Jou Geestelike Temperament

Ek onthou toe ek Rick Warren se 40-dae gelees het, het hy gepraat van verskillende spiritualiteitstipes wat onmiddellik my aandag getrek het aangesien ek al dikwels nie dieselfde opgewondenheid oor ‘n saamtrek, of erediens, of geleentheid as ander gehad het nie.  Aanvanklik het ek gedink daar’s iets fout met my geloof, maar namate ek almeer genade verstaan het, al meer gegroei het in my eie verhouding met die Here, het ek besef daar moet iets anders wees; daar moet verskillende maniere wees van daardie “oomblikke van intieme gemeenskap met die Here”.  Ek moet sê; my 3 jaar werk in die wildtuin en die ongelooflike tye wat ek tussen byv. Punda en Tshokwane met die Here beleef het, het ook gehelp besef – daar’s iets meer as wat die kerke/dominees ons oor die eeue geleer het oor “Coram Deo“, oor “omgang met die Here in stiltetyd”.

“What’s your God language” van Myra Perrine (2007) is toe presies hieroor.  Na ‘n lekker inleiding verduidelik sy 9 verskillende spiritualiteitestipes; hoe hulle funksioneer in ‘n verhouding met die Lewende God met voorbeelde uit Bybelse persoonlikhede.  Die boek sluit af met spiritualiteitsoefeninge vir elk van die tipes om jou intieme verhouding met God verder uit te bou en daarin vreugde te vind, maar ook om, soos sy sê, ‘n “appreciation” vir elk van die ander tipes te kry.  Die bedoeling is dus nie om te sê : “gelukkig is ek nie soos hy/sy nie”.   Uiteindelik is dit dus selfs moontlik dat jy God kan beleef in elk van die tipes, maar dat jy altyd 1, 2 of 3 of selfs meer “gunsteling-tipe” sal uitleef.  Die boek sluit ‘n temperament-inventaris in waarin jy jouself kan identifiseer, hoewel jy waarskynlik in die beskrywing van die tipes jouself alreeds duidelik sal kan plaas.

Wat ek hou van die boek is dat dit jou nie “plaas in ‘n boksie” nie, soos so baie ander vraelyste en persoonlikheidstipes soms doen.  Dit wys weliswaar jou “hoof of voorkeur” tipe uit, maar bevestig dat jy waarskynlik nie net die een of die ander is nie.  Trouens, dis eintlik goed hoe meer tipes jy jouself in kan sien, want in elk van hulle lê daar waarheid en winspunte in.  Ons moet soms die Here dien en lief hê in barmhartigheidsswerk hoewel dit dalk nie ons default sal wees nie.  Ons moet soms die onreg trompop konfronteer al is dit nie ons default nie; ens.

My persoonlike opsomming verder:

God stel nie soseer belang wat ons doen in die stil tye met God nie, maar wie ons is.  Sluit aan by die doing-funksie vs die being-funksie van geloof wat ons by Jurgens Hendriks geleer het.  God is die een wat ‘n intieme verhouding met ons wil hê én inisieer, daarom hou Hy dit ook in stand.  As God die skepping, en veral mense so elkeen uniek en besonders gemaak het, waarom sou Hy dat ons almal volgens één metode Hom loof en prys, spirituaiteit beoefen.  Almal hoef dus nie NG-manier, of AGS-manier, of Charismatic-manier, of Anglican-manier te wees nie.  Daar’s ‘n rype verskeidenheid maniere wat God behaag (sal interressant wees om weer na Adrian Kuyper se eenheid vs. verskeidenheid te kyk) en wat aansluit by jou unieke identiteit.  Ons mag dus nie van almal verwag om Coram Deo op dieselfde manier te wees/beoefen nie.  Dis eenvoudig strydig teen die geskapenheid.  “The generic ‘one size fits all’ formula for spiritual growth simply isn’t cutting it” (Perrine, 2007:6).  Sy noem hierdie die “one God, many relationships” phenomen (2007:7).

Vervolgens bespreek sy haar 9 spiritualiteitstipes:

  1. “Activist – loving God through confrontation with evil”.  Dis die ouens wat opstaan en optree as daar onreg plaasvind.  Dryf gewoonlik “causes”.  Voorbeeld: Moses.
  2. “Ascetic – loving God through solitude and simplicity”.  Die tipe funksioneer op ‘n lae sensoriese impuls en sien lyding en beproewing as deel van hulle geloofsbelewenis.  “Suffering en self-denial” is vir die ouens net nog ‘n manier om God lief te hê.  Vooreeld: Johannes die Doper, Daniël.
  3. “Caregiver – loving God through serving others”.  Hierdie ouens sien ‘n nood en reageer.  Hulle voel die naaste aan God wanneer hulle iets vir Hom doen.  Voorbeeld: Moeder Theresa, Rut.
  4. “Contemplative – loving God through adoration”. Dis ‘n moeilike een maar is gewoonlik die ouens wat aangetrokke voel tot ‘n meer mistiese belewing, om te rus in God se teenwoordigheid deur baie tyd met God te spandeer.  Te veel “besig-wees” is die teenoorgestelde.  Voorbeeld: Maria van Bettanië, Lasarus se suster wie by Jesus se voete gesit en die oomblik geniet het.
  5. “Enthusiast – loving God through mystery and celebration”.  Dis die ouens wat naby God voel wanneer ‘n groep bymekaar is en in sang en musiek God loof en prys; vol emosie en passievol, charismaties.  Voorbeeld: Miriam wat voor die Here gedans het (Eks 15).
  6. “Intellectual – loving God through the mind”.  Dis die ouens wat floreer op teologiese debatte, en hulle verhouding rasioneel beleef.  Kognitief, regte manier van dink; gebruik hulle verstand om oor God te na te dink.  Hou stiltetyd met ‘n kommentaar en hou daarvan om uitgedaag te word t.o.v. hoe hulle dink oor God.  Voorbeeld: Paulus.
  7. “Naturalist – loving God through experiencing Him outdoors”.  Dis die ouens wat God beleef in die natuur, wat dikwels ook die detail van die skepping raak sien en God daarvoor eer en loof.  Voorbeeld: Dawid as skaapwagter. 
  8. “Sensate – loving God through the senses”.  Dis die ouens vir wie sensoriese input (smaak, reuk, raak, hoor, sien) nader aan God bring.  Mooi argitektoniese katedraal, orrel, klassieke musiek ens.  Voorbeeld: Bach, Handel, Michelangelo.
  9. “Traditionalist – loving God through ritual and symbol”.  Dis die ouens vir wie rituele, simbole en sakramente hulle nader aan God bring.  En as dit nog oor eeue heen bewaar gebly het, versterk dit die gedagte van ‘n tydlose ewige God.  Tradisionaliste help ons ook om te onthou, om die fundamentele werklikhede en historiese waarhede van ons geloof te verreken.  Voorbeeld: Abraham. 

Ons spiritualiteitstipe is ons “default“, dis die tipe waarop ons terugval.  Ons hoef nie te wees/te doen soos ander nie.  God wil hê ons moet “authentic” wees en “avoid the guilt and frustration that come from trying to mimic another’s way of knowing and loving God” (2007:19).

Perrine sê ons geestelike temperament is eerstens God se geskenk aan ons.  Dis hoe Hy ons geskape het en wil hê ons Hom moet ontmoet.  Tweedens is dit ons geskenk aan God.  Dis die beste manier hoe jy jou liefde en passie vir God kan uitdruk.  Derdens is jou geestelike temperament ‘n geskenk aan die liggaam van Christus.  Dis die manier waarin jy die beste jou gawes, jouself kan gee tot beswil van die liggaam (Eff 4).

Daar’s baie meer in die boek – gaan lees dit as hierdie tema jou aanspreek.

4 responses to “Jou Geestelike Temperament

  1. Hallo Swartwitpens
    Ek sien jy het lanklaas geblog. Weet nie of jy nog hier skryf / lees nie, maar ek het hierdie inskrywing van jou baie geniet. Dit maak sin. Dink jy nie ‘n mens kan dit nog verder vat en se dat God so groot en alomteenwoordig is, dat ‘n mense hulle spiritualiteit ook in verskillende godsdienste uit kan leef nie? Ek hoop nie jy het opgehou om te blog nie!

    Like

  2. Hallo Annerkant

    Ja, ek blog deesdae min aangesien ek nuwe pos het wat vrek baie werk het – maar geniet dit baie.

    Terug na jou vraag: Ja wel, ek het nie noodwendig ‘n probleem met jou stelling nie. Ek weet net nie hoe wyd jou “godsdiens” is nie. Ek het vrede daarmee dat daar ‘n verskeidenheid godsdienste kan wees. Ek dink glad nie dat net “ons kerk(e)” die enigeste ware godsdienste is nie. MAAR, die Bybel self gee vir ons die “kriteria” – Jesus is die weg, die waarheid en die lewe. Jesus is die “crux” waarom alles draai. Ek sou dus, m.i. alle godsdienste uitsluit wat Jesus ontken as die Seun van God, die Messias, ons Verlosser-plan van God – hoe ky dit ookal wil stel.

    Like

  3. Pingback: Angus Buchan en die MMC 09 « ekke dink

  4. Pingback: kerk of nie? « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s