ek ‘n paar “wittes” se kommentaar gelees het op blogs en in briewekolomme, is ek nie seker dat Chuene se opmerking onmoontlik is nie!  Tragies!
  • toe Huntley asiel in Kanada gekry het – terloops, hoe oningelig moet ‘n land nie wees as hulle sulke snert kon glo nie; dat Huntley van die laaste wittes is wat nog leef in SA – was daar ‘n blogger wat die “verhaal” eintlik baie mooi beskryf het.  In plaas daarvan dat ons wittes weer bankvas agter die SA regering staan, lees ek talle koements op die blog wat indirek Huntley ondersteun!  Wat-de-flip?  Hoe op dees aarde kan jy Huntley ondersteun – hy werp so ‘n refleksie op ons land en ons land se beeld na buite dat dit vir my grens aan hoogverraad – ok, dalk nie so erg nie, maar sy “storie” is absoluut crazy!  Wat hartseer is, is dat wittes in SA hom ondersteun.  En intussen het dit duidelik geword dat Huntley self nie ‘n engeltjie is nie; nie so ‘n voorbeeldige landsburger is dat ons oor ons voete sal val om hom terug te verwelkom nie; inteendeel – is daar nie dalk ‘n ander land wat hom wil hê nie?
     – sy vervreemde vrou
     – “Canada shocked to learn huntley wasn’t last white…” ?!? 
    Ferdie Greyling vra dat ons ophou om Huntley te probeer bykom.  Ferdi wys op ‘n paar “waarhede” uit Huntley se “storie” aan die Kanadese.  Ja, daar is nog misdaad en roof en al daai goed, maar wragties, ek is oortuig daarvan dis nie gemik teen wit mense as sulks nie.  Dis misdaad!  Dis ‘n oorlog tussen “have’s and have-not’s”.  Dis ‘n oorlog om voortbestaan waar daar ongekende verdeling is tussen rykdom en armoede – 18 milj onder die broodlyn!, terwyl ander regtig miljoene verdien; waar daar hopeloos te veel werkloosheid is.  En kom nou julle, wees ‘n bietjie eerlik, “wittes” leef nog steeds “a good life“.  Daar’s nog steeds baie meer swartes in daai 18 milj as wittes!  Nee wat Ferdi, al is sekere aannames van Huntley waar, is dit nie naastenby genoeg vir my om hom “uit te los” nie!
    ‘n Paar Huntley-ondersteuners:
     – Conrad
     – Tallie (terloops, ek’s so bly jy’s al 7 jaar weg uit SA uit; ek hoop jy kom eers terug nadat jy ‘n meer positiewe gees ontwikkel het).  Miskien moet ek nie dit sê nie.
     – Afriforum
  • Nico Smith skryf ‘n artikel in die week se Beeld; ‘n baie goeie artikel wat my gevoel onderstreep – “adapt or die”.  “En “adapt” sal in die eerste plek vereis dat die klaagliedere oor die swart regering, asook oor swart mense in die algemeen sal moet ophou.  Ons het geen keuse nie as om lojale Suid-Afrikaners te word…”  Wel, miskien oordryf Nico Smith so effens, maar die punt wat hy maak is inderdaad: maak ‘n bietjie vrede met die regering en swart mense.  Ja, alles is nie reg nie, maar alles is ook nie verkeerd nie!  Ek wil byvoorbeeld, nie ‘n dag weer ou-SA he nie!  Ek dink byv. die krediet wet is van die bestes in SA en het gemaak dat ons die “credit crunch” makliker as van die ander “groot” lande gevat het.  Ek dink dis wonderlik dat swart kinders toegang het tot beter opvoeding ens, ens, ens.  Ons land en sy natuur, verskeidenheid, “vibe” is sekerlik van die bestes in die wêreld.  Daar’s baie meer positiewe goed wat ons wel kan opnoem, maar die wittes (onder invloed van koerante), hou aan sleg sê en kritiseer.  Felle en talle kritiek teen Nico Smith (Nico Smith jy’s ‘n lafaard) se artikel onderstreep hierdie negatiewe gees.
  • o ja nog iets; 14 jr later en wittes kan nog steeds nie die volkslied sing nie, veral nie as ons oorsee sing waar die expats woon nie.  Is dit so moeilik om ons nuwe volkslied te “embrace“.  Dis immers ‘n gebed!  Dat baie dit aan kommunisme koppel is nie oor die musiek of woorde nie, maar oor die verdraaide propoganda van die Nasionale Party regering.  Terloops, waar kry die flippen ausies en nzies die mense wat ons volksliedere sing?  As dit nie vals is nie, is dit ‘n onverstaanbare uitspraak en melodie (raai wat doen ek nou?🙂 ).

So, voor ons nie vrede maak met swartmense en die regering nie; ondersteun waar daar ondersteun kan en moet word nie; weer patrioties veg vir die beeld van SA nie; ens. – voor ons nie gaan verander nie, gaan hierdie swart-wit, ons-julle verdeling bly; en gaan swartes aanhou om eers mekaar te ondersteun (laer trek) as om objektiwiteit en rasionaliteit te laat seëvier.  ‘n Goeie voorbeeld is die Johan Kriegler-storie van die afgelope twee weke.  Ek is seker daar’s talle swart mense wat voel soos hy voel, maar hulle is dood stil; trouens hulle trek eerder laer om regter Hlophe omdat dit nog wit vs swart is i.p.v. om Kriegler te ondersteun in die behoud van die objektiwiteit van die regbank.  Dis nog steeds waar: Eenheid maakt mag!  Solank ons net besef dat eenheid bestaan uit ALLE SA-ners.

Ek bid vir ‘n verenigde SA; vir nuwe harte in beide swart en wit mense; vir ‘n gees van optimsime; vir die oorwinning van negatiwiteit.  ‘n Gees van negatiwteit het geen voordele nie en kom sekerlik nie van die Here nie!  Bloggers, kom bid saam met my hiervoor!

(*edit)  Ek sien Tim du Plessis het soortgelyke sentimente oor die “ons-hulle” verdeling.

4 responses to “wit mense in sa

  1. Ek stem heeltemal saam dat ons te negatief is maar die situasies wat ons beleef is nie die gevolg van wit of swart nie maar eerder of ons binne of buite Gos se wil leef.(sien onderstaande verse maar lees ook die hele Deut 28) Die gevolge daarvan kan duidelik gesien word waar die mense in beheer nie binne God se wil is nie(Escom, SABC, SAA, munisipaliteite, ens)Die tyd het gekom dat ons almal, wit en swart, ons tot God sal bekeer sodat Hy ons land kan genees(2Kron 7:14)
    Deu 28:1 As jy dan goed luister na die stem van die HERE jou God om sorgvuldig te hou al sy gebooie wat ek jou vandag beveel, dan sal die HERE jou God jou die hoogste stel bo al die nasies van die aarde.
    Deu 28:2 En al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou inhaal as jy luister na die stem van die HERE jou God.
    Deu 28:15 Maar as jy nie luister na die stem van die HERE jou God, om sorgvuldig te hou al sy gebooie en sy insettinge wat ek jou vandag beveel nie, dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal.

    Like

  2. Jy kan my noem wat jy wil. Samesein is hier nie, want swartes(en baie blankes) kan nie verby die apartheid(14jaar later!) sien nie. Elke klein dingetjie is rasisme. Blankes wat hulle eie volkslied wil sing en hul kinders in hul eie taal laat onderrig is rasisties. Hulle het regte en wat van my ? Het ek nie regte nie?

    Like

  3. Pingback: volkstaat « ekke dink

  4. lol, ek het hierdie lanklaas geskryf maar ek kan in my lewe nie dink dat ek ooit sou sê of ooit sal sê dat “die hele SA tot bekering gaan kom” nie. almal in die kerk is nog nie eers “tot bekering” nie. hoekom sou ek dit sê. net soos ons die armes en weduwees altyd met ons sal hê, sal ons die onbekeerdes ook altyd met ons hê; soos …… (nee wag…)

    gepraat van die lengte van dink, as dit is wat jy hier afgelei het, dink jy nie veel verder nie….. 🙂 .

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s