Jammer Pieter de Villiers!

OK, in my vorige blog het ek gepleit vir Pieter de Villiers se afdanking na die swak vertoning teen die Leeus.

Dis 3 TriNations wedstryde later en al wat ek kan sê is: “Jammer Pieter de Villiers.  Ek was verkeerd.  Jy’t jouself  en jou vermoëns bewys.  Weliswaar het jy ook ‘n uiters talentvolle span, maar die spelers moet ook nog hul kant bring – iets wat jy regkry om uit hulle te kry.  Great Stuff“.

Oor die hardloop vs skop.  SA-ners kan ook nie hulle mind op maak nie.  As ons verloor, kerm almal.  As ons wen, opskuif na die beste span ter wereld, kerm almal omdat dit skynbaar nie mooi is nie.  Vir my is enige game mooi WAT GEWEN WORD! 

Waaroor liewer gekerm kan word, is die swak besluitnemingsvermoë van spelers om ‘n rol skoppie 5 m van die doellyn te gee as jy teen 12 spelers  speel.  Hardloop met die bal, daar’s eenvoudig nie genoeg spelers om jou te keer nie! (Bulle vs Luiperds, 21/08).  Dis nou iets oom oor te kerm.

Luiperds! 2 rooi kaarte en 2 geel kaarte is nie aan nie!  Of is die jaloesie teen die Bulle nou so erg dat spanne enigiets sal doen om hulle te wen (Griekwas spog ook met ‘n pak bicycle kaarte teen die bulle laas week).

2 responses to “Jammer Pieter de Villiers!

  1. Nou is dit my beurt om jammer te sê ;-)!

    Maar ek stem saam oor ons wat nie ons minds kan opmaak nie. Kyk maar na die beriggewing in die koerante – subjektief is ‘n mooi woord. As dit crap gaan, is dit die afrigter en die senior spelers en wie weet wat alles wat fout is. Maar as dit goed gaan, is elke speler die beste speler op die planeet en is ons afrigter met ‘n goue wa uit die godendom neergelaat.

    Ek kon ongelukkig nie Vrydagaand se game kyk nie omdat ek by ‘n funksie was, maar ek stem saam dat hierdie allemintige aantal kaarte wat die efgelope ruk uitgedeel word, vir ons iets behoort te sê – veral vir die Luiperds! Sewe kaarte in 5 wedstryde?? Gawsh. Kom nou, manne – julle is nie Daspoort se 0/19 Polisiespan nie. Hierdie is die big league en hier behoort ons dit ordentlik te doen.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s