ESKOM-nie-die-mas-op-nie (excuse the pun)

Na gisteraand se verdoemende CarteBlanche verslag, is ek nog meer bekommerd. Ek’t gedog dis maar die regering se 1998 besluit om nie te investeer in Eskom nie, wat nou die power shedding tot gevolg het. Dit het m.i. inderdaad ‘n groot rol gespeel, maar Carte Blanche het gisteraand ook vir ons gewys dat daar nog ander oorsake is.

  • Soos ek dit verstaan het, is Eskom se probleem ook swak bestuur. Miljoene is aan performance uit betaal. Watse performance as die kragvoorsiening inmekaar tuimel, kon die arme ou van Eskom nie antwoord nie.
  • Die “nat steenkool” word as verskoning gegooi vir swak produksie van krag, maar soos die een voorsiener van steenkool tereg sê, dit reën nog altyd in SA gedurende die somer. Steenkool was nog altyd nat!
  • Daar is geen voorraad van steenkool by die “plants” nie omdat swart bemagtiging vervoerkontrakteurs nie die mas kon opkom nie.
  • Daar is eenvoudig nie meer skills om die werk na behore te doen nie. Die whiteys is vrywllig verplig om te gaan.

Ek voel dus vanoggend om dit uit te skree: Die ANC regering has failed the country!

Ek was van dié wat gesê het ek sal nie waai nie, kom ons gee die ouens ‘n kans, apartheid was in elk geval onregverdig en geen sprokieswêreld nie ens. Ek het selfs, al het ek self gely daaronder, swart bemagtiging ‘n kans gegee.

Maar nou het dit bewys dat dit geflop het. Al wat super bemagtig is, is ‘n klein meerderheid elite swartes; en die massa armes daar doer in die townships, tuinwerkers in ons tuine, is nog steeds net so ONbemagtig soos hulle 20 jr gelede was.  Selfs ‘n New Zealandse anti-apartheid aktivis het geweier om ‘n SA -toekenning te ontvang omdat hy geskok is oor die teostande in SA.  Makes you think. Lees die storie hier…

Power shedding is een ding, maar dat die myne sluit, besighede nie meer kan produseer nie en gaan de-investeer, gaan katastrofale gevolge hê. Hoe lank gaan die myne die duisende mynwerkers betaal voordat hulle bankkrot speel?

Al oplossing is dat ons moet begin bid dat die massas dit sal raaksien en die ANC sal uitstem sodat BEE wetgewing kan wegval en ons ‘n land kan word wat op equal opportunities to all kan begin met die moeder van alle heropbou prosesse. Dan moet die NUWE regering hoed in die hand na die wêreld hardloop en weer pleit vir investering o.g.v. stabiliteit wat sal intree. En dalk sal hulle ook sommer nog baie geld moet leen om blitsig die kragvoorsiening op te los.

Onthou julle waar kom die naam vandaan? ESKOM/EVKOM – Elektrisiteits Voorsienings (Supply) Kommissie? Hulle voorsien nie meer nie, so kom ons stel ‘n naamsverandering voor: EGKOM – Elektrisiteits Gebreks Kommissie.

Eskom ly aan VEGS – Verworwe Elektrisiteits Gebreks Sindroom

2 responses to “ESKOM-nie-die-mas-op-nie (excuse the pun)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s