Jock Joost

Ai, dat ons dit so op ons sondagkoerant se voorlbad moes sien – nogal in sulke grafiese detail.

Ek het nie veel erg daarin of Joost skuldig is of nie (ek het nogal in sy onskuld geglo, maar weet deesdae nie meer nie).  Wat my krap, en waaroor ek vandag wil blog, is:

  1. die flippen koerante se, dikwels onetiese gejaag na “snert” met die engiste motief om sirkulasiesyfer te laat styg, maak nie saak teen watter prys vir enigiemand nie.  Dat daar kindertjies op die spel is wat dalk hul pa/ma op die voorblad van ‘n koerant in net hul onderbroek/deurtrekkertjie sien, maak blykbaar nie saak nie.  Dat daar huwelike is wat dalk onherstelbare skade ly, is blykbaar oraait.  Vir my is die koerantewese dan skuldig aan presies dieselfde “sonde” as waarvan die berig getuig.  Tereg het Darren Scott gevra:  is dit die beste wat daardie verslaggewer kan getuig oor sy “achievements“.  Gaan hy eendag aftree en met lof vertel van sy acheivements en hierdie storie lys?  Nog erger, gaan God eendag vir die verslaggewers/redakteurs sê: wel gedaan!  Jy het goed gedoen met daai storie?  Nope, Don’t think so!
  2. en dan die “holier than though” siekte van koerante én verslaggewers.  Soos in die Bybel: wie onskuldig is, gooi die eerste klip.  En ja, in die Bybel was dit in ‘n situasie waar dit ook erge sosiale skandes gegaan het – ‘n prostituut wat betrap is (sjoe, nogal ooreenkoms).  Ek keur dit nie goed nie, maar val sal ons val.  Die sondige natuur in ALMAL van ons se een groot doel is om ons lewe te verwoes.  Dom en onnosel besluite, en veral op die ingewing van die oomblik (en veral as die bloed warmer is as wat dit moet wees), het seker al menige mense getref, selfs hul ondergang bewerk.  Baie is dalk op die randjie van ewe sosiale skade en skande gered deur, wel deur genade!  As Bill Clinton terugkyk, sou hy waarskynlik ook bieg en sê: dit was die dommste ding wat ek nog gedoen het.  Kom ons waak en vee maar voor ons eie deur.  Dit gaan tog nie regtig oor die erge graad al dan nie van ons oortredings nie.  Ons almal oortree en moet daaroor rekenskap gee; of ons toevlug na Jesus neem wat juis dáárvoor vir ons sondes kom sterf het.   In Christus word ook Joost (of wie ook al) se misstap vergewe en is horisontale en vertikale versoening moontlik.

Noem my naïef, maar ek verkies om nie sulke nuus te lees/weet nie.  Nou ook nog Naka Drotske.  Los die mense dat hulle hul werk kan doen.  Los hulle dat hulle helde kan wees vir die jong laaities wat na hulle opsien.  Daar’s tog niks daarmee verkeerd nie.  Daar is in my oë meer daarmee verkeerd om die hero se voete van klei só op die voorblaaie te vertoon en die jong laaities se vertroue in hulle heros te skend, óf dalk juis meehelp dat selfs dié verkeerde gedrag aangemoedig word by die jong laaities.

Ons is sondaars en, sonder die ingrype van Jesus Christus, oppad hel toe; sommige met die hulp van “snuif en seks”, ander deur leuens en bedrog…, maar niemand word gespaar nie (Rom 3:23).  Ons hoef natuurlik nie te gaan nie (dis nou hel toe), as ons Jesus aanvaar as God se plan (Hand 4:12), God se “vereffening” van ons skuld (Rom 3:24-26).  Ons gaan nie skielik ophou “snuif en seks” nie (as versamelnaam vir alle sondes natuurlik), val sal ons nog steeds.  Maar ons word vrygespreek deur Jesus se prys op Golgota.  Nie dat ons moet aanhou “snuif en seks” nie (Rom 6).  Nee, dit moet ons aan werk en deur die genade kan oorwinning behaal word.  Maar ons verlossing staan vas en word gewaarborg in Jesus as ons Verlosser (mits ons dit aanvaar het).

Koerante, spaar ons die juicy details asb!  Julle lewer nie só ‘n positiewe bydrae tot die samelewing nie (IMHO).

17 responses to “Jock Joost

  1. Pingback: Hou op kerm oor die media! « A day in the life of Corli van der Merwe

  2. Hi daar

    Ek het begin om kommentaar vir jou te skryf maar toe raak dit bietjie lank. Ek het sommer `n post daaroor geskryf op my blog. Gaan kyk gerus na `n joernalis se opinie, miskien sal jy dit interessant vind.
    Groete
    Corli van der Merwe

    Like

  3. “Dat daar kindertjies op die spel is wat dalk hul pa/ma op die voorblad van ‘n koerant in net hul onderbroek/deurtrekkertjie sien, maak blykbaar nie saak nie.”

    Luister EKKE, dit is nie die koerant se skuld as pappa nie weet van sy p**l in sy broek hou nie. En toe was dit ook nie die eerste keer nie!!!!
    En pappa het twee maande voor dit uitgelek het op ‘n christelike tydskryf se voorblad gepose en vertel hoe mooi hy leef vir die jesus. dan moes hy dit nie gedoen het nie nie. nee-a! expose sogenaamde rolmodelle vir wat hulle is. sodra jy in die opebare oog kom, met al sy wonderlike voordele, kom die nadele ook.

    take it oor leave it.

    ‘n Misstap!!! moenie dat ek le soos die lag nie, dit was misstappies….LOL. Dis die goedkeuring van dinge soos die en die oor en oor verhewe aan die hand van teksversies wat maak dat daar gender-wanbalanse is. Loop mans rond is dit misstappies, loop vroue rond is hulle slette.

    Dis nie die media se skuld joost se huwelik is in sy petjie nie, dis sy eie skuld, hoe kan jy so naief wees. ROFL

    Like

  4. Ek kan nie GLO dat mense soos hoere (en dit sluit mans en vrouens in) wil tekere gaan en dan wil de moer in wees as dit uitkom nie. Wie is die sondige een hier? Beslis nie die koerant wat net die WAARHEID gepubliseer het nie. Joost en al die ander wat oor die tou trap, moes aan hulle vrouens en kinders gedink het VOOR hulle met die broek op die kniee gevang is!

    Dis NIE die media se plig om aan hierdie wetters se kinders te dink as hulself nie eers aan hulle onskuldige kinders gedink het nie. laat ek eerder net loop, want hierdie manier van dink maak my sommer bloedbefok!

    Like

  5. roselindfranklin

    “Dis die goedkeuring van dinge soos die en die oor en oor verhewe aan die hand van teksversies wat maak dat daar gender-wanbalanse is. Loop mans rond is dit misstappies, loop vroue rond is hulle slette.”

    jammer, maar dis pure snert. as jy gender issues (of is dit bagasie) het, moenie dit probeer inlees in my blog nie. ek maak nerens die afleiding dat vroue slette is as hulle val nie. en as jy mooi lees, se ek duidelik dat ek dit nie goed keur nie. maar dis nie my werk om te veroordeel nie. as jy wil, kry vir jou.

    Like

  6. Ek hoop nie Piet van Wyk de Vries gee om nie, maar ek moet hom nou net quote:

    “Hoekom is almal besig om uit te freak omdat Theuns Jordaan nou ‘n lovechild het. Of omdat Joost vd Westhuisen nie impotent is nie? Wat die f*k het hierdie goed met enigeiemand uit te waai?

    Moenie sê “maar hulle is rolmodelle” nie. Crap man! Nooit ooit het iemand vir Theuns Jordaan aangestel as ‘n rolmodel vir hoe om te leef nie. Hy is net veronderstel om te sing. Nooit het iemand vir Joost aangestel as ‘n rolmodel vir hoe om ‘n suksevolle huwelik te he nie. Hy is net veronderstel om ‘n rolmodel te wees van hoe om rugby te speel.

    Hierdie ding dat almal wat in die nuus is leliewit lewens moet lei kom erens uit die 40’s uit en is net vir idioote. Dis tyd dat ons verby dit kom. Hou op om geskok te wees elke keer wat jy uitfigger ‘n celebrity se lewe is net so ‘n gemors soos joune. Enigste verskil is jou foute kom nie in die koerant nie. Mense wat jy raakloop voel nie dat dit hulle reg is om vir jou te se hoe om te lewe nie. Jou kliente gee oor die algemeen nie ‘n f^k om vir wat jy doen na ure nie, solank jy jou werk doen.

    As jy nie dit in jou kop kan regkry dat iemand wat goed is in een gebied nie blindelings op ‘n pedestal gesit moet word in alle aspekte van die lewe nie, en dat wat die persoon aanvang in sy of haar privaat lewe rerig nie onderhewe is aan jou eie morele standaarde nie, want jy het net betaal vir die CD, jy het nie die persoon indiens geneem om jou kinders vir jou op te voed , of om jou ma of pa te wees nie. Dan is jou probleem met hulle net dit : JOU PROBLEEM.

    Dan moet jy liewer maar ophou om mense te ondersteun vir hulle talent, en net fokus op hulle voorbeeldige lewens. Soos al die ander eks Jurie Els fans.

    As jy wil he dat al jou heros virgins moet wees, ondersteun dan net virgins….ek wonder watse soort rugbyspan dit sal oplewer….

    Hierdie “skandale” lately in die koerante sê baie minder van die privaat lewens van mense, as van die hipokrasie wat erens “OK’ geword het in ons wereldtjie. Lyk my helfde van ons nasie swem in die Nyl.

    Jy mag nie oordeel nie.

    Watse deel van daardie is onduidelik? En ek wil nie hier praat van bybels nie. Vergeet die konotasie. Jy mag nie oordeel nie is baie goeie lewens advies. Want mense wat oordeel is mos nie noodwendig antichriste nie (in-flippen-teendeel!!!!).

    Hulle is net kak mense. Los ‘n ander man uit. Daai God wat jy in glo het hom gemaak net soos hy is. Wie de f*k is JY, wize-ass?

    Anyway, soos ek altyd sê, net omdat daar konstertinas, vioole en mooi afrikaanse woorde in is, moenie ooit nooit ooit ever dink dis nie Rock’n’Roll nie.”

    Like

  7. Ja, hulle sê in daai hoender advertensie – “hulle smaak so lekker, want hulle eet so lekker.”

    Piet raas so lekker, want hy is self so lekker stout.

    Roer, kom ek vertel jou ‘n geheimpie – Piet van Wyk de Vries maak so baie geraas hieroor omdat hy self so paar geraamtes in sy kas het wat nogal kwaai ratel. Wonder wat sal die media my daarvoor betaal? Of dalk is hy nou nog nie eintlik bekend genoeg nie.

    As ek Pietie is, bly ek eerder doodstil en handhaaf ‘n uiters lae profiel!

    Like

  8. Ons uitlatings en dit wat ons dink oor Joost en wie ook al (vriende, familiei, kenisse, vreemdelinge) moet gevorm word van en gebaseer wees op dit wat die Bybel vir ons leer. Leer die Bybel ons om lekker te kry as iemand val? Leer die Bybel ons om iemand onwelvoeglik te behandel wanneer hy of sy verkeerd doen? In wie se belang lewer ons kommentaar en spreek ons onself uit wanneer daar van iemand gepraat word? Is dit reg om te dink of se:”Lekker, jy wil mos!”,”Jy moes gedink het voor jy…!”, ens…

    Lees bietjie 1 Korinthiers 13:1 – 13

    Like

  9. exactly dvdm, al het ek corli met aandag gelees, is ek nog nie oortuig op die joernaliste se selfopgelegde missie nie. Joernaliste ag dit blykaar hul plig om al die gorry details op ons voorblaaie vir ons te pos.

    Like

  10. Iets val mens op, wanneer onderwerpe soos hierdie een oor Joost byvoorbeeld, aan die orde kom. Wie is reg en wie is verkeerd? Aan die einde van die dag is almal verkeerd, van die een wat verkeerd handel, tot die een wat daaroor berig en ook die een wat dit lees. Dit is veral die motief wat dit verkeerd maak, want met die regte motief, sal baie min mense sondermeer net lees en nog minder daaroor berig, soos wat normaalweg die geval is. As ons werklik in ‘n opbouende samelewing is, sal sulke sake totaal anders hanteer word.

    Ek glo persoonlik daar is beroepe, wat bloot uit die aard van so beroep, baie moeilik deur ‘n gelowige gevul sal kan word. Alhoewel mens weereens versigtig moet wees om nie te veroordeel nie, want omstandighede, motiewe en diesmeer regverdig soms dinge, maar sekere beroepe is oor die algemeen geroepe om sonde te stig in mense. As iemand hier lees en ge-affronteerd voel, weet dat dit hier gaan oor die swakheid van die mens en dit wat mens liefs moet vermy, om jou swakhede nie heeltyd te versoek nie. Beroepe soos byvoorbeeld die van prokureur of joernalis, is beroepe waar mens werklik mooi moet dink en veel meer versigtig moet wees, as met baie ander. Ek ken meer as een prokureur wat na hulle tot wedergeboorte gekom het, nie meer met hul beroep kon aangaan nie. Van hierdie mense ken ek persoonlik, maar mens hoor ook baie daarvan. Hier en daar is seker prokureurs wat nie so buitengewoon versoek sal word nie, maar dit sal seker maar die uitsondering wees. Al wat ek aan die einde van die dag wil sê is bloot net dit, wees maar versigtig hoe jy met ander se leed en swakhede omgaan.

    Like

  11. Ferdi se die volgende: “Ek glo persoonlik daar is beroepe, wat bloot uit die aard van so beroep, baie moeilik deur ‘n gelowige gevul sal kan word.” en dan voeg hy gou by mens moet nie oordeel nie, hy noem dan joernaliste en prokureurs is sulke beroepe.

    Ferdi, sluit dit die kerkbode, ligtoring en leef se joernaliste uit. hhmmmm???

    Dit is seker die grootste pot kak wat ek in my hele lewe gehoor het, nee wag dit haal die top-tien kak statements wat internasionaal nog ooit gemaak is.

    Like

  12. Pingback: Rights and Counter Rights « diepienaar

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s