“Kinders onwelkom” ARGGGGG!

Laat ek net eers introduce: ek het ‘n passie vir jongmense en was ‘n jeugleraar.

Ek onthou vandat ons getroud was in die 80’ers, was ek teen die “Geen kinders” huwelike.  Toe was die wêreld nog kwaai kinder-onvriendelik: 

  • kinders moet gesien word maar nie gehoor word nie
  • word eers lidmate as hulle “aangeneem” word al was dit teologies nog eintlik nooit so gewees nie, dit was die persepsie
  • die preke/eredienste/kerlike lewe was ingerig vir die grootmense; jeugleraars of jeugbedienaars was nog gesien as ‘n onnodigheid.
  • spreekkamers se stoele was te hoog 🙂
  • die hele wêreld het gefunksioneer vir die groot mense en hulle behoeftes

Ek moet sê, geleidelik het daar effens van ‘n verskuiwing gekom.  Kinders is toegelaat by die nagmaal (wat vir my ‘n feestelike dimensie bybring :)), en gemeentes en leraars het al meer begin ruimte maak vir kinders en jongmense.

Nou, ek raak steeds erg opgetrek as ek uitnodigings kry na huwelike, nogal familie huwelike met die boodskappie onderaan: “Geen kinders asb”. 

  1. Eerstens, ons kinders is nie meer “kindertjies” nie (12+) en voel selfs gebelgd omdat hulle nie genooi word na hul eie bloedfamilie se troues nie.  
  2. Tweedens, dit maak dit vir ons baie moeilik om te gaan.  Wat maak ons met ons kinders.  Ons is ongelukkig een van daai ouers wat nie ons kinders sommer drop by enigiemand nie.  In meeste gevalle het dit gewoon beteken dat ons self nie kon gaan nie.
  3. Ooo die kostes!  Ek kan nie glo dat ons afrikaner volkie wat Sasol, ‘n flippende helikopter, ratels ens. uitgedink het, nie ‘n opwindende kreatiewe alternatief kan uitdink nie.  Ja, kinders eet nie die R200/kop nie, maar wat van ‘n ander menu, ‘n goedkoper (kiddies menu), enigiets, maar laat hulle toe om te gaan!  (ek soek bloggers om idees te gee asb!).  Plaasjuppie het nie ‘n slegte idee met die skaapbraai-storie nie!

Miskien is ek belaglik, maar as ons kinders (en miskien veral jong/klein dogtertjies) nie na huwelike mag gaan nie, waar moet hulle begin droom/idees kry oor hulle eie troues?  (Miskien kan die dames bloggers ‘n bietjie hierop comment – ek is nou maar eenmaal ‘n man …).  By hollywood?  Behoede ons as hulle enigiets navolg wat dáár gedoen word.

En, is familietroues nie ook daai “once in a decade” familie-gathering nie?  Dis waar ons weer “daai!” fotos neem (my ma sit op ‘n foto met 18 kleinkinders en nog 10-stuks agter kleinkinders).  Dis familie-stories wat bedoel is vir die nageslag (enigiemand al Thomas Groome se boek gelees oor die geloofsoordrag d.m.v. die narratiewe?; Chrstian Religious Education.  Lees sommer net die OT).  Dit was alles stories!  Hier’s ‘n aanhaling…

remembering and representing the Story is an essential part of the Jewish and Christian process of knowing God” (1980:192).

Nee wat, ek’s sommer van vooraf nou geirriteerd oor die tendens.  Wat van ons begin ‘n politieke party: Just kids!  Of hoe?

15 responses to ““Kinders onwelkom” ARGGGGG!

  1. Oulike inskrywing hierdie en goeie vraag.
    Dis soos restaurante – as hulle nou regtig wil slim wees, behoort hulle kinders (12-) en (12+) ook voor te cater. Dan kuier die ouers langer terwyl die kids besig bly. Miskien is dit hoekom Spur nog staande gebly het, ondanks hul kos.
    Ek stem oor die familie-huwelike – hul behoort werklik vir die kinders ook in te sluit. Dit IS immers familie – en wees eerlik genoeg met die ouers dat die kinders ‘n meer eenvoudige ete gaan geniet. Maar ek dink dis juis die probleem – deesdae se troues is so uitsonderlik vulgêr met TE veel trimmings en TE veel wil anders wees.
    Ek stem vir daai Just Kids – afterall Kids rule 😉

    Like

  2. Daar is darem nie oral ‘n “slegs volwassenes” bordjie op nie. God se Koninkryk het soos ek verstaan ‘n bordjie op “Slegs vir kinders (Diegene wat verander en soos kinders word tel ook.)” (Wat seker ‘n geen kinders- houding baie onchristelik maak?)

    Ek het actually ‘n inskrywing op my blog oor kinders insluit by die erediens en ander kerkwerk, hier. http://gelowigenondersoekend.wordpress.com/2008/11/30/afsonderlike-kinderdienste-ja-of-nee/

    Like

  3. Stem saam, die situasie is sommer koud as mens nie kinders ook insluit nie. Nou moet ek byvoeg dat kidners tog ontwritend kan wees as hulle toegelaat word maar dan nie voor gecater word nie. Daar moet spesifiek reelings getref word om die kinders geamuseerd te hou.

    Like

  4. Ek gaan nou ‘n klip in die bos gooi hier. Ek self het nog nie kinders nie…

    Ek is van die generasie wat in die 80’s groot gemaak is en ek is van opinie dat ons generasie en die voor ons baie, baie, baie beter opgevoed is as vandag se jong klomp.(In baie opsigte). Hulle mag dalk op ander vlakke meer of beter gestimuleer word, maar ek dink nie vandag se ouers doen so ‘n goeie job met opvoeding nie.

    Waar trek ‘n mens die lyn tussen jou kind laat voel hulle het regte asook ‘n se en dissipline.

    Like

    • Ek dink nie die geen kinders op troues het soseer met finansies (Wel meeste van die tyd) te doen nie. Neem in ag die bruidspaar neem gewoonlik ‘n trou video op en dan is die kleintjies se gehuil in die agtergrond, kinders hol oor die dansbaan, hulle gooi tantrums….. Weereens….. Ek is nie ‘n ma nie! Ek sal heel waarskynlik van opinie verander die dag wat ek my eie bloedjie vashou!

      Like

  5. Sjoe…

    My suster se dogter het in April getrou, geen kinders. As ‘n mens gekyk het waar die troue gehou is, kan mens soort van verstaan hoekom hulle nie vir kinders daar cater nie. Ons het dit vir die betrokke venue se bestuur genoem en hulle sê dat hulle wel besig is om so iets te ontwikkel sodat ouers lekker kan troue hou, terwyl daar na die kinders gekyk word en dat hulle ‘n kiddies menu gaan hê teen ‘n billike prys. Op die oomblik is dit per kop en ‘n gourmet meal. (Jis ons was nog honger daarna, veral as mens kyk wat hulle per kop betaal het)

    Vir my was dit nie ‘n probleem nie omdat Z nog klein is en nie kan verstaan nie, en ons het ‘n lekker aandjie uitgehad wat ons bittermin doen. Ons was darem gelukkig dat oupa en ouma groot na hulle kon kyk.

    My dogter trou in September en sy wil al die kleintjies daar hê. Kos sal nie ‘n probleem wees nie, want ek hoor hulle wil lekker boerekos hê 🙂

    Like

  6. Zee, wonderlik. Ons het ook kinders op ons troue verwelkom; en ek kan nie onthou dat dit ons (of my skoonpa) bankrot gemaak het nie.

    Boerekos is lekker!

    Like

  7. Ek is MAL oor uitnodigings wat sê ‘Geen kinders toegelaat nie’, want dan hoef ek nie ‘n verskoning uit te dink om NIE te gaan nie! :mrgreen: Dis eintlik heel eenvoudig, waar my kinders nie welkom is nie, gaan ek nie! As mens eers op ‘n (baie) hoë ouderdom jou kinders het, begin al hierdie dinge onbelangrik word. Ek moet egter bieg van my ‘lekkerste’ kinder memories was waar ons by troues ‘rounders’ en ‘eggie’ en ‘spin the bottle’ 😳 gespeel het terwyl die grootmense die aand wegskoffel.

    Like

  8. So, ek is besig om ‘n troue te reël, waar ek wel vra dat die kinders asseblief tog nie saamgebring word nie. En voor ek gestenig word, moet ek wel noem dat my probleem nie soseer by die kinders lê nie, maar wel by die ouers. Dit het nou al te veel kere by troues gebeur waar die kleintjies maar verveeld en kriewelrig raak tydens die seremonie, begin huil of lastig raak. En die ouers sal eerder bly sit sodat hul die hele seremonie kan gadeslaan, in plaas daarvan dat ten minste een van hulle opstaan en saam die kleintjies ‘n draai gaan stap en hul aandag by die visdammetjie gaan aftrek. Dinge werk beter uit wanneer die dominee die kinders insluit en miskien vra om vorentoe te kom, maar dit gebeur selde dat dominees dit doen. Dit is ook maar moelik om sulke nalatige ouers aan te spreek, veral as mens sien die bruid raak kriewelrig en vies voor die kansel, maar niemand wil ook ongemaklikheid op die troudag veroorsaak nie.

    En hoe verduidelik jy vir ‘n enkele paartjie hoekom hulle kinders nie kan kom nie, terwyl die res s’n daar is? Dit is maar die maklike uitweg om maar die “reëls” vir almal te laat geld. Dis nie altyd regverdig nie.

    Daar is wel maniere om kinders te akkommodeer, soos die kindermenu’s wat bo genoem is, oulike dominees, ens. Maar aan die einde bly dit ‘n volwasse aangeleentheid, en om ‘n venue te vind wat in die begroting pas is reeds moeilik genoeg. Ek dink wel dat dit die bruidspaar se keuse bly, veral wanneer hul self betaal, en die troue klein en intiem is. Mens kan dalk ‘n ander aktiwiet of so reël, waar ‘n verantwoordelike volwassene die kinders kan oppas en besighou?

    Like

  9. @tundrahorse: ek verstaan die dilemma van julle kant af, maar ek het ook al gesien hoe ‘n paartjie slim planne gemaak het om wel die kinders te akkommodeer; selfs tydens die kerk diens. Dit verg net iemand om ‘n bietjie buite die boks te dink……; selfs ook met die onthaal. ;n Mens hoef nie vir die kinders dieselfde of selfs helfte per kop te betaal nie want hulle hou in elk geval nie van “fancy” kos nie; wat van ‘n piekniek, pasteitjies, ek weet nie; weereens, ons soek net iemand wat regtig ‘n bietjie anders kan dink.

    Die probleem is dat ons eenvoudig nie troue toe kom as die kinders nie genooi is nie. Ons hou nie noodwendig daarvan om ons kinders by ander te drop nie (net so “cardinal sin” as dt hulle bietjie lastig is in die kerk of hoe).

    Like

  10. My probleem is dat ek net geld het om R125 per kind te betaal op ons troue nie. Ja, dis wat my venue gesê het dit gaan kos. Ek verstaan dat dit moeilik is vir ouers om nie hulle kinders saam te bring nie, daarom kan hulle na my troue toe kom. Ek wil net by julle wat ouers is hoor of dit onbillik van my is om te vra dat die kinders se ouers self betaal?

    Like

  11. nog nooit so daaroor gedink nie, maar as ‘n keuse het om my kinders saam te neem en self vir hulle te betaal; doen ek dit beslis. In elk geval, hoeveel eet hulle nou regtig op ‘n troue – hulle jol rond; drink nie wyn/sjampanje nie ens.

    Like

Lewer kommentaar