Verkiesing 2009

Kom ons kyk waar staan ons afrikaanssprekendes!

4 responses to “Verkiesing 2009

  1. Aggenee boerinballingskap. Stem moet ons stem (behalwe as jy nie kan nie – ek vermoed jy kan nie daar doer nie). Mense was vir jare bereid om hulle lewe op te offer om te kan stem. Dis alleen deur te stem dat ons kan seker maak dat ons pragtige land demokraties en vry bly!

    As jy sou/wou/moet stem, vir wie?

    Of hoe?

    Like

  2. Jammer, om jou teleur te stel, maar ek’s nie ‘n stemmer nie. Ek weet dis nie baie gewild om dit te erken nie. Maar as iemand vir my kan se dat my stem sal verhoed dat die ANC maar weer die verkiesing wen, sal ek versker stem. Die realiteit is dat geen party ‘n kans staan teen die ANC nie.

    Like

  3. Wel, jou stem sal nie keer dat die ANC wen nie, maar jou stem kan help dat daar ‘n ordentlike demokrasie bestaan; m.a.w., dat die ANC nie AL die setels kry nie; ook nie 2/3 meerderheid waarmee hulle dan die grondwet kan verander en demokrasie kan dood maak nie. As ons dink in terme van 10: As 6 ouens vir die ANC stem en 4 vir non-ANC, is die verdeling maklik – 6:4, oftewel 60% meerderheid. Maar as een van die 4 nie stem nie, en die ANC kry steeds net hulle 6 stemme, het hulle 66% steun (effektiewelik kry hulle 1 by om weer 10 setels vol te maak).

    Nee wat, ek glo ons moet stem. Deur nie te stem nie, ontneem ek myself die reg om kritiek te lewer.

    Terloops, dit lyk nou onmoontlik of die ANC kan verloor, maar so het dit ook gelyk voor die NP in 1948 gewen het. “Wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie”, waarsku Paulus ons in die Korinte brief. Ek vermoed dat Cope die ANC bitter seer gaan maak.

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s