Stagnasie van die Kerk – wie se skuld is dit!

Wurmblikkie skryf ‘n kort post hieroor en se:

1. Dis mos nie sonde om ryk te wees nie. (Maak nie saak hoeveel mense ek uitbyt in die proses nie.)

2. My gesin kom eerste. (Selfs bo dit wat dit van my verwag om ‘n volgeling van Christus te wees.)

3. ‘n Algemene stagnasie in kerke, aangesien ons almal besig is om by selgroepe te ‘groei’. (Maar ons doen niks in die regte wêreld daar buite nie.)

Ek verskil oor 2 en 3. Ja, ek dink jy is te sinies.

‘n Algemene stagnasie in kerke

Jou (ons) opleiding en die manier hoe kerk “gespeel” word in my geliefde NGK, is ongelukkig te veel van ‘n gespelery. Dominees verkerklik geloof (en ek het dit ook gedoen toe ek nog in die gemeente-bediening was). Geloof is NIE hoeveel en wat ek vir die kerk doen nie. Geloof (of liewer, christenskap) gaan oor my verhouding met God in en deur Jesus Christus. Die aktiwiteite en bedienings van ‘n gemeente, IMHO, moet ‘n gevolg wees van my verhouding met Jesus. Soms voel dit vir my ds gaan so te kere met die aktiwiteite en bedienings dat dit eerder gaan oor die bedienings as oor die verhouding. En die volgende stap is ‘n geweldige moraliteits las wat op jou geplaas word. “As jy nie betrokke is nie, kan jy nie ‘n Christen wees nie“. Natuurlik nie so direk nie, maar dis die algemene idee wat oorkom.  

Ek praat gereeld met lidmate wat so moeg is vir hierdie “las” wat op hulle gemoed geplaas word.  Die jammerte is net dat hulle nie besef dat dit ‘n morele las is nie; dis al!  Ander noem dit Bible bashing.  Hulle dink, soos ons geleer is, dat die ds reg is  so “suffer boetie, maar terugstaan en rus is jou nie geregverdig nie”.  Ek wil beweer dis die rede hoekom jy ‘n ou kry wat tot bekering kom, voluit vir Jesus lewe.  Gou-gou kry jy hom in elke bediening; en as die ds iemand soek om iets te doen/reël, word op “gert” se knoppie gedruk.  So jaar of wat later, as jy weer sien, het gert of getrek en bly in-cognito vir so ‘n wyle, of totaal van die kerklike veld verdwyn : poot-uit.  Hy’t nie sy geloof verloor nie (soos die ds hom graag wil laat verstaan m.d.o. daarop om hom terug te wen nie), hy’s gewoon poot-uit en kan dit eenvoudig net nie meer volhou nie.  Ongelukkig voel gert asof hy nie meer naby Jesus is of leef nie, want dis die onderliggende boodskap van die verkerklikte-geloofs-boodskap.   Dan volg Twyfel!  Of tot ‘n volgende keer (‘nvolgende MMC miskien), en hy herleef en terug is hy… en die siklus begin weer.

Dis wat ek bedoel met geloof wat verkerklik word. M.a.w., die kwaliteit van jou geloof word bepaal deur jou kerklike lewe/betrokkenheid. As ek dit met ‘n gelykenis kan verduidelik: dis soos om te sê: 

Kry kinders sodat jou verhouding met jou vrou kan verbeter.
Ek sê eerder: kinders is die gevolg van my liefdesverhouding met my vrou. En as daar nie kinders kan wees nie is dit OK; dit gaan steeds oor my verhouding met my vrou. Die kinders is ‘n konsekwensie, ‘n gevolg van daardie verhouding!  

Toegepas op my argument hier: ek het ‘n verhouding met Jesus Christus en die GEVOLG van daardie verhouding is my aktiwiteite en betrokkenheid Ek is nie betrokke in aktiwiteite om my verhouding met Jesus te bou nie (hoewel daar natuurlik ‘n mede-werking tussen die twee is, net soos met my verhouding met my vrou). As daar ‘n stagnasie in kerke is, is dit m.i. omdat ds en gemeente hierdie speletjie speel: aktiwiteite, aktiwiteite, aktiwiteite sonder begrip vir die lewe van die lidmate wat soms “hel” is. Vra my, ek was 10 jr in die gemeente-bediening en die afgelope 10 jr werk ek “daar buite” soos al die lidmate en ek kan jou belowe, dis way anders!  As ek myself gou in die rede kan val; ‘n ou sê die ander dag vir my, hy dink ds moet soms 3-6 maande af kry en 8-5 gaan werk om werklik begrip vir lidmate te kry, in voeling met die gewone lewe te kom.  En jammerlik, het die “verdwyining van huisbesoek”, daardie enigste manier om so ietsie van die lidmate se leefwerêld te hoor en sien, nou ook verdwyn.

Dus: as kerke stagneer, moet kerke dalk hand in eie boesem steek en vra hoekom?  Geloof is nie gelyk aan kerklike lewe nie.  Ek glo gelowiges moet toegerus word met die Woord en Gees sodat hulle as gelowiges in die wereld kan funksioneer; ma – sat.  Nie in kerklike aktiwiteite nie, maar toegerus met die Woord as swaard die lewe en mense waar hy werk (sy lewensruimte) vernuwe.  In die praktyk is mense so besig by die kerk dat hulle nie meer geestelike energie het om te gee in sy anders lewensruimtes nie (of dink hy’t nou klaar sy plig gedoen by die aktiwiteit/bediening/selgroep).  Ek wonder hoe sal dit gaan as ons aktiwiteite afskaf of verminder en lidmate toelaat en aanmoedig om as Christen te LEEF in elkeen se unieke lewensruimte.  Sal dit nie ‘n groter veranderende effek op die wêreld hê nie?  Hoekom kan lidmate byv nie verduidelik waarin hulle glo as hulle by die werk-plek of deur hul kinders gekonfronteer word met etiese kwessies soos aborsie, homoseksualisme, of toe die opstandings-debat so fel in die media gevoer is nie.  Omdat hulle nie toegerus is daarvoor nie maar net toegerus is vir die kerklike aktiwiteite/bediening.  

Maar ons doen niks aan die wêreld daarbuite nie” – presies, omdat ons bedieninge te veel gemik is op die kerklike aktiwiteite; te veel na binne gerig is.  Want ‘n lewende gemeente (lewende i.t.v. bedienings) is mos ‘n goeie gemeente en dan dink die ds hulle het ‘n suksesvolle bediening.

My gesin kom eerste

Hier verskil ek heeltemaal van jou.  Ek glo regtig dat my gesin eerste kom.  As ek kyk

  • hoe Deut 6 en die OT verhale daarop gemik was om die geloofsoordrag oor te vertel van geslag tot geslag, 
  • hoe Jos 6 se ek en my huis
  • hoe belangrik die gesinstruktuur is
  • die verbond
  • Eff 5 oor hoe ek my vrou met lief he en koester, en my kinders
  • ens.

dan is my gesin inderdaad heel eersste prioriteite.  Jy noem dit individualisme, ek noem dit realitiet nadat ek al 20+ jare getroud is en besef (meer dikwels geskrik het) watter rol ek gespeel het in die vorming van my kids se geloof en lewensuitkyk; gesien hoe lyk dit in kinders se lewe waar dit NIE so was nie; gesien het hoe lyk afwesige pa’s (en deesdae ma’s ook) se kinders.  Wat help dit ek lei 10,000 lidmate tot bekering en geloofsvolwassenheid maar my kinders ken nie die Here nie; of kan nie getuig van ‘n gesinslewe en emosionele “tevredenheid” nie.  Het jy al Bruce Wilkenson se “3 Chairs” series gesien.  

Sonder om “patronising” te wees, maar ek was ook daar.  As jy jonk is, net klaar geswot is, het ‘n mens hierdie idealistiese idees en planne oor gemeentes en gemeentebediening.  Maar ‘n hele paar jaar se bediening, baie werk met jongmense (dis my passie), eie ervaringe in die kerklike bediening en veral daarbuite, eie gesin en ervaringe, het my opinie gevorm en ek het nog nie genoeg teenargumente gekry om dit te wysig nie.  Ek dank en loof die Here vir dit wat ek reg gedoen het met my kids – dis 100% genade, amper per ongeluk gebeur, maar nou hoop ek om die boodskap uit te dra na ander pa’s en gesinne.  Verder pleit ek by die Here vir verdere genade en insig, vir vergifnis vir so baie wat ek nie reg gedoen het nie en wat ek nou moet herstel (wel eintlik nie ek nie, maar die Here self).  Maar ek glo die Here gaan eendag vir my vra (ok, nou nie heeltemal so nie,maar by wyse van spreuke): Wat het jy met die vrou en kinders gedoen wat ek in jou sorg toevertrou het, man van God?  Hier is sy (hulle), Vader, heilig en onberispelik.

Ek weet ek oor-vereenvoudig dalk ook, maar ek droom en dink oor ‘n gemeente wat nie eise op aktwitieite en bedienings plaas nie, maar eerder op toerusting van lidmate om by hul werk die lig en woord te wees; te waag om te sien hoe aktiwiteite / bedienings gevolge word van mense se verhouding met Jesus.  Amper Let Go, Let God.

Interressant, die Pous het in 1998 hierdie gesê:

Mission clearly does not consist of and is not exhausted in mere organizational activity, but is closely connected with the universal vocation to holiness (cf. Redemptoris missio, n. 90). …. They are called to an intimate relationship with God who is love (cf. Vita consecrata, n. 84).  (my beklemtoning)

Seën in Christus

7 responses to “Stagnasie van die Kerk – wie se skuld is dit!

  1. Hi!

    Sjoe, dit was sommer ‘n mondvol! Ek waardeer die lang antwoord op my kort post. Dis goed as mens se opinies soms getemper word – veral as dit op so ‘n mooi manier gedoen word!

    Daar is egter ‘n paar goed wat ek moet opklaar – veral omdat my eie post so kort en vaag was. Ek dink dieselfde oor die “gemeente aktiwiteite”, kerk-speel ens. Ja, ek is sinies, baie. So baie dat ek nie weet of ek ooit ‘n predikant sal kan wees nie. Veral omdat die (NGK) verval het in hierdie speletjie wat so mooi hier bo beskryf word – die gemeente hou hulself net besig, en in daardie proses word mense ingetrek om hulle “energie” in die kerk te kom instoot, sodat meeste van daardie energie net mooi daar in die kerk bly – soos ‘n outomatiese wasmasjien, dié tipe wat mens voor laai. Om en om en om, niks gebeur regtig in die wêreld nie, die kerkgemeenskappie floreer. So, as ek in punt 3 van “stagnasie” praat, bedoel ek nie dat gemeentes besig is om te verminder in lidmaattal / geldelike probleme het / “niks gaan by die kerk aan” nie, maar eerder juis dat daardie lidmate nie ‘n verskil maak in die wêreld daarbuite nie. Ek sou eerder wou sien dat mense minder tyd by die kerk spandeer, en meer tyd om daarbuite te leef. Dus, ek kan maklik aansluit by die volgende aanhaling:

    “Ek wonder hoe sal dit gaan as ons aktiwiteite afskaf of verminder en lidmate toelaat en aanmoedig om as Christen te LEEF in elkeen se unieke lewensruimte.”

    Kerklike aktiwiteite (wat by die “kerk-klub” gebeur) is maar eintlik soortgelyk aan die “selgroep” waarna ek in punt 3 verwys. Ek dink dis omdat daar so ‘n groot onderskeid gemaak word tussen die “geestelike wêreld” en die “vleeslike wêreld”. Ek dink hierdie is ‘n bietjie in die agtergrond; mense sal dit nie sommer so sê nie, maar dis in effek wat gebeur. Daarom dat hulle hul gewetens sus met wat hulle by die kerk doen (skuus, ja, ek laat dit klink soos ‘n ons-hulle argument: dominees doen eintlik maar presies dieselfde, maar net van die ander kant af, dalk).

    Wat die gesin betref: ek moet erken, dis maklik vir my om te praat, aangesien ek nie ‘n gesin van my eie het nie. (Ook nie ‘n meisie nie.) Wat ek met my uitlating bedoel het, is dat mense dikwels (na my mening!) hierdie reël gebruik sodat hulle tog net nie by iets betrokke hoef te raak, of hulleself te verontrief OF in ‘n moeilike (gevaarlike) posisie hoef te stel nie. Ek stem saam dat die gesin die eerste bastion is van ‘n mens se geloofslewe. In die lig van wat ek hierbo gesê het: as ouers voorbeelde vir hul kinders wil wees, moet hulle eerder dan hul geloof uitlewe in die regte wêreld en so ‘n voorbeeld wees, eerder as om “goeie kerkmense” te wees. Kinders kan deur sulke goed sien – ten minste, as hulle hier naby 18-20 word en waardes / lewenswyses self ondersoek.

    Om as ‘n Christen te leef, dink ek, stel tog eise aan ‘n mens – nie om al daardie goed by die kerk te doen nie, maar om ‘n lewe te lei wat wys dat mens ‘n volgeling van Christus is – of hoe?

    Ek is baie bly dat u nie net in “die bediening” staan nie. Ek is jammer as dit geldelike implikasies het vir ugesin, maar ek dink dit kan net goed wees vir wat udoen. (Soos uself ook verduidelik!) My vorige post – http://wurmblikkie.wordpress.com/2009/04/29/dominee-kersies/ – het so ‘n bietjie daaroor gegaan. Ek hoop eintlik ons is almal op pad na ‘n “tentmaker”-bediening. Ek voel in elk geval nog glad nie reg om in ‘n gemeente te staan en met mense te probeer praat oor hul “werkslewe” nie.

    Nogmaals dankie vir die lang antwoord. Ek geniet dit om met ouer predikante te gesels – veral die wat nie vasgevang is in die ou kerkreëls nie. Jammer as my posts bietjie verwaand voorkom, of pessimisties. Ek besef ek het nog baie om te leer – maar ek kan maar net sê hoe ek nou voel, en daardie gedagtes uitgooi sodat ander mense weer daarop kan antwoord, sodat ek ook daardeur kan leer.

    Hoop dinge gaan voor die wind! Soos u ook gegroet het: seën in Christus!

    P.S. Klink ek so baie soos ‘n dominee, of is daar iets anders wat my weggegee het? Soos my Wie? bladsy?

    Like

    • Hallo

      Dankie. “Klink ek soos ‘n ds”. Nee, ek dink ek het iewers gelees jy’s ‘n proponent.

      Ek en jy sal nog lekker gesels. Ek dink nou, na jou antwoord, ons stem grootliks saam. Miskien die verskil op hierdie stadium is meer oor ervaring as standpunt.

      Ons stem saam dat:
      kerk-speel liefs moet verdwyn;
      dat gelowiges ‘n verskil in die wereld moet maak;
      dat “ons ‘n lewe moet lei wat WYS dat ons christene is;
      dat gesinne belangrik is.

      Ek dink ook jy sal van 3 chairs hou; ten minste t.o.v. die implikasie wat Bruce Wilkenson maak as 2de geslag nie hulle geloof uitleef nie, maar kerk-speel.

      Een ding wat ek wel met jou saam stem in beginsel, maar in die praktyk moeilik is om uit te voer; en dit is die uitlewing in die wereld bloot vanwee die stres en tyd tekort wat ons het. Al wat van my privaat tyd oorbly, gaan aan my gesin. Wat wel werk, is om by goed betrokke te raak waar jou kinders ook kan. So was ek die afgelope paar jaar betrokke by ‘n sending uitreik saam met my kids in Moz. Ek sou egter graag meer betrokke wou wees by my passie in ons jeugbediening, maar die ds laat nie ruimte daarvoor nie.

      Ek voel dus soms dat ek (ons) net-net survive. En dis jammer.

      Ek hou van jou par oor “gewete sus”. Ek dink ek sal ‘n opvolg post oor hoe ek die dinamika sien tussen lidmate en die kerk.

      seen

      Like

      • Jeepers menere maar julle is tog so mooi ordentlik met mekaar ;-)! As almal in die kerk tog maar net julle voorbeeld wou volg…
        Ek het vandag begin met hit-en-run-huisbesoek (ek moet flyers uitkry by 108 tieners in ons gemeente voor die einde van die week en ek wil darem party persoonlik ontmoet)en by die een gesin, toe ek die pa vra waarom sy seun nie Sondagaande jeug toe kom nie, het hy geantwoord dat hulle Sondagmiddae 4pm braai en as gesin saamkuier. Waarmee daar in beginsel natuurlik niks mee fout is nie, ek bedoel ek love dit dat hulle as gesin kwaliteittyd saam spandeer, maar dit laat my net weer wonder: al die ander aktiwiteite (gym, vriende, kuier, uitgaan, sport, ens.)kry voorkeur bo die dinge wat die gemeente organiseer – is dit nie ook veronderstel om die plek te wees waar ‘n mens saam ander gelowiges ontspan en groei nie?
        Ek dink die vraag wat ek probeer vra, is: in ‘n dorp soos Vryheid wat met limited entertainment sit, kan ‘n mens nie maar eerder Saterdagaand of Sondag met middagete braai nie?

        Like

  2. Tiaan; uhhhhh

    Ek is in 2 geskeur. Aan die een kant wil ek se: so what as die outjie nie aand kerk toe gaan nie. As daar geloof gelewe word in die gesin en geloofsoordrag vind daar plaas, is dit mos reg. M.a.w., dit moet darem ook nie net oor gesinstyd gaan nie, maar ook oor gesinstyd soos in Deur 6. Dit gaan oor ‘n verhouding, nie oor die kerk nie.

    Maar, natuurlik beteken dit nie dat ek glad nie die kerk nodig het nie. Dis dus nie ‘n swart/wit antwoord nie, eerder ‘n grys een waar ons dalk dieper na die omstandighede van die outjie en sy geloofslewe moet kyk.

    En sommer om dit nog moeiliker te maak; al sou die outjie wel wou kom en pa wil nie sy roetine verander nie, is dit natuurlik so! En daaraan gaan ons nie veel daaraan verander nie ne!

    Ek dink die les wat ek geleer het was om nie te veroordeel nie, “because there is more than meets the eye”.

    Like

  3. Jap jap. Gelukkig is dit van daai mense wat darem in hul kindedrs se lewens inbou, so dis nie vir my so erg nie. Wat ek die afgelope ruk eintlik as erger ervaar, is die mense wat die aksies wat die “kerk” (lees: jeugwerker) vir die tieners organiseer sal kritiseer en daarmee sal inmeng, maar nie hul eie kinders soontoe sal stuur nie. Hoe poep jy teen ‘n donderstorm?

    Like

  4. Ek wonder soms of die woord Christen nie te maklik oor die lippe kom nie want die Bybel se die duiwel glo ook en hy sidder. Kom ek vertel vir u dat ek groot geword het in die NG Kerk en ek dank die Hemelse Vader dat ek daar geleer het van God. Stop. Ek het nooit werklik vir Jesus geken persoonlik nie totdat ek in die NG Kerk tot bekering gekom het by n diens van Ds Jan de Wet. Hy het gese ons moet die sondaarsgebed saam met hom bid. My dogter toe 16 my een seun 18 en ek saam gebid en die vreugde daarna die trane het oor my wange gerol dit was werklik lewende water wat uit my siel geborrel het. Nou 20 jaar later kan ek net God dank vir die wonderwerk van wedergeboorte want die ou mens sterf en Jesus maak alles nuut. Net daarna is ons almal gedoop en dit is daardie Agape liefde wat God in jou hart uitstort wat jou met liefde na ander laat uitreik moslem, jood, roomskatoliek wie ook al en jy getuig wat God vir jou gedoen het. Ons is geroep om disippels te maak van die nasies. Ons is geroep om hulle te doop in die Naam van die Vader die Seun en die Heilige Gees, ons is geroep om hulle te leer om alles te onderhou wat Jesus sy apostels geleer het. Gehoorsaamheid aan sy leerstellings soos Hy se as julle my waarlik liefhet sal julle my gebooie onderhou. Hy is die Weg die Waarheid en die Lewe en buiten Hom is daar geen ander nie. Ek bedoel GEEN! Mag God sy liefde in elke hart uitstort wat Hom aanroep uit n berouvolle hart. Vrede!

    Like

  5. Pingback: kerk of nie? « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s