Kruis-evangelie of Opstandings-evangelie

Ek is besig om Adrio Konig se boek te lees” Die Evangelie is op die spel”.  Geniet dit inderdaad.

Wat my veral raak is sy bespreking van die verskil tussen Kruis-evangelie en Opstandings-evangelie; oftewel, die verskil tussen die Westerse kerk se “hoofmoment” van Jesus se lewe vs die Oosterse kerk se “hoofmoment” van Jesus se lewe.

Volgens Konig, het die Oosterse kerk nog altyd, soos die Nuwe Testamentiese skrywers, meer gefokus op die opstanding as Jesus se oorwinning oor die doderyk, terwyl in die Westerse kerk die kruis as antwoord op die sonde voorop gestaan het.

Ek is ‘n “kind van die Westerse kerk”, maar het in die laaste paar jaar ook almeer opstandings-georienteërd geraak.   Hoe meer ek oor die genade gelees en gedink het, hoe meer het ek frustreerd geraak met ons oorbeklemtoning van die sonde en die kruis.  Weliswaar het Jesus aan die kruis vir ons sonde gesterf waarsonder ons inderdaad in die moeilikheid is; maar dit was tog verseker nie die laaste woord nie.  Intussen het Jesus nie net vir die sonde kom betaal nie, hy’t ook die doderyk kom oorwin.  Onthou, die dood is die finale wapen wat die duiwel het om ons gemeenskap met God te ontneem.  As daar ‘n “antwoord” vir die sonde is (Jesus se kruis dood), “kort ons nog ‘n antwoord” op die laaste angel – die dood!  En dis waar die opstanding in kom!

Ek wonder dikwels of die oorbeklemtoning van die sonde en kruis-evangelie nie die rede is vir die wettisisme en moralisme wat so welig in ons kerk groei nie?  In teenstelling met ‘n sonde-beklemtoning, bring ‘n opstandings-evangelie balans deur te wys op die genade en verlossing wat die kruis gebring het.  ‘n Opstandings-georienteerdheid wys na die geweldige oorwinning wat Jesus vir ons bewerk het deur op te staan uit die dood en daarmee die angel van die dood finaal getrek het.

Soos Konig sê; in die OT was die “probleem” nie die sonde nie want daar was ‘n antwoord op die sonde – ‘n uitgebreide offerdiens; maar die doderyk en die finaliteit van die dood.  Die dood het ‘n geweldige verskrikking ingehou vir die OT-mens (Job 10:20-22; Jes 5:14; Ps 88:11-13).  Maar die opstanding!  Die opstanding bring oorwinning; lewe; hoop!

One response to “Kruis-evangelie of Opstandings-evangelie

  1. Pingback: kerk of nie? « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s