Ai, die DA

Ek hoor oor die TV Helen Zille se nabetragting, in gesprek met Freek Robinson.  En sommer net daar bevestig sy waarom ek nie van die DA hou nie.

Sy sê vir Freek sy vertrou nie JZeee nie.  Dit mag so wees, maar is dit nou opbouend (en nodig) om die land negatief te stem oor die volgende 5 jaar se regering?  Het ons nie juis BAIE positiwiteit nodig nie?  Is daar nie baie dinge waaroor ons wel positief kan wees nie?

  • Ek reken die ANC gaan nog vir baie jare regeer, en as dit dan nie die ANC is nie, ten minste nooit weer ‘n wit ge-assosieerde party soos wat die persepsie van die DA is nie (reg of verkeerdelik).  So, kom ons werk met dit wat ons het en ons bly positief oor ons land.  En as daar dinge is wat ons kan aanspreek, doen dit in ‘n postiewe gees.  Daar is mos baie dinge om oor positief te wees! JZ is baie minder van ‘n despoot en die kollektiewe mening op grond vlak is vir hom belangrik.  Wag, moenie dink ek probeer JZeee verkoop nie, ek sê net, ons het wragtag nie Zille se negatiewiteit en ”bekommernis” nodig nie.  Dit gaan ons nie opgewonde maak om more werk toe te gaan en meehelp om hierdie wonderlike SA te maak werk nie.
  • Tweedens, as sy so bekommerd is oor JZeee se regering, hoekom sit sy nie in die parlement en lewer haar skerpsinnige argumente daar nie.  Nou sit sy in die provinsiale parlement, knus en snoesig, as “president” van die Wes-Kaap.  Gee dit vir iemand anders wat ewe bekwaam is om daar te regeer en gaan veg die stryd in die parlement, as dit so belangrik is!

Daarom is ek ‘n “COPE convert” – hulle is nie sonder foute nie, en hulle het ook, as oud ANC, geraamtes in die kas, maar ten minste het hulle die potensiaal om ‘n goeie opposisie te word/wees.  En dis duidelik dat hulle ‘n bedreiging vir die ANC is!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s