Belhar, o Belhar!

Ek het my B.Th verhandeling gedoen oor kerkeenheid waarin ek veral Belhar bestudeer en bespreek het. Nou, dit was baie jare gelede. Miskien het my geheue bietjie vervaag, maar defintief het die SA waarin ons bly intussen baie verander; wat natuurlik onvermydelik ons interpretasies inkleur.

Ek verstaan nie waarom mense die politiese ontstaansproses as hoofrede vir hul teenkating teen die Belharbelydenis het nie. Hennie Conradie skryf in die Kerkbode (Is Belhar Gereformeerd?) o.a. dat die Belhar Belydenis uit die bevrydinsgteologie kom. Ook Dr Mauritz Vorster “bewys” in die nuutste Kerkbode (7 Des 2007 – Belhar nie net oor ‘negatiewe assosiasies’ verwerp) dat die Belhar belydenis “polities gemotiveerd” is. So what! Die konteks waaruit dit ontstaan het was kettery – wie wil wragties vandag nog apartheid as ‘n “mooie sosio-kulturele reëling” vir ‘n samelewing goedpraat. Daar was en is niks goeds in die apartheid van die ou SA nie. Ek sien dus geen fout daarmee dat Belhar ontstaan het in so ‘n konteks en dus selfs daarna verwys in die status confessionis nie.

As dit die rede is waarom mense nie Behar wil aanvaar as ‘n vierde belydenisskrif nie, is dit myns insiens ‘n argument wat nie water dra nie en eintlik maar net ‘n skadu is van steeds diepgewortelde apartheid.

One response to “Belhar, o Belhar!

  1. Pingback: die belhar belydenis « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s