Skeefgetrekte godsdiens

Preeknotas uit ons kerk met my aanvullende gedagtes. Hoe lyk godsdiens wat skeef loop?

Ek moet ook net billik wees…. daar is baie preke wat vertroostend is; wat God se Woord suiwer en profeties, kragtig verkondig; wat bemoedigend en opbouend is; wat God se eer verkondig…. en van hulle wil ek ook nog post (sodra ek die teks of audio daarvan kon kry).  Maar ongelukkig gebeur die onderste ook.  Hierdie is meestal vir my eie verwysing:

  1. Manipulerende preke / oproepe om betrokkenheid
  2. Veroordelend
  3. As dit nie mense vrymaak nie
  4. As daar nie meer by die Woord gebly word nie
  5. Op die oog af sal baie gemeentes waarskynlik dink dat hulle darem nog nie “skeefgeloop” het nie, maar by diepere ondersoek moet ons dalk ernstig hand in eie boesem steek. Te veel kere kom hierdie “tekens”, soms almal voor in gemeentes en/of prediking. Manipulerend
    Dit kom dikwels baie subtiel voor, maar wanneer gelowiges voel dat hulle emosioneel verplig word om betrokke te wees, dan was daar manipulering. Talle gelowiges het al getuig van manipulering; hetsy d.m.v. kerkbywoning, betrokkenheid of geloofsekerheid is. ‘n Ander term wat ek al gehoor het by gelowiges wat hieroor kla is, “bible bashing”. Wanneer mense die Bybel gebruik (misbruik) om jou moreel by te kom of jou skuldgevoelens te verhoog (sien Narramore, 1974b). Manipulering klink so: As jy nie sondae oggende in die kerk sit nie, kan jy nie ‘n christen wees nie. Kerkbywoning is nie onbelangrik nie, maar dit mag nooit ‘n meetstok vir Christenskap wees nie. Ons het ‘n verhouding met Christus en dáárom gaan ons kerk toe. Ons gaan nie kerk toe om ‘n verhouding met Christus te hê nie. Anders gestel: ek het ‘n verhouding met my vrou en daarom het ons kinders. Ek probeer nie kinders kry om ‘n verhouding met my vrou te bewerkstellig nie (hoewel sommige mense wel dink dit moet so om gebeur :->).Kom ons weerhou ons van manipulerende uitsprake in die kerk!

    Veroordelend
    Ook hiervan getuig talle gelowiges. Dit klink gewoonlik só: Jy kan nie ‘n christen wees as jy nie dié of daai doen nie. Dit is gewoonlik die ekstreme voorbeeld wat so reguit voorkom. Dit gebeur eintlik baie meer subtiel, dikwels nie eers in woorde omgesit nie, maar die veroordelende houding is duidelik sigbaar – ignorering, skeef aankyk, uitskuif, onwelkom gevoel ens.

    Kom ons laat die oordeel aan God. Ons is eenvoudig nie bekwaam genoeg om dit te doen of om alles van almal te weet nie.

    Maak mense nie vry nie
    Verlossing uit genade is immers bedoel om ‘n mense vry te maak, vry van die slawerny van die duiwel. Voorheen het ons net gedoen wat ons natuurlike drange ons gelei het om te doen (ons was beheer deur ons sondige natuur). Maar nóú word ons beheer deur die Gees. Oftewel, ons het nou ‘n keuse om nie meer ons sondige natuur na te volg nie. Ons kan nou kies om “actually” gehoorsaam te wees. Dis wat ons genade noem. (Rom 8:4-13; Gal 5:16-24 ens).

    Die ander realiteit van genade is dat ons niks kan bydra tot ons verlossing nie. Dit was 100% God se werk in en deur Jesus Christus. As ons ‘n bydrae sou kon lewer, was Jesus se lyding immers verniet (Eff 2:8-10).

    Genade het ons dus vry gemaak van die slawerny van sonde, en van die slawerny van mensgemaakte reëls en voorwaardes vir christen-wees.

    Te veel gelowiges is nog glad nie vry nie en spook hul hele lewe om God se guns te wen deur allerhande bykomstighede en aktiwiteite. Aktiwiteite is wonderlik as dit uit dankbaarheid gedoen word, maar as dit gedoen word om jou verlossing “aan te vul”, is dit niks anders as wettisisme nie, en dus verslawend.

    Julle is vrygekoop! Gaan leef as vrygemaaktes!

    Nie meer Woord gebonde nie
    Kyk maar net rondom jou en jy sal verbaas wees hoeveel gelowiges nie meer gebonde aan die Woord leef nie. Daar is ‘n totale verwarring onder ons oor etiese sake; sake soos aborsie, prostitusie, geld verduistering, homoseksualisme ens. Die kerk praat nie eens meer uit een mond wanneer dit oor dié sake gaan nie. Voeg daarby talle gelowiges wat gewoon nie meer die Bybel opneem en “soos ‘n kind” glo nie, wat Bybeltekste heeltemal wegredeneer omdat dit nie meer inpas by ons ge-emansipeerde wysheid nie, en ons het ‘n resep vir verwarring.

    Daarmee bepleit ek nie die letterlike verklaring van die Bybel nie (sien blog oor Skrif interpretasie). Dis gewoon onhoudbaar omdat daar verskeie faktore is wat verwydering skep tussen die Bybelteks en omgewing en vandag en omgewing. Die Bybel – nie letterlik nie, maar weliswaar gesagvol. Verantwoordelike Bybellees relativeer nie die Bybel nie, maar behou die gesag van die Bybel as die betgroubare en gesagvolle Woord van God. As ons nie vanuit hierdie basis begin praat nie, is daar eintlik geen gesprek meer oor nie omdat ons dan in verskillende ”wêrelde” leef.

    Hierop sal ons moet terugkeer as ons nie ons godsdiens skeef wil trek nie. En skeef het dit al beslis geword.

    Moenie mense manipuleer om jou interpretasie van geloof na te volg nie. Stel mense vry en vertrou die Here se “besig wees” met elkeen op Sy tyd en manier.
    Moenie mense veroordeel nie. Ons het eenvoudig nei al die inligting oor elke saak nie, en ons is nie God nie.
    Moenie mense verder ons ‘n slawejuk van skuldgevoelens indryf nie. Kom ons maak mense eerder vry om uit genade te leef
    Bly by die Woord, geïnspireerde Woord van God wat ons help om ‘n bekwame lewe te leef (2 Tim 4:17).

    ***

One response to “Skeefgetrekte godsdiens

  1. Pingback: kerk of nie? « ekke dink

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s