Meer genade ! Genade # 3

In 3 blogs is oor die genade geskryf. Wat kan ons nou doen om die genade meer te laat word in ander se lewe, in plaas daarvan om “grace killers” te wees (Charles Swindoll – Grace Awakening).

Rom 14 gee vir ons ‘n paar aanduidings…

  1. Rom 14:1-4 : Aanvaar ander mense.
    • Dit beteken in ‘n sekere sin om ander hulle gang te laat gaan
    • Gee ander die vryheid om anders te doen as wat ons doen; anders te dink ens. Moenie diegene verag wat groente eet nie; en vice versa; m.a.w. ander dinge doen as wat ons meen nie.
    • Jy is spesiaal; laat ander toe om net so spesiaal te wees.
  2. Rom 14:5-8 : Gun die Here om ander se lewens te rig
    • Dit kan alleen gebeur as ons nie aan ander voor skryf hoe om te leef / wat om te doen nie
    • Moenie namens iemand besluit nie – laat hulle dit self doen
  3. Rom 14:9-12 : Ons is nie bevoeg om ander te oordeel nie
    • Ons ken nie al die feite nie
    • Ons ken nie al die motiewe nie
    • Ons kan nie heeltemal objektief wees nie
    • Ons ken nie die groter prentjie nie
    • Ons is self onvolmaak
  4. Rom 14:13-18 : Om ander lief te hê
    • Ons doelwit is om die Here te behaag. Dis niks anders as om ander lief te hê – onvoorwaardelik!
    • Ek aanvaar jou dus omdat jy uniek is, nie omdat jy is soos ek is; of doen wat ek sê nie.
  5. Konsentreer op dinge wat vrede aanmoedig
  6. Die afbreek van ander doen aan God se werk skade
  7. Beoefen jou vryheid saam met dié wat dit saam met jou kan geniet
  8. Weier om “God” te speel in ander se lewe.

***

2 responses to “Meer genade ! Genade # 3

  1. Pingback: God se wil? « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s