Die Huwelik:

Preek gelewer ‘n So in Mei 2008.

Inleiding:
Dis wonderlik om te sien as ‘n man en vrou vir mekaar lief is. Dis asof die hele wêreld, gelowiges en ongelowiges, die mooiheid daarvan erken. Ek sien die afgelope week op TV waar ‘n ou op sy knieë sy verloofde vra om te trou en die “studio guests” se “aaah”. Of as ‘n ou oom en tannie op die strand liefdevol saam stap, dan skep dit ‘n gevoel van “tevredenheid” by ‘n mens, van verwondering. Vir my het dit kompleet gelyk soos wanneer die son deurbreuk op ‘n bewolkte dag. Waar ‘n man en vrou mekaar liefhet, lyk dit kompleet asof ‘n stukkie van die hemel deurbreek op aarde. En dis hoe God dit bedoel het. Oral waar ons in die Bybel lees oor die verhouding tussen ‘n man en vrou, of oor die huwelik, dan is dit duidelik dat dit God se bedoeling was dat man en vrou mekaar moet liefhê. En die duidelikste van dié gedeeltes, is natuurlik Eff 5:21-33.

Kom ons kyk wat sê die Bybel aan mans en vroue oor die huwelik.

Mans:
Mans, julle moet julle vrouens liefhê.
– Nie as sy….,
– nie omdat sy …;
– nie as die “amerikaanse chemicals” daar is nie.
– Onvoorwaardelik!
As God so ver gegaan het as om vir ons te sê dat ons ons vyande moet liefhê (daar is tog geen “chemicals” tussen ons en ons vyande nie), hoeveel te meer dan nie ons vrouens nie. Jy moet haar liefhê selfs al verdien sy dit nie; selfs al het jy dit “verloor” oor die jare. Want liefde is nie ‘n gevoel nie; dis ‘n wilsbesluit. As dit ‘n gevoel was sou die Bybel nie op so baie plekke die opdrag gegee het om mekaar lief te hê nie. Daar is/kan gevoelens by/wees, wat dit natuurlik makliker en selfs lekker maak, maar dis in die eerste plek ‘n opdrag.

Hier in Eff nog soveel meer. Mans, julle moet julle vroue liefhê soos Christus sy kerk liefgehad het. Hoe het Christus sy kerk liefgehad?
– toe ons nog in sonde was, nog sy vyande was het Hy ons, sy kerk, al lief gehad.
– Hy het Sy persoonlike behoeftes ondergeskik gestel
– Christus het sy lewe afgelê vir sy kerk. Hy het vanaf sy ereposisie in die hemel aarde toe gekom om verneder en vervolg te word, te ly en te sterf, vir ons, sy kerk. Hoekom, sodat hy die kerk heilig en onberispelik voor God kan bring by die wederkoms. So moet ons ons vroue lief hê. Ons moet so met hulle omgaan dat ons hulle ook heilig en onberispelik kan bring na God: “Here, hier is die vrou wat U aan my toevertrou het; heilig sonder vlek of rimpel (behalwe natuurlik die ouderdoms rimpels :->)!”

Iemand het iewers geskryf: Die enigste manier hoe ek my vrou kan kry om ‘n ideale huweliksmaat te wees, is om self die ideale huweliksmaat vir haar te wees! Mans, wees vir julle vrouens lief!

Vroue:
Dis een van die ongewilde tekste in die Bybel. Ten spyte daarvan maak ek geen verskoning daarvoor nie. Ons kan dit ook nie uit tippex nie. Ek dink die probleem met onderdanigheid, of hierdie teks oor onderdanigheid is nie die onderdanigheid self nie, maar die misbruik daarvan; net soos drank nie die probleem is nie maar die misbruik daarvan. Die wêreld het onderdanigheid beet gekry en daarvan ‘n “slawerny” gemaak wat dit nooit bedoel was om te wees nie.

Eintlik kan ek nie vanoggend hieroor praat nie, want ek’s immers ‘n man. Maar ek deel maar so bietjie van my ervaring van 21 jaar se huwelik, gesprekke met paartjies en vroue; en ander vroue se verhale hieroor.

Onderdanigheid is nié:
– vloerlap, lyfbediende nie
– om geen persoonlikheid of identiteit te hê nie.
Gaan kyk maar na die vroue in die Bybel. Baie van hulle was sterk vroue wat geweldige belangrike rolle gespeel het in die Bybelse verhaal; en tog was hulle in ‘n bedeling wat baie erger teenoor “vroueregte” was as waarin ons leef. Mans en vroue is nie in kompetisie met mekaar nie. Elkeen het ‘n Godgegewe rol en funksie in die skepping en daardie rol moet ons vervul. Vroue kan hul plek in die samelewing vervul en nog onderdanig aan haar man te wees. ‘n Vrou hoef natuurlik nie onderdanig aan enige ander man te wees nie, slegs aan haar man (dink ek!).

Nogtans sê die Bybel: vroue, julle moet onderdanig wees aan julle mans (soos wat julle ook eintlik onderdanig is aan mekaar). Ek het iewers gelees dat onderdanigheid eintlik meer gaan oor ‘n vrou se vetroue in God as oor onderdanigheid aan hul mans. Die persoon het geskryf: as jy as vrou nie saam stem met ‘n besluit nie, i.p.v. opstandig te wees, nie onderdanig te wees nie, is dit dikwels ‘n toets/oefening in geloofsvertroue dat God nogtans alles ten goede sal laat uitdraai (Rom 8:39); of geloofsvertroue dat God my man se kop sal verander.

Iets anders het my ook opgeval: As ek as man my vrou liefhet soos wat Eff 5 vra, sal dit entlik baie maklik wees vir my vrou om onderdanig te wees, want ek sal alle persoonlike behoeftes opsy skuif ter wille van haar beswil. Ek sal haar altyd in ag neem en poog om in die mees triviale besluite konsensus te kry. Daarom kan hierdie twee opdragte eintlik nie sonder die ander gelees word nie. Vroue kan nie onderdanig wees as mans nie hul vrouens lief het soos Christus sy kerk liefgehad het nie (en vice versa).

Onderdanigheid het ‘n ander rol: en dit is om ons mans as leier en priester van die huisgesin se plek te bevestig en in ere te hou. Mans, julle moet natuurlik daardie rol weer opneem soos God dit wil. Moenie abdikeer as hoof, veral as geloofshoof van jou huisgesin nie. Vroue, moenie meedoen aan die amerikaanse media wat mans afkraak as die onverantwoordelike spesie op wie jy nie kan vertrou nie; moenie so oorneem dat hulle wil abdikeer nie. Vervul die rol en funksie wat God aan beide man en vrou togeken word. Alleen daarin is ware vervulling te vind, nie in emansipasie of bevryding of seksisme nie.

Slot:
Hoekom is hierdie “issue” so belangrik. Wel, liewe gemeente, dit lyk vir my asof die huwelik vir God baie belangrik is. Van die eerste “huwelik” in Gen af is dit God se bedoeling dat man en vrou saam gelukkig sal wees. Want, soos ek gesê het, daardeur breek so ietsie van die hemel deur na hiedie deurmekaar wêreld waarin ons leef. Mal sê in die engelse vertaling dat God man en vrou vir mekaar gegee het “to produce Godly children”. Nou eerstens, die bedoeling is nie vandag om te debatteer oor die rol van seks in die huwelik (rekreasie, prokreasie, kommunikasie ens) nie; en tweedens is die bedoeling ook nie om kinderlose huwelike as nié God se bedoeling te klassifiseer nie. Dis albei “issues” vir ‘n later gesprek. Die punt vandag is eerder hoe belangrik die huwelik vir God is. En hoe sterk Hy voel oor egskeiding.

Weereens liewe gemeente, ek verkondig maar net die Bybel; maar vir my is dit duidelik dat egskeiding verkeerd is. Ja, daar is talle redes en uitsonderings en ek wil ook hieroor nie vandag in ‘n debat verval nie. Ek veroordeel ook nie geskeides nie. Glad nie, God is ‘n barmhartige en genadige God en ek lees nêrens dat egskeiding die “sonde is wat nie vergewe kan word nie”. Maar ek verstaan beslis die Bybelse uitsprake en God se algemene bedoeling met die huwelik as dat egskeiding so vêr as moontlik vermy moet word. Ons moet dus alles in ons menslike vermoë doen om nie te skei nie en onshuwelike te red; om die woord egskeiding uit ons woordeskat te verwyder. Want boeta, as ons eers die “egskeidings-deur” met ‘n skrefie oopgemaak het, gaan die duiwel sorg dat ons een of ander tyd ‘n ding kry dat ons net nie meer wil aangaan nie. “Ek sal jou hierdie seer nooit vergewe nie…” Die duiwel is mos al eeue nie tevrede met enigiets wat goed en mooi en reg is nie. Hy wil ons (en veral ook ons kinders) se lewe verwoes.

Ek glo met my hele hart dat egskeiding ten alle koste vermy moet word. Die enigste “lyers” is die kinders (Mal 2). Ek glo mans, ons kan met ons liefde soos Christus sy kerk liefgehad het, ‘n geweldige verskil maak om te voorkom dat egskeiding plaasvind. Die grootste geskenk wat jy, pa, jou kinders kan gee, is om hulle ma lief te hê.

God haat egskeiding. Maar aan die anderkant, waar daar liefde tussen ‘n man en vrou is, breek daar iets van die hemel deur op aarde. Is daar ‘n stukkie hemel op aarde. Is die waarskynlikheid van “godly offspring” net soveel groter.

Kom ons wees weer lief mekaar en is onderdanig aan mekaar (Eff 5), getrou aan God se bedoeling met ons en ons huwelike.
Amen

7 responses to “Die Huwelik:

  1. Pragtig! Ek wens my man wil meer vir my se dat hy my liefhet. Om een of ander rede se hy dit nie en dit maak soms seer. Hy vra so baie : Wat is liefde? Hoe beskryf mens dit aan iemand wat nie glo nie?

    Like

  2. Tersia

    Liefde, selfs vir “iemand wat nie glo nie” is nog steeds
    # onvoorwaardelik;
    # ingestel op die ander se behoeftes
    # gee van jouself
    ens (dis nie ‘n volledige lys nie, sommer net ‘n gedagte of twee). Interressante boek is Gary Chapman se “Love Languages”. Volgens hom het elkeen ‘n eie “love language” en omdat elke huweliksmaat nie noodwendig dieselfde “taal” praat nie, hoor ons nie die liefde wat die ande een “verklaar” nie.

    Byv: as my “love language” tyd is, en my maat s’n “acts of services” (gunsies), gaan ek nie hoor dat sy vir my lief is as sy gunsies vir my doen nie, want dis nie my “taal” nie. Sy spandeer dalk weer nie tyd aan my nie (omdat dit nie haar “taal” is nie, en ek gaan gevolglik dink, sy’s nie lief vir my nie want sy spandeer nie tyd aan my nie (my taal).

    Hoop jy kry die prentjie :->. In elk geval, goeie boek om te kry en bewus te raak van die verskillende maniere hoe ons liefde van die ander ervaar en kan/moet gee.

    En laastens bid ek dat julle albei op dieselfde geloofsvlak sal kom (rephrase: bid ek dat hy sal glo!) – uit my ondervinding vind ek tog dat dit ‘n struikelblok in intimiteit kan wees.

    Like

  3. dit is pragtig.
    my man wys of se my nie meer hy is lief vir my.
    niks wat hy doen so se laat my voel hy is lief vir my.
    hy se hulle heti so groot geword.

    nou ek wil weet hoe leer ek hom om te wys hoe hy voel
    want selfs met sy kinders hy ken nie van drukkies en soentjies gee aan hulle
    hy is nog ne n kwaai man,en ek weet hy is lief vir hulle en vir my hy kan net nie wys hoe hy voel

    help seblief met n antword

    Like

  4. Miriam-uitgeput

    Dis moeilik met so min inligting…, soms voel dit soos ‘n dokter wat oor dsie telefoon ‘n diagnose moet maak en medisyne moet gee.

    Dog, ek meen te veel ouens skuil agter die “ons het nie so groot geword nie” storie. “What’s good of a mind if you can’t change it” pop by my op. Jinne, ons is die kroon van dieskepping; ons is nie diere nie; ons kan redeneer, dink, besluit en dus VERANDER. Ons is mos nie “so gemaak en so gelaatstaan” nie. Ons het die Heilige Gees wat o.a. ons help om te verander, nuut te maak (Rom 12:1-2). Dieselfde kragtige werking wat Jesus uit die dood laat opwek het, is aan ons gegee – hoe kan ons “nie verander” nie. Nee wat, as ons nie so groot geword het nie, is dit tyd dat ons daaroor dink en verander.

    Hoe? Ek dink ons moet begin om met mekaar openhartig (diep) te gesels; rerig uit te vind wat maak jou seer, waarvan hou jy, wat is jou liefdestaal! En ‘n ou se kinders – na jare van kinders, besef ek, ek is bereid om baie dinge te verander wat in die verlede “no go’s” was, as hulle dit vra.

    Net so bietjie gevoelens wys/gee, maak ons nie arm nie, Inteendeel!

    Hoop dit gee jou hoop!

    Like

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s