Jesus? God én/óf mens?

Ek lees in ‘n artikel op Gereformeerd Afrikaans van Cas Vos, Teologie-dosent aan Tukkies, se vreemde opmerking dat die konsilie van Nicea (325) onomwonde gesê het dat Jesus Christus God is, en nié ‘n mens nie. Dis natuurlik gedeeltelik waar, gedeeltelik in die sin dat Nicea Jesus se Godheid wou beklemtoon, maar geensins probeer het om Jesus se mensheid te ontken nie. Die HK verduidelik die noodsaaklikheid van Jesus se mensheid baie mooi, maar die beste verduideliking van Jesus se 2-nature is te vinde by wyle Prof Willie Jonker.

En weereens is dié dwallinge van die dosente nie nuut nie. Reeds in die tweede eeu nC het dié dwallinge opgespring. Dis juis as gevolg hiervan dat Tertullianus die bekende twee nature-leer as term ontwikkel het om te verduidelik hoe Jesus tegelyk God én mens was; 2 nature wat in die één persoon verenig is. Nicea het probeer rigting gee tussen die doketisme en ????. Dis in hierdie sin dat Nicea oor die menslike natuur van Jesus geworstel het, maar ek meen egter nie dat dit bedoel het om te sê dat Jesus slegs God was en nie ‘n mens nie. Trouens, in al die gesprekke en konsillies hierna is hierdie begrippe verder uitgewerk totdat Chalcedon (451) ‘n einde hieraan gebring het. Chalcedon het verklaar dat daar van God gesê kan word dat hy een God is maar Homself in 3 persone openbaar; en van Christus dat daar 2 nature onderskei kan word, in die één persoon.

Later is die noodsaaklikheid van die 2 nature-leer uitgewerk (HK). Kortliks beteken dit dat Jesus tegelyk God én mens “moet wees om ‘n Verlosser te wees”:

  • God omdat net ‘n sondelose hoër wese as onsself voldoening vir on sondes kan betaal by God
  • mens omdat net ‘n mens empatie met ons het en ons versoekings op Hom kan neem. “Net ‘n mens weet van ns sondelas en versoekings.”

Tereg maak Lukaris die opmerking dat die dosente wat Jesus se liggaamlike opstanding ontken vasgevang word in hierdie dwaalleer oor Jesus se 2 nature. Want as jy eers begin om Sy fisiese opstanding te ontken, of ander Bybelse wonderwerke te ontken omdat dit so indruis teen moderne wetenskap en intelligensie, dan kan jy nie anders as om die 2-nature leer weg te gooi nie. As Jesus nie ‘n mens was nie, dan is die opstanding mos nie eintlik ter sprake nie!?!

One response to “Jesus? God én/óf mens?

  1. Pingback: Versoeningsleer – Wat het Jesus hier kom maak? | ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s