Rugbyspan faal! Spelers of Afrigter?

Ek lees in die rapport (31/05) ‘n briefskrywer wat verwys na Eugene Eloff se afdanking en maak die punt dat die spelers bitter min die skuld kry vir swak vertonings; dat die eerste om ge”faks” te word (met apologie aan Louis Luyt :)), die afrigter is.

Die briefskrywer verwys ook na Rassie wat die Cheetahs na Curriebeker geneem het, en daarna ‘n WP/Stormers span vol sterre nie eers rugby kon laat speel het nie.  En Frans Ludeke wat ook ge”faks” is by die Leeus, ‘n paar jaar later in sy tweede seisoen, die Blou Bulle tot waarskynlik die beste vertoning van ‘n jaar geneem het.

Ek het ook nog altyd gedink – wat van die spelers?  Watter dinamika is daar tussen die spelers en afrigter wat dit op 1 plek laat werk, en nie op ‘n ander plek nie?  Maar beslis moet die spelers ook “gestraf” word.  Wat van “Performance Agreements“.  Iets soos:

  • strafskop afstaan – -R2,000
  • geel kaart – – R5,000
  • rooi kaart – -R7,500
  • skorsing – -R10,000
  • verloor – -R5,000 per speler
  • wen – +R5,000 per speler

of so iets!

Maar terwyl ek nog aan die woord is:  wat ‘n ongelooflike vertoning het die Bulle nie die jaar (2009) gelewer nie?  En wat ‘n finaal – ek dink dit kan maklik af gaan in geskiedenis as die beste vertoning van ‘n span ooit.  Die Crusaders sal waarskynlik nog lank staan as die beste of mees suksesvolste Super 12/14 span, maar dié finaal was amazing!

En as jy nie ‘n Bulls-fan is nie; dink dan aan SA rugby wat hierdie naweek gewys het – ons is ‘n wêreldkrag.  Dink hoeveel manne is springbokgehalte spelers maar wat eenvouding nie plek gaan kry nie omdat daar net 22 plekke beskikbaar is.  Wanneer laas het ons soveel talent gehad! 

Ek sien uit na die Leeu-toer; maar veral na die volgende Wêreldbeker!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s