Semenya

aggenee,  ek kan my oë nie glo nie.  Ek lees vanoggend op Jacaranda FM se web site die kommentaar van SA Atletiek se hoof.

*Athletics SA president Leonard Chuene has blamed racist South Africans for the Caster Semenya gender fiasco. He refused to accept any blame by his federation, saying racist South Africans wrote letters to the IAAF which, he believes, triggered the probe into the 18-year old gold medalist’s gender”.

wragtag, as ons mede suid-afrikaners sulke SNERT kan kwytraak (eintlik behoort ek ‘n baie sterker woord te gebruik!), dan sal sulke goeters bly op-pop in ons samelewing.  Ek het nog nie ‘n SA-ner gehoor wat die wêreld ondersteun in hierdie saak nie.  Ons is maar te bly dat daar 1 medalje aan ‘n SA-ner gaan, na die swak prestasies van ons atlete oor die afgelope paar jaar.  Hoekom sal ‘n SA-ner ‘n brief aan IAAF skryf – ag please, loutere snert.  Ek kan maar net hoop hy was dronk toe hy die opmerking gemaak het.

Wat egter hartseer is, is dat hy (en waarskynlik miljoene saam met hom) dit wragtag sal glo.  En aan die ander kant, as daar ‘n tikkie waarheid daarin steek, dan behoort daai SA-ner sy/haar burgerskap opgee en boggerof!  Jammer, hierdie is my land en alle SA-ners is my mense.  Ek’s ook ‘n African.  Ek is lojaal en patrioties, maak nie saak wie aan bewind is nie.

3 responses to “Semenya

  1. En gister basuin al wat ‘n Sondagkoerant is die teendeel uit…
    Ons behoort ons koppe in skaamte te laat sak. Hoeveel keer moet daai arme mens nog deur sulke vernedering gaan?

    Like

  2. Pingback: wit mense in sa « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s