Voorwaardes vir ‘n vreugdevolle lewe (Fil 4:4-9)

Cool stukkie vanoggend gelees oor die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan.

Alec Motyer skryf in The Message of Philippians dat hierdie gedeelte gaan oor die behoeftes, beloftes en voorwaardes van gelowiges.

Die Behoeftes

Gelowiges het die behoefte:

  1. om beskerming.  Beskerming van ons hart en gedagtes.  Hart verteenwoordig die bron van ons lewe terwyl gedagtes die “uitvloei” verteenwoordig.  In die Bybel was “hart” altyd meer as net die fisiologiese orgaan wat ons bloed laat pomp.  Motyer sien dit hier as die bron van persoonlikheid, gedagtes, etiek; die bron vanwaar die hele lewe uitvloei.  Die gedagtes verteenwoordig dan die uitvloei.  Afrikaanse gesegde: waarvan die hart vol is, loop die mond van oor pas ook goed hierby.As ons hart en gedagtes beskerm word in Christus, gefokus op Christus, is ons veilig in die Here.
  2. Die mens het egter ook ‘n behoefte aan die gereelde teenwoordigheid van God (:9).  Baie soos die Coram Deo waarmee ons so paar jaar gelede gewerk het in spiritualiteit.  Gelowiges “wag” nie net op die wederkoms nie, maar beleef nou reeds die vreugde van ‘n teenwoordige God.

Die Beloftes

Volgens Motyer, gee Paulus voorts 3 beloftes:

  1. ons lewe sal gekenmerk word deur ‘n “andersheid“!  Dis waar Paulus sê, vrede wat alle verstand te bowe gaan; m.a.w. wat nie verduidelik kan word uit menslike vermoë nie.Dis duidelik dat die christene in vandag se wêreld, meer hul andersheid moet vertoon.   Dis asof die christendom eintlik al meer soos die wêreld begin dink en glo.  Ons is immers kinders van die “Gans Andere God“.  Wie het dit gesê?  Hans Kung of Karl Barth?  Ek dink Karl Barth.
  2. om beskerming.  God se vrede sal by ons wees en ons beskerm teen oa. backsliding (…sal oor julle gedagtes die wag hou in Christus Jesus).
  3. om vrede.  God het immers vrede bewerkstellig tussen Homself en ons – vertikaal (versoening van 1 Kor).  Maar, dis nie net vrede in, kom ons sê, menslike terme nie, maar ook Goddelike vrede wat as’t ware ‘n andersheid oor ons bring; ‘n innerlike heelheid, wat uiteindelik ook sal uitvloei (horisontaal) na buite.  So word hierdie “vrede wat alle verstand te bowe gaan“, die teken van ons andersheid!

Die Voorwaardes

Motyer sê (Paulus sê), as ons die beloftes wil geniet, moet ons die opdragte uitvoer; die voorwaardes nakom.  Hy wys op 4 voorwaardes waarop Paulus klem lê:

  1. verhoudings.  Ook hier gaan dit oor die vertikale (tot God) en die horisontale (tot ons medemens) verhoudinge waarin ons leef.  Ons kan nog baie meer oor hierdie verhoudings sê (vgl. Johan Heyns; Dogmatiek).  Ons is verhoudingswesens.  Maar belangrikste: vind jou vruegde in die Here.
  2. omstandighede.  Vers 6: maak alles in gebed en danksegging aan God bekend.  Die teenmiddel vir angs en vrees is juis dit!  Dra dit aan God op, en dank Hom vir die uitkoms.  So ontspan jou gemoed omdat jy nie meer op jou eie vermoë hoef staat te maak nie.  Nie ontvlugting nie, maar oorgawe en afhanklikheid.  Dit wys waarop jy vertrou (trust).
  3. gedagtes.  vers 8: wat ookal rein, mooi, goed ens. is, daarop moet ons ons gedagtes rig.  Ek het ‘n donkiebrug vir die jongmense geleer om dié te onthou: waar ek rond ry moet pa lei
    W – waar
    E – edel
    R – reg
    R – rein
    M – mooi
    P – prysenswaardig
    L – lofwaardigSluit ook aan by Rom 12 – vernuwe julle gedagtes.  Gedagtes bepaal jou hele lewe (Spr 4:23).
  4. gedrag/optrede.  vers 9: wat ons gesien en gehoor het, dít moet ons doen.  Ons moet dit opsoek, nastreef wat reg is.

Só, sê Motyer, sê Paulus kan ons die beloftes van God geniet.  Doen dit, en die vrede wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle gedgates die wag hou.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s