Verkiesing 2009 #2

Ons stem more in ons 4de demokratiese verkiesing.  Ten spyte van vele wat nie goed is nie, bly dit ‘n wonderlike nuwe fase waarin ons is.  Persoonlik, komende van iemand wat grootgeword het in apartheid, vir ‘n wyle lid was van die veiligheidspolisie, is ek nie vir een oomblik spyt oor die nuwe SA nie.  Trouens, ten spyte van alles wat al die politieke teenstaanders die afgelope paar weke vir ons opgedis het (en meeste is inderdaad waar), wil ek nie vir ‘n dag terug gaan na pre 1990 nie.  Dit was vir my ‘n neerdrukkende gemeenskap, en interressant genoeg, net so angstig as nou.  Toe was dit terrorisme, nou is dit misdaad.

Elk geval, my siening van die partye tans:

  • ANC: glo in hul beginsels, maar soos Madiba dit nog vergestalt het.  Soos die ANC nou funksioneer en “die game speel”, is crap.
  • DA: sal nooit vir hulle stem nie, omdat hulle net teen is.  “Stop Zuma”.  Vir jare het hulle baklei vir Mbeki se val.  Toe hy val, toe is hulle eerste reaksie “Skokkend.  Hoe kan hulle dit doen”.  Ek dog dis wat hulle jare lank wou hê.  O maar die manier?  As hulle hulle sin sou kry, sou hulle nie omgegee het vir die manier “back then” nie.
  • Cope: Nog nie rêrig ‘n beleid nie (so dink ek), en is self oud ANC.  So, is hulle actually iets anders?  Gaan dit nie maar dieselfde mediese, onderwys, arbeid ens beleid wees nie?  Maar nogtans gaan ek waarskynlik vir hulle stem want: ek glo ‘n goeie demokrasie het ‘n sterk opposisie nodig en COPE kan dit wees!  Ek dink hulle gaan ‘n groot aanhang van die jonger-geslag kry, dié wat nie apartheid beleef het nie.
  • ID: Nog altyd van haar gehou omdat sy krap waar dit nie jeuk nie.  Maar of sy blywend ‘n verskil kan maak, weet ek nie.
  • ACDP: Ek hou van Kevin Meshoe – consistent politikus.  Ek het in al die vorige verkiesings vir hom gestem.
  • CP (mpu alleen): Mooi gedagte maar ek dink nie dit werk nie.  Alles kan nie vergeestelik word nie en ons is nie in ‘n teokrasie nie.  Dis verby, 2000 jr gelede al.  Ek meen eerder dat jou christelike karakter en etos in ALLES voor moet staan.  Dan het jy nie ‘n party nodig wat 100% Jesus hoef te wees nie.
  • UDM: Ek hou ook van Bantu Holomisa, maar ek dink dis meer ‘n Oos-Kaap party.

Wat sê die b(l)oggers?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s