Belydenisskrif .: Quia vs Quatenus :.

BelijdenisEk is ‘n rukkie gelede gevra of ek die quia of quatenus standpunt huldig t.o.v. die belydenisskrifte van die kerk.  Ek antwoord toe die quia standpunt.  Aangesien sekere artikels deesdae anders geinterpreteer word, het dié gesprek ‘n vuurtjie aangesteek om weer oor dié onderwep te gaan oplees.  Ek het gewonder oor die volgende vrae:

  1. Of ons is oneerlik en rasionaliseer die bewoording van die belydenisskrifte om in te pas by wat ons (wil?) glo.  Soos byv: sommiges kan bely dat hulle nie noodwendig glo in die fisiese opstanding van Christus nie, maar omdat die belydenisskrif nie so (fisies) verwoord is nie, sou hy/sy nie “teen” die belydenis wees om tog nog te kan bely: “ek glo in die opstanding van Christus” nie (sien van Aarde onder);
  2. Of ons moet die belydenisskrite “tackle” en die bewoording meer eietyds verwoord, wat pas by ons meerdere kennis oor die openbaring van die 15/16/17de eeu;
  3. Of ons moet ons standpunt verander na quatenus
  4. Of ons moet altwee huldig: quia-quatenus (H Volten).

Net eers verduideliking: Die quia standpunt beteken dat die Belydenisskrifte onderskryf word omdat dit ooreenstem met die Woord van God.  Die quatenus standpunt beteken dat die Belydenisskrifte onderskryf word in soverre dit ooreenstem met die Woord van God.  In soverre beteken dus dat ‘n Belydenisskrif of spesifieke artikel “geignoreer” kan word omdat dit verskil van die Woord, in welke geval die Woord van God dan voorrang geniet.

Martin Luther

Hoewel dit na ‘n onbelangrike verskil lyk, kan dit nogal interressante debat bring.  Volens Wikipedia  kom beide die groeperinge in die Lutherse kerk voor.  Die “Confessional Lutherans” (quia) beweer dat hulle die getrouste is aan die Book of Concord van die 16de eeue en Luther se leringe.  Konrad Hartman  reken dis die rede vir die verdeeldheid tussen Lutherane en Gereformeerdes.

To raise the question of Altar Fellowship between Lutheran Reformed Churches can become very unpleasant because for the Reformed the denial of Altar Fellowship is the sin of schism.  But for Lutherans the Reformed doctrine of the Supper (the denial of the Real Presence) is heresy!

(aangehaal vanaf die web>

Vir die Lutherane (volgens Hartman) beteken die quia standpunt dan dat óf Luther het die teenwoordigheid van Christus in die nagmaal reg verstaan, óf hy het nie!  Vir Hartman kan jy dus nie die quia standpunt huldig, en eenheid met ander gelowiges beoefen wat ‘n ander siening het nie.  Dis vir hom gelyk aan kettery.

Kom ons kom ‘n bietjie nader aan huis.  Die Belhar belydenis is in 1986 deur die VGK (toe nog die NGSK) aanvaar, blykbaar met die wete dat daar verskille kan bestaan oor die formulerings.  Waarheid en Dwaling spreek sterk kritiek uit teen die moontlikheid om in eenheidsgesprekke tussen die VGK en die NGK, Belhar as belydenis te anvaar.  Hulle haal, rondom die ontstaan van Belhar die volgende aan:

Dit gaan in die Belydenis nie om die klein woordjie hier en daar wat iets anders sou sê nie. Dit gaan om die saak.’ Asof dit nie genoeg is nie, herhaal dr DJ Smit dit weer in sy toeligtende gedagtes: ‘Juis daarom is dit belangrik dat mens die saak waarom dit in die belydenis gaan, van harte onderskryf, en nie spesifieke woorde of uitdrukkings nie. Oor woorde en uitdrukkings en oor die beste uitleg daarvan, kan daar altyd ruimte vir meningsverskil, aksente en gesprekke bly bestaan’.

(Ds GJ Meijer, 2005. Aangehaal uit Waarheid & Dwaling )

Waarheid & Dwaling voel dus baie sterk daaroor dat ‘n Belydenisskrif nie op die beginsel van quia aanvaar kan word terwyl daar erken word dat formulering gebreke het en dubbelsinnig is nie. Jy kan nie net met die “gees” van Belhar saamstem, maar verskil met die fynere verwoording en dit dan as quia standpunt aanvaar nie.

Aan die ander kant is daar ook nagevolge met die quatenus standpunt.  Konrad Hartman  is bang dat quatenus t.o.v. die belydenisskrifte sal lei tot quatenus t.o.v. die Bybel ook – m.a.w. mense sal later dan ook die Bybel se gesag aanvaar in soverre daaraan geglo kan word .  Edwrd Schroeder (p2), ook ‘n Lutheraan stem saam en sê dat quatenus selfs kan lei daartoe dat Christene die Koran kan onderskryf in soverre dit ooreenstem met die Bybel.  Natuurlik nie ‘n ongegronde vrees nie, veral as ‘n mens kyk na die berigte van leerdwaling en kerklike ondersoeke die afgelope paar jaar (ook die ontstaan van die EI).  BJ Van Wyk (2005:p178) skryf dat prof AG van Aarde, dosent van die NH Kerk in ‘n verklaring in 2000 die volgende gesê het:

Wanneer ek die geloofsbelydenis saam met die gemeente in die erediens sê, doen ek dit nie met kritiek of ‘n gevoel van teësin nie.  Ek doen dit met instemming.” 

(BJ van Wyk, 2005, aangehaal vanaf die web)

Die Kerklike Kommissie van die NH kerk het dit nodig geag om te reageer vanweë persberigte van moontlike leerdwalinge, dieselfde lot wat sommige teoloë van die NG Kerk aan Tukkies getref het.  Maar prof AG van Aarde het ook al geskryf:

… is dit ook problematies om Jesus ‘Christus’ te noem.

(uit Images of Jesus, samesteller CW du Toit, Unisa)

Prof Julian Muller, bekend vir die kritiek wat hy al deurloop het, erken dat hy die belydenisse onderskryf, maar sê openlik dat hy nie die opstanding fisies verstaan nie, maar dat dit ‘n misterie is.  Dit bewys dus dat ‘n mens quia kan onderskryf maar dit só anders kan verwoord/interpreteer dat talle gelowiges dit sal sien as leerdwaling.  Of, jy kan quia onderskryf maar quatenus leef, wat eintlik gewoon oneerlik is.

Daar is natuurlik ‘n ander issue; dié van ondertekening.  Calvyn self was teen die dwang van ondertekening omdat die Bybel bo alles die enigste “juridiese” krag behoort te hê.  So beroep baie ander teoloë (Arminius, Augustyn, ek dink Barth ook) hulle ook daarop dat daar nie ‘n dwang vir ondertekening moet wees nie; of as ondertekening dan wel vereis word, moet dit bloot wees t.w.v. die eenheid in belydenis.

Opgesom: Meeste Gereformeerde kerke aanvaar die quia standpunt.  Maar meeste aanvaar ook dat daar ruimte is vir veranderings (deur byv. ‘n gravamen na ‘n Sinode), en dat die belydenisskrifte, soos ook die Bybel, gelees moet word teen die agtergrond en konteks waarin hulle ontstaan het.  En onthou, die Bybel as Woord van God is die hoogste gesag (norma normans), en dra sy gesag in homself.  Die Belydenisskrifte is norma normate, afgeleide gesag, gesag wat ten volle van die Woord van God kom (SKG – Noord Kaap ).  Slabbert Le Cornu  som dit mooi op:

Die Heilige Skrif is God se woord aan die mens, en die belydenisskrif is die mens se antwoord op God, waarin die volk van God die waarhede van die Skrif sistematies saamvat en bely.

(aangehaal vanaf Web)

Dirkie Smit skryf ‘n verhelderende artikel (Die Gereformeerde siening van ‘n Belydenis ) hieroor en noem 3 karakter eienskappe van die Gereformeerde Belydenisskrif:

  1. Die Gereformeerde belydenisskrifte is en bly altyd onderworpe aan die Woord van God as hoogste gesag (sien bo).  Dit beteken dus dat geen belydenisskrif ooit finale woord is nie; nooit bo kritiek en wysigings verhewe is nie.  Om op die quia beginsel te staan, plaas nie die belydenisskrif bo die Bybel nie.
  2. ‘n Belydenisskrif is, soos die Bybel, ‘n histories-kontekstuele dokument wat gelees en verstaan moet word vanuit hierdie historiese perspektief.  Dit beteken dan dat belydenisvorming nie ‘n afgehandelde proses is nie.  Nuwe situasies, nuwe kettery, nuwe kennis/insigte kan ‘n kerk lei om ‘n nuwe belydenis op te stel.  Karl Barth het gesê dat belydenisskrifte altyd voorlopig is; tot die teendeel bewys is.
  3. Omdat die belydenisskrifte menslike dokumente is en nie die gesag van die Skrif dra nie, is dit ‘n uitnodiging om te help onderskei of die Woord inderdaad reg gehoor is.

Met dié agtergrond, is ek van mening dat talle in die NG Kerk die belydenisskrifte inderdaad “verhef bo die Bybel”.  Jy mag nie daaraan raak nie, en moenie eers dink daaraan om ‘n nuwe een op te stel nie.  Miskien moet Dirkie Smit en Karl Barth se artikels wyer gepubliseer word.  Belydenisskrifte ís tydelik dokumente.  Maar, waak ook teen ‘n verskraling van die belydenisskrifte.  Belydenisse is, tot die teendeel bewys is, gesagvol omdat die Woord gesag daaraan toeken; omdat dit ooreenstem met die Woord van God.

Wat kies ek dan?  Ek kies vir nr 2.  Herformuleer die artikels wat nie meer in lyn is met nuwere insigte nie, en/of skep eietydse belydenisse wat vandag tot ons spreek.  Dalk is die Belhar belydenis dan nie so slegte idee nie, mits die “swak formulerings” aandag kry sodat met reg bely kan word: omdat dit ooreenstem met die Woord van God! 
Maar!  Ek wil nog sien hoe hierdie klomp teoloë aan die Suid-punt van Afrika gaan sam stem oor her-formulerings rondom die belydenisskrifte!

Dan moet ek, as 2de keuse nr 4 kies.  H Volten skryf:

Wij willen de handhaving der formulieren quetenus, voor zover zij de hoofdzaak des Evangelies belijden; wij willen de handhaving van de hoofdzaak der belijdenis, quia omdat zij overeenstemt met Gods Woord; wij willen haar nogmaals quatenus, voor zover daarbij niet afgesneden wordt de ontwikkeling en vervollediging van hetgeen waartoe de kerk gekom is”  

(H Volten, Rondom het blijden der kerk, Kampen 1962; p141; soos aangehaal uit PJ Kriel se artikel Gereformeerde Identiteit en Konfessionaliteit)

Sal later meer hieroor rapporteer.  Nou soek ek eers H Volten se boek.

Vir verdere leeswerk:
Gereformeerde Identiteit en Konfessionaliteit
Lekker brief van prof. dr. B. Kamphuis (Kerk en belijdenis) wat C Graafland antwoord

4 responses to “Belydenisskrif .: Quia vs Quatenus :.

  1. thinux, klink vir my amper asof jy ‘n quatenus (jouself) in ‘n quia houer wil indruk.

    Is mens nie maar ‘n (aktiewe) quatenus totdat die belydenis verander word nie, en as dit dan (volgens jou) heeltemal inpas by die skrif, word jy ‘n (proviso) quia nie (oop vir kontekstuele verandering)? Die alternatief sou wees passiewe quatenus wat nie die (volgens hom verkeerde) belydenisskrifte wil aanraak nie, wat dan amper ‘n verwronge vorm van passive aggressive quia is🙂

    Ek dink nie mens is een of die ander nie, jy gaan deur fases van die twee. As jy een of die ander is, is dit omdat jouself by ‘n definisie probeer inleef. Fundamenteel gaan dit daaroor of jy dink die belydenis sê wat jy dink die Bybel sê of nie. Jou opinie is tyd-afhanklik. Ek glo nie enige persoon is per se een van die twee nie. Dit is te eng vir die menslike natuur.

    Like

  2. Mieliepap: Dankie, dis nogal ‘n sinvolle opmerking. Ek het maar hieroor weer gaan oplees omdat ek, soort van, gedruk is: quia of quatenus in die absolute sin van die woord. En dis soos jy sê, dis nie so “swart-en-wit” nie né. Amptelik kies ons (my kerk/Gereformeerdes) quia, maar kontekstualiseer artikels in die “kairos-moment” (die nou en hier).

    Like

  3. Pingback: die belhar belydenis « ekke dink

  4. Pingback: Versoeningsleer – Wat het Jesus hier kom maak? | ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s