Dis gevaarlik om kerk toe te gaan

Vandag se preek-tema was: “Dis gevaarlik om kerk te mis“. Wel, dit was eerder ‘n geval van Dis gevaarlik om kerk toe te gaan!

Dis gevaarlik om kerk toe te gaan as :

  1. die preek nie is wat die teks wou sê nie.  Die teks was die gedeelte oor die ongelowige Thomas wat eers wou glo as hy sy vinger in Jesus se hande kan steek; en toe wel die geleentheid daartoe kry.  Thomas sluit dan af met die belydenis: “My Here en My God”.  Die preek, met ‘n verwysing na Hebr 10:28, daarenteenhet gegaan oor
    • hoe belangrik dit is dát ons kerk toe moet gaan
    • hoe ‘n mens nié kerk toe moet gaan nie
    • en hoe ‘n mens wél kerk toe moet gaan

    Ongelukkig het die preek vir my, niks anders gedoen as om my te probeer “dwing” deur skuldgevoelens en geestelike manipulasie om kerk toe te kom nie. 

  2. die preek bedoel is om ‘n mens skuldig te laat voel. Ons word immers uit genade gered en is derhalwe vrygemaak van mensgemaakte “moets en moenies” oor geloof. Op een punt is gesê dat ons eintlik reeds saterdagmiddag, soos die sabbat van Israel, moet begin om ons gereed te maak vir die erediens sondag. Ek het begrip vir die gedagte, maar dis ‘n verkeerde klem.  Keer ons dan nou terug na die gedagte dat ‘n Sondag anders as alle ander weeksdae is en God net dáár ontmoet kan word? Dis waar Jesus se vervulling van die wet (anders gestel, wettisisme), ‘n verskil kom maak het.Die ander bekende manipulasie-uitspraak om mense te verhoed om kerk te skip is om te sê dat die Here met jou ‘n afspraak het. Ek koop nie meer dié gedagte nie omdat ek in ‘n persoonlike verhouding met Jesus is (en dus God as Vader het). Ek en Hy is dus gereeld met mekaar in gesprek en hoef dus nie ‘n afsrpaak met mekaar te hê nie. Ek mag dalk ‘n afspraak met mede-geloofsgenote hê, maar dis iets anders! Kerk is bedoel om ‘n bevrydende geleentheid te wees, nie ‘n verswarende, bedrukkendeeen waar ek deur skuldgevoelens of “bible bashing” gedwing moet word om daar te wees nie (Narramore, 1974).’n Volgende opmerking was dat ons nie kerk mag skip om wildtuin toe te mag gaan nie. Met so ‘n erediens soos vanoggend, sou die wildtuin ‘n beter “erediens” gewees het as die kerk self. Natuurlik kan ons ‘n ontmoeting met God hê in die natuur. Daar is immers verskillende spiritualiteite (sien Rick Warren hieroor – ek sal later hieroor blog).
  3. jy onvervuld en omgekrap daaruit stap omdat jy geestelike gemanipuleer is, oftewel Bible bashing ervaar het.

Ek sal nie ophou kerk toe gaan nie. Dis net jammer dat soveel gelowiges nie die vryspraak in Christus in vreugde kan beleef, wat deur die genade bewerkstellig is, omdat te veel preke eerder daarop uit is om ons te laat skuldig voel, te belas, as om ons vry te maak en vry te spreek.

Sola Gratia, Sola Scpritura !

***

Verwysings:

  • Narramore S.B. (1974). Guilt: Christian motivation or neurotic masochism? Journal of Psychology and Theology, 2, 182-189

3 responses to “Dis gevaarlik om kerk toe te gaan

  1. Jesus woon nie meer in tempels met mense hande gebou nie.JY is daardie tempel en daarom profeet ,priester en koning jouself.Leef elke dag asof dit die Sabbat is want vir die kinders van die HERE bly daar net n Sabbatsrus oor.Dan hoef jy nie kerk toe te gaan en jouself weer onder mense wette te plaas nie. Die woord se die Gees woon binne ons.SAL daardie Gees jou dan nie lei nie?EK word eerder die GEES gelei as deur mense!

    Like

  2. Pingback: kerk of nie? « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s