Christina Landman op MMC 09

Ag tog, ek hoor vanmiddag Christina Landman se kommentaar op die Mighty Men Conference op Kyknet se WDS.

Nou vir wat sou Tim du Plessis haar vra.  In wie se boekies is sy ‘n gesaghebbende dat ons na haar opinie salwil luister of sou wou omgee.  Oor die jare het sy haarself met haar kommentaar gerelativeer.

Vanmiddag het sy sinies en skepties haar bekommernis gedeel oor hoekom dit dan nou ‘n geslagtelike ding moet wees, oor hoekom sy dan nou nie ook daar kon wees nie; oor die gevaar dat die mans weer die patriargale “base” in hul huis egaan word.  Weereens het sy gewys hoe min sy eintlik verstaan.

Aan Tim du Plessis (en alle joernaliste).  Wie jul vra om kommentaar te lewer dui die rigting waarin jul die gesprek wil laat gaan!  Vir goeie debat, is dit goed om alle spektrums te dek.

1 responses to “Christina Landman op MMC 09

  1. Ek weet nie wat dit is met Christina nie maar sy het altyd iets te se oor Angus ek dink regtig sy voel bedreig of iets. Prof ek noem dit n kritiese tong. Ai wat die tong van die mens tog nie alles kan kwytraak nie. Ek soek nie sy foute nie want ek het en almal het foute maar ek kyk na die uitwerking van sy preke op mense se lewens. Is dit nie waaroor dit gaan nie? In elk geval Prof daar word n “Worthy Woman” konferensie gehou by Moreletapark. Net vrouens welkom. Geniet dit!

    Like

Lewer kommentaar