kan jy God te hoog ag?

Ek lees vanogged ‘n aanhaling van Helmut Thielicke:

Tell me how lofty God is for you, and I’ll tell you how little he means to you.  That could be a theological axion.  The lofty God has been lofted right out of my private life … If  God  has no significance for the tiny mosaic pieces of my little life, and for the things that concern me, then doesn’t concern me at all.

Ek ken sulke mense vir wie God so hoog en verhewe is, dat Hy niks vir hulle praktiese, of soos Thielicke sê, vir die klein mosaiek van hulle lewe beteken nie.  Hulle sê gewoonlik dat God Hom nie bemoei met sulke nietighede soos die moeilike besluite van hul lewe nie.  Dis nie asof God nie wil nie!  Eintlik rangeer hulle God self uit hulle lewe deurdat hulle Hom so hoog verhewe plaas. 

Die aksioom wat Thielicke van praat is dat Hy inderdaad so hoog verhewe is; maar ook so graag in die detail van my lewe belangstel!  Wat diegene wat God so uit rangeer eintlik verklap, is dat hulle óf geen verhouding met Hom het nie, óf gewoon nie verstaan wat dit beteken dat Hy jou VADER is nie.  Want God as my Hemelse Vader, het 100% belang by die kleinste detail van my lewe.   

Iemand het ook gesê; wys my jou vaderbeeld van jou aardse vader, en ek sal weet hoe jy God as jou hemelse Vader beleef.  Dis hoekom ek so passie het vir pa’s om PA’s in hulle gesinne te wees, pa’s van God, want ‘n gesonde (aardse) vaderfiguur, beteken net soveel meer vir ‘n gesonde (hemelse) Vaderfiguur.

En as jy nou nie ‘n gesonde aardse vaderbeeld het nie?  “No problem”; God hou niemand terug om Hom ten volle te beleef (en te geniet) nie.  God herstel sulke gebroke verhoudings!  Is Hy nie dan die God van versoening nie!!!

Hoe hoog is jóú God!  Of wag, hoe betrokke is jou God in die mosaiek van jóú lewe!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s