Vuvuzelas en die non-Afrikane

Ek lees vandag in die koerant  dat die, kom ons noem hulle almal sommer die non-Afrikane, woes geirriteerd is/raak met die vuvuzelas (Kunz).  Een joernalis vra sommer vir Sepp Blater om dit te verban!  Ander meen dis om soos teen ‘n 12de span te speel.

Nou, ek is nie die grootste sokker kenner/fan nie, maar ek leer myself om daarna te begin kyk want ek meen – as ek van my mede-landsgenote verwag om rugby te kyk (en uiteindelik die Springbok te begin love, die kwotas te drop ens), dan kan ek seker ook hulle ondersteun.

Maar wag, ek dwaal van die punt – vir al die non-Afrikane wil ek sê, “kry vir julle – jammer om van julle moeilikheid te hoor“!  Dis Afrika hierdie.  En as jy hier kom speel, dan maak jy soos ons maak, en jy vat wat ons is en doen.  En sommer so tussen hakkies, as dit voel asof jy teen ‘n 12de man speel, wonderlik, dan is dit mos die tuisveld-voordeel!  Tien punte vir Sepp Blater wat die joernalis(te) geantwoord het:  Afrika gaan oor ritme en musiek, en dis hul kultuur.  Verbeel jou; verban kultuur.

Nee wat, mag die vuvuzelas die witrook uit julle non-Afrikane irriteer!, want ons het regtig nie die wêreld nodig om vir ons te kom voorskryf hoe ons ons sokker (en ander sport) moet geniet nie.

To my co-countrymen – blow those vuvuzelas and enjoy the soccer.  Lets make this and the coming 2010 soccer a huge success; and may the non-Africans get off from their patronising chairs and accept the own identity of South Africa and Africa!

To the vuvuzela haters

One response to “Vuvuzelas en die non-Afrikane

  1. Daai goete maak die grootste blerrie geraas…. Kanibale se kultuur was om mense te eet… was dit reg gewees? Afrika skuil agter sy barbaarse kultuur.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s