Angus Buchan en die MMC 09

Hugo het hier ‘n klompie vrae gevra na aanleiding van ‘n baie negatiewe kommentaar deur gerrie lombaard op johan de villiers se brig in die onlangste Rapport.
rapport artikel hier
negatiewe kommentaar van ene en hugo se uitlokkende vrae hier 

Goeie vrae. Hoop nogal mense neem deel. ekself:  

  • Self ‘n christen, 
  • mal oor teologie, (teologie hoef nie die Gees dood te maak soos sommige kommentare beweer nie).  Nie alle teoloë is Skrifgeleerdes en Fariseërs nie.
  • het al oom angus gehoor (sal nie elke jaar gaan nie), en dink hy het ‘n wonderlike roeping en bediening (en gawe ?) om mans aan te spreek, wat bitter nodig is!
  • glo ook dat herstel in moraliteit, waardes, lewenskwaliteit ens. begin by ons mans wat weer moet leer om ons vrouens onvoorwaardelik lief te hê (Gal 5) en ‘n beskikbare pa’s vir hul kinders word
  • glo dat mans geestelike leiding moet neem (aangesien dit lyk asof dit die vrouens geword het om leiding te neem omdat die mans eenvoudig geabdikeer het, of die Gees verloor het)

Jou vrae, Hugo:

Hoekom reageer mense so negatief soos in die Rapport se kommentare?  Ek stem saam, de villiers se berig was grootliks feiteliks.  Hy het wel ruimte gelaat vir ‘n paar insinuasies; en ek dink dis presies wat sommige mense gedoen het – geinsinueer dat hy sou gesê het…
– dis ‘n foefie, ‘n “opium vir die volk”
– ‘n byna oproep tot ‘n nuwe ku-kux clan-beweging (soos een kommentaar) 
– ens.

 Persoonlik pla dit my ook dat mense geloof wil gebruik om byv weer SA wit te maak; of om van SA ‘n nuwe Israel-teokrasie te maak; of om apartheid te laat herleef, want apartheid was so vêr van die Bybel af, dis nie eers snaaks nie.  Trouens, ek persoonlik reken apartheid kom uit die hel.  En ek is oud genoeg om uit daardie tyd te kom om so te kan voel; ek het die 1976 onluste beleef, ek was in die veiligheidspolisie, ek het in pta gebly met die pta-bom.  Ek verkies die huidige SA dankie.  Wil nie ‘n sekonde terug na apartheid gaan nie.  Mense besef nie hoe hel dit regtig was nie.  Dan het ek nog nie eers gepraat van die onreg nie.  As jy ‘n bietjie die OT lees, sal jy in bykans elke boek vna die OT God se hart hoor; ‘n hart wat téén onreg is (daarom is daar in wese niks fout met die Belhar belydenis nie, dis nog ‘n debat né)!  En moenie vir ‘n oomblik dink, die ou politici was engeltjies nie.  Ek weet van ministers wat plase gekry het; oud politici wat VANDAG nog voorregte geniet.  Nee wat, wapentransaksie-skandaal is maar ‘n druppel. Wie onthou nog die  Inligtingskandaal?  Wag, ek raak van die punt af… 

Net nog op die punt van SA-wit.  Ek glo dat die Teokrasie van Israel beëindig is met Jesus se koms (‘n mens sou dit selfs vroeër kon stel op die tyd toe Israel ‘n koning wou hê).  Ek dink nie Jesus het kom sê ons moet weer ‘n teokrasie probeer vestig nie.  Daarom stem ek saam dat die parlement nie noodwendig weer met die Bybel hoef geopen te word nie.  Ek het ‘n kleintjie dood aan die “christelik-nasionaal”-ding.  As jy nou mooi dink, dis dieselfde ding wat apartheid gebruik het!  En wie kan waarborg dat alle onderwysers christene was wat sulke “christelike-nasionale” opvoeding vir ons gegee het.  Trouens, as ek terug dink aan die snert wat ek selfs by kategese al gehoor het, en moes regstel as ek belydenisklasse in hulle finale jaar geneem het, dan was dit alles behalwe christelik!  En as ek terugdink aan die onregte wat op skool gebeur het, was dit alles behalwe.  Kyk watse onchristelike dinge is onder die vaandel van “christelik-nasionaal” gedoen.  So, om die parlement weer met die Bybel te open is nie my grootste wens nie.  Eerder om individue te kry om
1) Jesus te aanvaar as hul enigste Verlosser
2) en die tweede wat daarmee gelyk staan, SO TE GAAN LEEF.  Ek mis ‘n lewenstyl wat pas by Jesus se lering.  Soos Ghandi al gesê het: “I like your Bible and your Christ, but looking at your followers, why should I change?”  En ja, ek is self skuldig!

Ek dink ons moet vrede daarmee maak dat nie alle SAners Christene is of ooit sal wil wees nie (ons is ongelukkig nog nie in die hemel nie).  Daarom moet ons grodnwet ruimte maak vir die “ander kant”, die on-christelike kant.  Daarom stem ek saam met een van die Rapport-kommentare dat geloof en politiek asseblief geskei moet bly.  Die kerk moet in ‘n solidêr-kritiese verhouding tot die staat staan.  Kyk wat het in Duitsland gebeur toe die Kerk en Staat een was (1940’s); in die tyd van die kruistogte ens.  Kerk en Staat hoort nie saam nie!

Ek het ‘n probleem daarmee (en dis jammer) dat mans (vroue ook for that matter) van konferensie tot konferensie moet gaan om geestelike lewe te kry; so asof hulle van konferensie tot konferensie tot bekering kom?  Wedergeboorte is ‘n eenmalige proses!  Hernuwing en herlewing behoort elke oggend gedurende stiltetyd te gebeur!  En hoewel daar plek is vir sulke konferensies en sametrekke om die Gees weer aan te vuur, dink ek nie my geestelike lewe moet so halfhartig wees dat ek jaarliks so ‘n konferensie moet bywoon om weer lewe te kry nie.  Maar, ek laat egter ook ruimte dat daar wel mense is wie se geestelike spiritualiteit sulke byeenkomste nodig het om werklik God te ervaar (Coram Deo) (sien ook my post oor ‘n boek wat ek hieroor gelees het: God Languages).  Maar dis hoekom ek byv nie weer sal gaan nie.  Ek sou egter net graag wou sien dat mense wat daar vernuwe is en/of tot bekering gekom het, dit sal behou en enduit sal voer (Hebr).

Jou vraag oor die naam van die kommentator: wel, ek het respek daarvoor dat hy sy naam daar hou.  Ek het nog altyd gedink as jy glo in wat jy glo en die guts het om dit te sê, hoef jy mos nie anoniem te wees nie.  Wel soms tog ; want soms is die masjinerie net te sterk teen jou.  Maar in die meeste gevalle sou ek ook my naam los.  Ek het al in ons plaaslike skool anonieme kommentaar gelewer want in die verlede moes my arme kinders daaronder ly.  Nee wat, al stem ek nie saam met die wat en die hoe van gerrie lombaard se kommentaar nie, het ek respek vir die feit dat dit sy opinie is en dit met ons gedeel het.  

‘n Teenvraag?  Het anonimiteit nie gekom omdat ons so emosioneel vermoor is as ons iets sê waarvan ander nie hou nie?  Ek het anoniem geraak omdat my kritiek nie volwasse hanteer kon word nie, en dan persoonlik aangeval word; of erger, my kinders!   Ek sou dus eerder ‘n beroep doen op mense om te verskil van gerrie se kommentaar (en van johan se artikel), maar weerhou jou daarvan om die persoon aan te val!!!  Streng gesproke, is dit niks anders as moord nie (Jesus se leringe in die evangelies!), en hoort dit nie by mense wat geestelik aangeraak is deur byv. ‘n mmc konferensie nie!

Miskien is dit ook een van die insinuasie van johan se berig – ‘n valsheid wat soontoe gaan en terugkom -dat Geesvervulde mense johan de villiers so kan sleg sê!  En ongelukkig word dan veralgemeen dat die Christelike godsdiens ‘n valse leë godsdiens is en nie praktiese lewe en naasteliefde verander nie.  Ek is jammer en kry skaam wat al in die naam van Jesus gesê en gedoen is, maar dit maak nie God, die Heilige Gees of Jesus Christus irrelevant en vals nie.   Ek probeer maar my oë op Jesus hou, nie op sy skepsels nie.

6 responses to “Angus Buchan en die MMC 09

  1. Jissie….. Ek lees hierdie stukkie met gemengde gevoelens want ek raak sommer de moer in as mense soos in politiek oor dinge praat waarvan hulle niks weet nie. Ek het ook die opmerkings in Rapport gelees en het nogal so by myself gewonder wat wil mense nou bemag om die MMC af te breek en te ontleed?

    Ek dink en wonder en kom nie by ‘n antwoord uit nie, juis dalk oor ek nou in sirkels redeneer….. Is dit ons plig om die mense wat so skepties is oor die hele MMC ding reg te help, of kan ons maar op die kantlyn sit en hulle laat stir soveel hulle wil sonder om reaksie te toon?

    Like

    • ek is van die soort wat dink oom Angus se bediening is puik en nodig. Verder is ek van opinie, hoe meer teenstand, hoe meer bewys dit die sukses (die duiwel “like” mos nie iets wat opbouend is en sy domein aanval nie). Oppas nou, ek sê nie almal wat kritiseer die duiwel ondersteun nie; daar is nog so iets soos verskil van temperament, verskil van opinie ens. Ek se maar net dat die duiwel is obviously nie geneë met enigiets wat sy domein verklein nie, so hoe meer teenstand hoe meer bewys is dit vir my dat dit wel ‘n rol en plek het in geloofsgroei en herstel van mense lewe/gesinne ens!

      Like

  2. Ek het ook al met groot skok gesien wat mens kwytraak onder die dekmantel van anonimiteit op die Internet. Dit is asof die bose in mense na vore kom en hulle geen selfbeheersing het as niemand weet wie hulle is nie.
    Dit het ver voor Steve en Joost se stories begin en op die oomblik trek dit by Angus Buchan. Nieteenstaande van wat die mense sê op Rapport se website, Angus spreek mans aan want hulle is die hoof van die huis.
    Ek was eendag in `n kerk wat die dominee gepraat het van hoe die duiwel die man aanval, want as die hoof van die huis struikel, struikel die hele gesin. Hy het `n paar statistieke gebruik om te verduidelik dat mans meer betrokke is by negatiewe dinge in ons gemeenskap.
    Ek het dit nogal geglo. Daar moet tog `n rede wees hoekom meer as 80% van veroordeelde kriminele mans is. As Angus help om hierdie situasie te beredder sê ek go for it. Die mense wat nie daarvan hou nie, hoef eenvoudig nie sy raad te volg nie. So maklik soos dit.

    Like

  3. Aangesien jy nou klaar die onderwerp aangeraak het, moet jy dalk die brief van die paramedic hier plaas. Dit is ‘n baie goeie getuienis (al is dit nou ‘n bietjie lank). Ek het vanoggend gelees en ek het hoendervleis gekry van kop tot toon!

    Like

  4. corlia, as man wou ek nie dit se nie, maar wat jy se is 100% reg. Daar is talle statistieke en getuienisse wat wys watter geweldige rol ‘n geestelik-gesonde pa wel speel in die welsyn van die gesin, geestelik en emosioneel! Ek het so ‘n paar jaar gelede ‘n passie ontwikkel vir pa’s en huwelik (miskien omdat ek die effek van ‘n egskeiding en die betrokke kidners na aan my lyf gevoel het).

    Pa’s,, wees LIEF VIR JOU VROU! Bykans die hele Eff 5 gaan oor die man se verhouding met sy vrou. 1 vers oor die vrou se verhouding met haar man. Seuns het hul pa’s nodig en dogters

    Aag, wag, ek rammel nou. Punt is; ek stem saam – as oom Angus mans weer eties-moreel kan terugbring na hul verantwoordelikhede as mans en pa’s, GREAT STUFF!

    Like

  5. Angus ,ek was daar toe jy inmekaar gesak het en het saam gedid vir jou ,maar ek wil net se ek het ook in Kitwe in Zambia .131 kantanta straat gebly , en het in 1963 SA toe gekom .Ek is in Zim gebore ,praat afrikaans ,dink in engela en kan van_die-kalo goed praat en verstaan .Volgende jaar is ek weer daar want ek wil en beter pa en oupa wees soos dit ons Meester se wil is Dankie vir jou mooi lewe ,God sal jou nog baie seen
    MORKEL RADEMEYER

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s