plaasjuppie

lekker inskrywing van plaasjuppie hier met my kommentaar hieronder.

plasie, jy het my vryheidsdag gemaak! dis nou ware vryheid, dié waarin ons nou is!

jy is toe nie so on-intelligent as wat jy wil voorgee nie; selfs baie meer intelligent as ek.

Anyway. VIVA vir jou opinie oor die 2-derde meerderheid – het ook so gevoel. het jy vir Helen gisteraand gehoor; sy’t sowaar geklink soos daaaai tyd toe ons die “swart gevaar” en “dis ‘n oorlog vir die behoud van die christendom” stories gehoor het. en praat van die man speel; sy’t nou behoorlik JZeee as persoon afgetakel! 

VIVA vir jou laaste opmerking. jy’s reg, en hoe ouer ek word (want ek was nogal ‘n outjie wat die reëls getoets het toe ek jonk was), hoe meer besef ek die belangrikheid van “die regte ding doen” en sê, veral met jou kinders rondom jou. dit grief my om te hoor hoe my kinders huis toe kom en vertel hoe rassisties die kinners by die skool is en praat. en om te dink, hulle het nie ‘n duit daarvan gevoel soos ek en, ek vermoed, jy nie – dus, hulle hoor die snert net by hulle pappies en mammies. nee wat, lat ons die regte ding doen, al doen niemand anners dit nie né. 

VIVA COPE – ek stem nie saam met jou dat COPE nie gecope het nie. ekke dink hulle het flippen goed gecope. ek hoor hulle begroting was maar R11m teenoor ANC se bykans R200m. en om só die nuwe oposisie in 6 provinsies te word, is in my boekie, goed gecope! ek is nogal woes opgewonde oor dié demokrasie! ekke dink COPE gaan die ANC gas gee sodat, soos jy sê, daar minder leë beloftes is.

VIVA demokrasie. ekke dink dis nou tyd dat die outjies in hierdie “rugbyliga” wat minder as ‘n duit steun gekry het (ekke dink dis so van udm-af ondertoe), maar oppak en gaan leer sokker speel; of miskien gaan werk, soos ons ander spelers, of hulle stemme ingooi by COPE. die nasie het demokraties gewys dat hulle nie kan saam speel met die grotes nie. ek het egter ‘n vermoede hulle gaan verduidelik dat hulle klap oor hoe belangrike rol hulle nogtans kan en gaan speel. miskien moet die IEC ons hierin help – stoot hulle depositos nog hoër op; maak die kwalifikasie-reëls nog hoër. 

groetnis, nou’s dit tyd vir daai boeretroos vir my.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s