Less is more

Inleiding

Ons leef in ‘n tyd waar “goeters” vreeslik belangrik geword het.  Meeste van ons spandeer al ons energie / tyd / gedagtes aan die rotresies om ons materiële lewe in stand te hou.  Ons kan nie wag vir die “upgrade” van ons selfone om die nuutste / beste / grootste te hê nie.  Ons is meesters om onsself (en ander) te oortuig waarom ons moes “upgrade” na die nuutste / groter model kar. 

Ongelukkig dra die moderne bemarkingsmetodes daartoe by dat ons val vir hierdie “leuen” van die duiwel – dat ons lewe lekker en beter sal wees as ons meer het.  Die advertensies skep dikwels ‘n behoefte wat onsself nie eers geweet het ons het nie.  Die “tele-marketing” smeer produkte aan ons af wat ons nie nodig het nie; of val jou letterlik aan dat jy nou só “stupid” kan wees om nee te sê vir die produk wat hulle pas aan jou wou verkoop.

Al gewonder hoekom kettingwinkels gereeld hulle rak-plasings verander – iets wat my grensloos kan irriteer as ek doelgerig na ‘n rak stap om “charcoal en Blitz” te gaan koop, en die rak se plasing het van gang 2 na gang 8 verander.  Hulle doen dit sodat jy net dalk iets sien op die ou plek wat jy dan ook koop.

Daar’s ‘n advertensie wat spot met die “less is more” beginsel en eindig met die woorde: “maybe more ís more“.

Interresante paar opmerkinge op ‘n internet-blad (37signals) :

==> “Less is More” implies that more is better. It’s not. Less is less. Less is just right. Less is better.
==>; I’d rather be able to get by on less money and have less money. … So, yeah, less is less is true with money also.
==> The point being you should maximize profit by minimizing waste so you put yourself in the position of wisely using the fruit of your labor instead of scrounging for fruit.
==> I agree that being able to live on less is a good thing, but that doesn’t mean you should make less. Make more then use it to help people.
==> How about, “less is more less than more.”
==> If you have too much money, you can choose give it away. If you have too little, you have no choice but to starve. So forget less and more. Think Occam’s Razor. Think enough.
==> “Less is more” is …(rubbish), because it implies that we’re still actually going after “more.” My own solution to it was a completely different state, which I believe, communicates the point more effectively: More from less
==> Do more with less – Howzat?

Wat sê die Bybel?

In ‘n poging om antwoorde te soek, het ek die volgende klompie verse (nie naastenby alles oor die onderwerp nie) opgespoor:

Mat 6:19-21, 24 
Moenie vir julle skatte op aarde bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. … Niemand kan vir twee base tegelyk werk nie. Hy sal óf die een minder ag en die ander een hoër, óf vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God én Mammon dien nie. (Die Bybel  : Nuwe Vertaling. 1998, c1983 (Mat 6:19). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.)

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s