Prokureurs vs Bankiers

Daar word altyd met die prokureurs gespot as ‘n beroep wat, soos die kameel en die naald t.o.v die hemel is🙂.  Maar ek het nou besluit dié posisie behoort aan BANKIERS te gaan.  As ek my nou nie misgis nie, het Tito Mboweni nou al reeds 2 maal die repo koers verlaag terwyl die banke NIE saam gespeel het nie – natuurlik nie, omdat hulle nie hul inkomstevlakke wil laat verlaag nie.  M.a.w., hule is die enigste sektor wat in die huidige “credit crunch” geen crunch voel/het nie!   Elke bank kyk of die ander gaan verlaag; en as niemand beweeg nie, dan verlaag niemand nie.  Of, hulle bel mekaar onderlangs en sê “ons gaan nie verlaag nie, as julle ook nie”.  Dis niks anders as ‘n kartel nie; ‘n poloponie!

Mooi vir Tito wat die banke gister (hopelik) bietjie vasgevat het.  Dis tyd dat hulle die voordeel deurgee aan ons.  En dan vat hulle nog huise en karre by mense weg wat dit DALK kon gemaak het as die rentekoerse verlaag is!

Ek hoop ek is verkeerd.  Is hier enige bankiers hier?

One response to “Prokureurs vs Bankiers

  1. Alhoewel dit my warm onder die kraag laat omdat my bank nie die rentekoers wil verlaag nie, het ek tog ‘n mate van simpatie met die bankiers.
    Die aandeelhouers skreeu vir hoër winste en die kliente vir laer rentekoerse. Die bankier kan net een van die twee groepe gelukkig hou, en ongelukkig sal meeste mense die een kies wat sy salaris betaal. Jammer vir jou mnr. die verbruiker!

    Terwyl jy dan nou praat van sulke uitgelese beroepe soos bankiers en regsgeleerdes, moenie bouers agterlaat nie. Hulle is self meesters in die kuns van boereverneukery

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s