oor STILTE

Dominees doen deesdae (ten minste in ons gemeente) ‘n nuwe ding waarvan ek baie hou en wat ek dikwels self doen as ek preek – om stilte te gee; doodse stilte vir ‘n laaaaang ruk.

Die enigste frustrasie tans by ons is:

  1. hulle kondig dit aan, en net as ek begin om lekker stil te word en te begin bid, dan begin hulle weer – so 30 sek’s later.  Ds, as jy wil stitlte gee, maak dit asb lank genoeg dat ‘n mens kan STIL word, rustig kan word voor die aangesig van God
  2. hulle kondig dit aan, maar self raak hulle nie stil nie en ag dit noodsaaklik om jou te lei hoe en wat jy nou moet dink/fokus/bid.  Ds, bly self ook stil asb.  Beleef self ook die “lekkerte” van die stilte in God se teenwoordigheid.  So lank as wat jy praat (al is dit sinvol), is dit nog nie stil nie!

Iemand het iewers gesê dat ds. geweldig sukkel om stil te wees in die erediens.  Hulle voel verantwoordelik om te “perform“, om die erediens te lei, sinvol te maak en te hou, lidmate se aandag te hou, dat hulle self skoon ongemaklik voel as dit te lank stil is. 

Ja, dit raak ongemaklik na so 45-60 seks, maar wanneer die “ongemaklike lidmate” besef dit gaan nie nou gou verby wees nie, raak hulle óók stil!

Wat sê julle?  Soek julle soms net STILTE in die erediens?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s