Deon Maas

Deon Maas en talle ander gebruik die onlangse gebeure om te wys hoe onverdraagsaam die Christendom eintlik is.  Ek moet sê, ek was self “tempted” om erkenning te gee aan sy aanvanklike standpunt dat satanisme erkenning moet kry – nie soseer omdat ek pro-satanisme is nie, maar omdat ek glo in die konsekwente toepassing van ons grondwet i.t.v. menseregte.  Net dalk eendag het ons <christene> (voeg jou eie gropering in na keuse…) dit (die handves van menseregte) rêrig nodig!

Maar ek het bly ongemaklik voel totdat ek Pieter van Niekerk se artikel in die nuutste kerkbode (666 is meer as ‘n syfer in Kerkbode 7 Des 2007) gelees het.  Sy artikel het dit vir my mooi opgesom:  satanisme is nie budhisme, of hinduisme of so iets dergeliks nie.  Ja, ons kan hulle as godsdiens erken en ruimte gee, maar van Niekerk sê tereg dat satanisme nie rêrig ‘n godsdiens is nie; of miskien nie nét ‘n godsdiens is nie.  Dit is eintlik niks anders as die teenpool van, … wel alles!  Dit staan vir onreg, moord, doodslag, seksuele misdrywe, roof, diefstal, leuens; kortom MISDADIGHEID.  En om begrip te hê hiervoor en aan diegene wat hul toelê op dié praktyke ruimte te gee om dit onverhinderd te doen, is om ruimte te maak vir en verdraagsaam te wees teenoor gewoon misdadigheid.  Dit beteken dus dat ons alle polisiëring en sekuriteitsmatskappye moet vra om hulle werk te staak aangesien hulle, in die uitvoering van hulle taak nié ruimte gee vir satansime om hulle geloof te beoefen nie.

Mooi so Rapport.  Ek reken egter julle het nie noodwendig Deon Maas vir dieselfde redes afgedank as wat ek graag sou wou hê nie, maar geld en die verbuikersmag het nogtans gewen!

As ek die Bybel reg verstaan, mag ons maar onverdraagsaam wees teenoor die bose.  Miskien meer spesifiek in ons eie persoonlike lewe.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s