Regstellende Aksie

Ek het die verduideliking agter regstellende aksie verstaan, en ek kon daarmee saam leef die afgelope 14 jr.  Sommige situasies meer bizarre toegepas as ander, maar nogtans verstaanbaar. 

Maar ek raak almeer geirriteerd met RA omdat ek eerlikwaar dink…

  • die punt is bereik waar daar nou nie meer onreg is t.o.v. geleenthede nie.  Selfs die jongmense wat vandag die arbeidsmark betree, het 100% toegang gehad tot alle fasiliteite wat beskikbaar was vir alle mense.  Die speelveld is gelyk!
  • tweedens voel dit vir my dat die wat nog nie deur RA gehelp is nie, nooit daardeur gehelp sal word nie omdat hulle nie in die “scope” is van die regering se beleid nie.  Dink nou maar aan die miljoene in die townships wat steeds arm is en steeds nie toegang het tot die werksgeleenthede wat deur RA “gehou” word nie
  • derdens voel dit vir my dat die wat nou nog voordeel trek, dit allermins meer nodig het – dis diegene wat voordeel trek nadat hulle alreeds miljoeners geword het deur RA.  Hoe ryk wil hulle nou word?  Wat het geword van ubuntu?  Dink die super ryk swart execs vir ‘n oomblik aan die miljoene in die townships wat nog honger en in armoede leef?  Ek dink nie so nie, trouens hulle buit hulle uit.  Ek vind dikwels dat witmense meer betaal vir hulle huiswerkers as swartmense; en dan verwag hulle ook nog die onmoontlike van hulle.

Ek lees vanoggend hierdie aanhaling van ‘n “Afro-American1:

While I agree that AA was a much needed vehicle to bridge us away from Jim Crow, I agree with Whitney Young (founder of the National Urban League) that it should not be adopted as a eternal crutch in a society that has drastically changed since those days. …

I also fee that AA in a way plays on White guilt– convincing us that Blacks are incapable of doing anything for themselves unless Whites intervene. I view this as an insult because our history is filled with examples where Blacks excelled in industry, education and community building without such programs. We are a strong and capable people. We just have to convince ourselves of that fact.

Verder se oud pres FW de Klerk in die Beeld vanoggend:

Regstelaksie is nie in pas met die Grondwet nie; dit maak ook net voorsiening daarvoor dat demografiese verteenwoordiging op twee plekke toegepas moet word, naamlik die staatsdiens en die regbank. Nou word dit deurgetrek na die burgerlike, sake- en kultuurwêreld.”

… en verder

“Dit moet aangepas word om regstelaksie nie so rassisties te maak nie en ten einde te verseker dit word ongeag ras of kleur toegepas. Jy kan dit mos nie toepas op iemand wat reeds bevoorreg is, maar slegs op grond van sy ras kwalifiseer nie?”

Ek dink die tyd van RA is verby en dat dit wel die doelwitte bereik het wat dit beoog het.  Ek dink nie regstellende aksie is iets wat vir altyd behoort te geld nie.  Kom-aan JZee, “put your money where your mouth is” en skaf dit af!

——————————————

Sommer net ‘n kant aantekening: wat is dit tog met die Amerikaners met hulle “Afro-Americans“?  Het jy al ooit gehoor dat wit Amerikaners na hulself verwys as Franco-Americans, of Dutchie-Americans, wat van Greco-Americans, of Gallic-Americans, Russian-Americans?  Hulle is gewoon Amerikaners wat swart is – PUNT!

One response to “Regstellende Aksie

  1. Ek het verstaan dat die mense van die struggle ‘n nie-rassige samelewing wou gehad het. Daarom het ek ook Ja gestem in die referendum, in 1983 dink ek. Hoekom dit toe so lank gevat het tot in 1993 weet ek nie. Tog lyk dit ook dit was nie lank genoeg om gelyke regte vir almal te verskans nie.

    Ek is nie besonder beïndruk met die storie rondom Diederik in 7de Laan nie. Ja, in die storie is hy verkeerd, maar mense kan dalk vergeet dis net dit – ‘n storie – en dan veralgemeen en reken alle blankes handhaaf so ‘n houding.

    Daardie Afro-Americans van jou, het party van hulle nie darem Afro-haarstyle nie?🙂

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s