Dank hom af !!!

Ek is ‘n voorstander van “benefit of the doubt.”  Met Pieter de Villiers se aanstelling het ek gemeen; dis nou nie die beste man van die 2 vir die job nie, maar kom ons gee hom ‘n kans.

Die leeu-toer was in my opinie sy kans – “and he blew it big time“.  Man vir man is ons huidige groep rugbyspelers (selfs verder as die 22 gekose spelers),  in my opinie stukke beter as die leeu groep spelers.  En waar daar trots en poassie is, hoef geen Springbok ooit agter in die ry te staan nie.  Ons kon dus hierdie leeu-groep nie net vir die eerste keer 3-zip gewen het nie, maar ook rêkordtellings opgestapel het.  Wat my bring by die punt:

Pieter de Villiers het homself nou bewys as NIE ‘N GOEIE AFRIGTER NIE.  En as SA Rugby wil hê ons moet die wêreldbeker suksesvol verdedig, moet hulle so gou as moontlik van hom ontslae raak.

Ons behoort ook die Drie-nasies te wen om dieselfde redes as hierbo.  Op die oomblik sukkel die All Blacks om rigting te kry, en sonder baie ster spelers.  Die Wallabies is beter, maar reken ek ons is ook op die oomblik stukke beter as hulle.

Maar ek’s bevrees, ons gaan eers ons naam weer gatte maak by die volgende wêreldbeker voordat SA Rugby gaan wakker skrik (of iemand moet agter die skerms PdV gaan help)!  “But then again“, hy’s so hardkoppig hy sal na niks en niemand luister nie.

3 responses to “Dank hom af !!!

  1. Hoekom sê jy so? Ek verstaan nie jou tirade teen ou Piet helium nie. Die man is erg vermaaklik en die Bokke speel kookwater rugby.

    Like

  2. Ja, ek stem saam met Tiaan. Die laaste wedstryd van die Leeu toer was dalk ‘n bietjie van ‘n teleurstelling, maar kyk hoe kook ons in die drie nasies! Nee wat, ek was ook aan die begin heavy verlee oor Helium, maar hel die ouens speel wit warm rugby. Kom ons hou duimvas die wegwedstryde is net so aan die brand!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s