Kovsie-rassisme

My tyd vir blogging raak in die laaste tyd ook maar min, soos boer-in-ballingskap sê: soms moet jy ‘n “break” vat.

Ek wil net vinnig vandag iets sê oor die Kovsie-petalje.

Kêrels, julle stomme oomblikke …van “breinloosheid” maak die lewe vir ons ander Afrikaners wat veg vir ware versoening en vrede, en nasie-skap BAIE MOEILIK.  Ons is 3 Afrikaners tussen 120 ander swart broers.  Ons maak nie verskoning vir wie / wat ons is nie, maar probeer sukses maak van die wonderlike land van ons; probeer om ‘n lewe en ‘n sosiale gemeenskap-na-apartheid te skep waarin almal ‘n beter lewe kan hê.  Ons klim moeisaam die berg uit, tree-vir-tree.  Dan kom sulke nuusgebeure en sit ons spreekwoordelik 5 tree terug vir elke tree wat ons vorentoe beweeg.

Behalwe vir dit, is dit ondenkbaar dat “homo sapiens” sulke onmenslike “jokes” kan uitdink.  Al was ons in ‘n land waar daar geen kleur-issues was nie, waar daar geen geskiedenis was nie, sou dit ewe ondenkbaar gewees het dat ‘n mens so ‘n grap kan uitdink en uitvoer.  Om in iemand se kos te pp, al is dit vir die grap met ‘n botteltjie Oros, is gewoon nie snaaks nie en is nie die naam “homo sapiens” werd nie.  My hond, wat ons nou al so irriteer met sy gemerkery (alles in my erf word 1000/dag oor-en-oor gemerk), het nog nooit die ander hond se bak gemerk nie!

Wat my opval en stom slaan, en ek merk dit ook in ander situasies waar ek met kinders omgaan, is dat dit meestal van die ouers kom.  Ons kinders was nie daar nie (dis nou voor 1990); en tog “verlang” hul daarna; praat hulle oor swartmense asof hulle die wêreldse ondervinding het van die lewe voor 1990.  Waar hoor hulle dit?  By ma en pa.   Mnr, Mev, ek dink jy doen jou kind ‘n onreg aan om hulle rassisties groot te maak.  Oor x jaar moet hy/sy gaan werk in ‘n gemeenskap waar hulle sy/haar kollegas, heel moontlik ook sy/haar baas kan wees.  Verder maak julle dit moeilik dat daar vrede en versoening kan plaasvind.  Ek wonder of die ouers hulle kinders ook van die oorlog vertel het, van die jongman wat voor jou oë vermink is, selfs dood geskiet is; van die trauma om as 18-jarige met sulke harde wrede feite gekonfronteer te word.  Vertel julle die jongetjies ook van Steve Biko, van swart mense wat wreedaardig vermoor is; ens, ens.  Nee wat, kom laat ons geen illusies hê nie.  Die SA van apartheid was geen kinderpartytjie nie.  Moenie dit eers probeer voortsit / herinner in ons kinders nie.

Natuurlik is daar ook rassisme en verkeerdhede aan die ander kant; op die oomblik dalk meer as wat ons en hulle wil glo.  Maar kom ons vee voor ons eie deur en herbou hierdie land; vergeet van die ander se vuil werf.

Moenie links en regs kyk en vergelyk nie’; “Volg jy my”!

7 responses to “Kovsie-rassisme

  1. swartwitpens,

    Watter vrede en versoening is vir jou belangrik, dit wat die wêreld bied of dit wat net Jesus bied?

    Hierdie “brotherhood of man”, wat jy heel moontlik nie op sinspeel nie, maar wat tog deurskemer in jou plasing, is meer problematies as rassisme…

    Like

  2. Ferdi, die twee is nie altyd of noodwendig teenoor mekaar nie. Naturlik Jesus se vrede en versoening. Maar as jy Jesus se vrede en versoening ervaar het, moet dit deurgelewe word en ons wêreld raak. Dis ons wat die voorlopers van vrede en versoening tussen mense moet wees.

    Ek weet nie van die “brotherhood of man” waarna jy verwys nie. Wat ek eenvoudig bedoel is dat die studente se optrede vir my onmenslik is. Dit het niks met een of ander brotherhood te doen wat jy daarin probeer inlees nie.

    Like

  3. swartwitpens,

    Jy sê, “Verder maak julle dit moeilik dat daar vrede en versoening kan plaasvind.”

    Daar is geen vrede buite Christus nie en versoening kom net in die kruis. Net iemand wat in die self gesterf het, kan eerstens in Christus wees. Mens moet tog realisties wees, as mens in ‘n sekulêre samelewing leef, sal rasse-spanning iets wees wat mens direk raak. Mens moet jou kinders weens die feit dat die groot massa mense, buite Christus staan, daarop kan wys dat die mens van nature die natuurlike ordes nastreef. Nêrens bestaan hierdie utopia van sekulêre versoening tussen rasse nie, dit word deurgaans afgedwing en nog nooit het mense dit spontaan self gedoen nie. Ons word op deurlopende basis gemanipuleer deur veral die media, om ‘n reënboognasie te wees. Dit is een van die wreedste dinge om verskillende volke en nasies en rasse aan mekaar op te dring. Dit is teen die natuur en baie van hierdie onnodige moorde op jou eie mense, by benadering 2000 plaasmoorde, 30000 ander moorde, 50000 verkragtings ensomeer eb vele ander misdade, is weens magte op die wêreldtoneel, wat versoening tussen mense wil afdwing, wat ‘n “brotherhood of man” daar wil stel.

    Binne Christus pla hierdie dinge my glad nie, maar meeste mense is nie binne Christus nie en dan is onreg hul voorland. Dit sal ek my kinders leer, dat naïwiteit nie hul lot mag verseël nie, want God het nog steeds ordes, wat beter is as dit wat die wêreld bied, sou mense buite Christus staan. Rasse bestaan en kan nie weggewens word nie…

    Like

  4. Ferdi, hoekom is “ras” die issue? Ek word verplig om, byv. met my swaer/skoonsus in versoening te leef wat dalk ook nie in Christus mag wees nie. Daarmee sal ons nie ‘n probleem hê nie want hy/sy is mos dieselfde ras! Maar laat dit nou net ‘n ander ras wees met wie ek “polities” verplig word om versoen te lewe, dan het ons ‘n probleem dat hierdie soort “brotherhood” nie werk nie, naief en wreed is. Dit is nog wreder om my en so ‘n swaer/skoonsus versoen te laat lewe; maar ek moet t.w.v. my suster/broer.

    Nee, ek bly dus by my siening. Al is dit moeilik en wreed, ons moet versoening demonstreer, natuurlik allereers en ongekwalifiseerd met ons mede wit en swart christene; maar ongelukkig ook met “buite-christus” mense. Is dit nie ‘n merkwaardige getuienis as ons dit doen nie? Soos die Bybel sê: watter kuns is dit om dié lief te hê (lees ook versoen te wees) wat “maklik” is om lief te hê? Maar dit verg juis bo-natuurlike krag (Heilige Gees) om diegene lief te hê wie ek van nature NIE wil/kan lief hê nie (lees ook versoen).

    Like

  5. swartwitpens,

    Ras is nie vir my in “issue” nie en behoort ook nie in wese ‘n probleem vir die Christelike perspektief te wees nie. Ras is egter ‘n geweldige “issue” vir die wat buite Christus staan, weens natuurlike ordes wat openlik waarneembaar is. ‘n Wêreldkaart soos ons nou, vandag daarna kyk, spreek boekdele. Die toring van Babel het hierdie orde bewerk en nou wil die mens buite Christus weer so orde bewerk. Die nuwe toring van Babel is niks anders as die eenheidstrewe in ons dag nie. Hierdie strewe het met Christus niks te doen nie en misbruik Sy heilige liggaam om op mense en veral Christene se gevoel te speel.

    ‘n Christen is in elkgeval ‘n bywoner, al bly hy ook in ‘n aardse soewereine staat, wat ras-suiwer is. Mense wat ‘n liefde vir die eie het, is niks minder blootgestel aan demonisering van hul begeertes, as diegene wat ‘n liefde vir sekulêre eenheid in die mensdom voorstaan nie. Tog het God hierdie ordes so gewil en is die enigste orde groter as die bestaande ras-ordes, die orde wat Christus kom bewerk het. Die kaart van die wêreld wys bloot hoe lyk goeie orde, elkeen op sy bepaalde plek en die grense is bepaal soos God gewil het. Hy het die woonplek van die nasies daargestel, wat in wese maar rasgebonde is. Tot en met Christus se wederkoms, sal dit buite die orde van eenheid in Sy liggaam, nog steeds die mees perfekte orde vir die mens in geheel wees.

    Like

  6. swartwitpens,

    Ons kan maklik met hierdie onderwerp verby mekaar praat. My hele beweegrede is nie dit wat gelowiges moet glo nie, maar hoe die ongeloof van ongelowiges nie versoening kan bewerk, as hulle nie by die kruis gekom het nie. Hulle orde is in hoofsaak of die ras en groep waarbinne hulle staan of ‘n eenheid buite Christus en dit is ‘n realiteit wat mens moet erken.

    Like

  7. Jy’s reg, ons stem dalk meer saam as wat ons dink. Ek is met jou 100% eens dat die hoofdoel en strewe is eenheid in Christus. Eenheid is vir my ook nie eendersheid nie. Ek meen dus dat ek in eenheid as SA burger in ons land goeie burgerskap met mede-burgers kan uitleef, selfs al is baie (beide wit en swart) nog nie naby die kruis nie. Maar terselfdertyd is ons nog nie geestelik een nie! Daar is dus vir my verskillende soorte “eenheid en versoening” – dié met mede-broers natuurlik voorop; dié met mede-burgers om vreedsaam elkeen ‘n plekkei in die son te gee, natuurlik iets anders.

    Sjoe, dit klink meer deurmekaar – hoop jy verstaan; dink tog ons stem in wese ooreen oor die kern.

    Like

Lewer kommentaar op ekke Kanselleer antwoord