internet petisies o wee

Ek kry alweer ‘n email in die pos die ander dag.  Ek is al so sensitief vir die goed; as ek net sien “add your name at the bottom“, of stuur aan nog 10 ander, lees ek nie eens verder nie en kliek lustig op die X knoppie.

Maar dié een – join this FB group – kry ek toe van ‘n “reputable source”… en lees verder.

PLEASE HELP US TO REMOVE THIS GROUP FROM THE POPULAR WEBSITE FACEBOOK!!!!!!!JUST ADD YOUR NAME TO THE LIST AND FORWARD, IT ONLY TAKES A FEW MINUTES OF YOUR TIME!!!!!!  

Facebook Groep

Facebook Groep

This mail serves as a petition to protest the group “Fuck Jesus Christ” which appears on the popular website Facebook.
Though the group, claims to be for the freedom of speech – it is offensive to Christians around the world.
No longer will we stand and watch Jesus Christ being abused by people who think it is ok to hide behind ‘freedom of speech’.
When a picture of the Prophet Muhammed appeared in a Danish newspaper, the Muslim community united and ensured action was taken. 
By adding your name to the bottom of this petition, you are calling on the Pope, our leader, to be the voice for all Christians and speak out against this blatant abuse of our Lord and Saviour Jesus Christ. We want Facebook to remove this group and others like it with immediate effect. It is not acceptable!
Please add your name to the list at the bottom and if you are the 100th person, please forward the mail onto the Pope his e-mail address is <mailto:benedettoxvi@vatican.va> benedettoxvi@vatican.va

Kom ons kry net die feite reg – ek dink dis walglik dat daar so ‘n groep bestaan en ‘n bespotting maak van my Verlosser!  Ek het egter ‘n klompie vrae oor die internet petisies en hul waarde:

  1. Is die pous noodwendig “our leader” en die regte persoon?
  2. Is ons so ekstreem soos die moslems met wie hier vergelyk word?  Moet ons so ekstreem wees?
  3. Bepaal my “ekstremiteit” in optrede teen sulke goed noodwendig my liefde en respek vir Jesus?
  4. Moet ons soveel “air time” aan die duiwel en sy werke gee?  Paulus sê ons moet nie eers oor die goed praat nie.  Gee ons nie hopeloos te veel erkenning aan die duiwel en die bose nie?
  5. Is sulke petisies enigsens iets werd?  Is daar regtig iemand wat die goed konsolideer en forward na die regte adres?  Hoeveel “nr 324’s” is daar as die lys ge-cc word aan 100 mense in my adresboek?
  6. Daar is nie net 1 so ‘n groep nie, maar 3 met onderskeidelik 285 lede, 2881 lede en 95 lede (en nog ‘n paar ander soortgelykes ook).  Daar is alreeds ‘n FB-groep wat vra vir die verwydering van hierdie groep(e) en het alreeds 158,022 lede.  My logika sê dat Jesus alreeds eeue gelede gewen het, en dat “sy soldate op FB” nog steeds wen.
  7. En wat van godsdiens vryheid.  Ek hou dalk nie van hulle godsdiensoortuigings nie, maar hulle is welkom.  Ons IS nog nie in die hemel nie en daar sal (en mag) sulke groepe en mense wees (en daar was nog altyd).  Die internet het dit net moontlik gemaak om hulle tot op ons “desktops” te bring.
  8. Ons werk is nie om hulle van die aardbol te verwyder nie, maar om hulle bekend te stel aan die enigste en ware God.  Ek lees nêrens in die Bybel dat daar aanvalle geloods is teen die “vyande van die kruis” nie; eerder liefde en begrip en gebed vir “ons vyande”.  Daar waar daar wel, onder vaandel van Christendom, aanvalle geloods is, en oorloë gemaak is, het die kerk geweldig skade gely (as ek nou my kerkgeskiedenis reg onthou).

Persoonlik dink ek, hierdie petisies (en kettingbriewe val in dieselfde klas), is net bedoel om ons internet hoofweë te clutter; dit terwyl ons nog van die min lande is waar bandwydte nog ongemaklik duur en skaars is!  En wat godsdiens betref, dink ek daar’s ander maniere om die oorlog te voer, soos die wapenrusting van God.

As jy dus baie sterk voel oor beswaar maak – gaan “join” die FB-groep en word nr 158,023.  Wag-‘n-bietjie!  Tussen gistermiddag en vanoggend, het die groep al gegroei met 1,581 na 159,604, daar’s nog een, 159,605; terwyl die groepe nog steeds 95 is, die ander 288 en 2904 (gegroei met 26).  Maar hou ons internetweë so skoon as moontlik!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s